Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • 20 Apr 2014
    Amateur sterreklubs speel 'n belangrike rol in die wêreld van sterrekunde. Hennie Maas kuier by die Orion Observasiegroep wat sy ontstaan te danke het aan hierdie RSG-program.
    29 min
  • 6 Apr 2014
    'n Komeet met die naam Siding Spring, sal in Oktober baie naby aan Mars verbyskuur. Die span vertgel watter maatreëls ingespan word deur Nasa om te sorg dat die komeet se stofdeeltjies nie skade aan satelliete aanrig wat om Mars wentel nie. Daar is ook inligting oor hoe satelliete wat om Mars wentel, 'n ander wentelsnelheid het as die wat om die aarde wentel.
    30 min
  • 30 Mar 2014
    Werk aan die Meerkat SKA vorder fluks. Hennie Maas gesels met die programbestuurder van Meerkat oor waar die projek nou staan. Hy vertel onder andere van werk wat gedoen is om radiostilte in die omgewing te bewerkstellig in samewerking met plaaslike selfoonmaatskappye. Kobus Olckers, ons sonweervoorspeller, vertel van 'n sonfakkel wat aan die anderkant van die son uitgebars het. As die aarde in sy pad was, sou daar grootskaalse probleme gewees het met veral kommunikasiestelsels soos die internet.
    30 min
  • 23 Mar 2014
    'n Belangrike bevinding is onlangs gedoen, gegrond op die mikrogolfagtergrondstraling in die ruimte. Dit het die voorkoms van die oerknal help bevestig. Daar is ook 'n vraag oor noord en suid in die ruimte en in ons sonnestelsel.
    29 min
  • 9 Mar 2014
    Nasa het onlangs bekend gemaak dat 'n horde nuwe eksoplanete deur die Keplerteleskoop waargeneem is. Hennie Maas praat eksklusief met dr. Japie van Zyl van Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, oor die betekenis van die ontdekking. JPL is een van die onderafdelings van Nasa. Ruimtewetenskaplikes het ook 'n interessante manier gevind om die planete op te spoor.
    26 min
  • 23 Feb 2014
    Dis nou sowat 'n jaar gelede dat 'n klein asteroïde oor Rusland ontplof het. Dit plaas die fokus weer eens op die moontlikheid dat gesteentes uit die buitenste ruim die aarde se atmosfeer kan binnedring en skade op die grond kan aanrig. Die span kyk na die moontlikheid om so 'n naderende bedreiging betyds te vernietig. Daar is ook inligting oor astrofotografie.
    30 min
  • 16 Feb 2014
    Is daar 'n verband tussen die afstand van 'n ster en sy ouderdom? Daar is ook inligting oor 'n nuwe son wat ontdek is en wat die oudste is wat tot dusver waargeneem is. Die span praat ook oor 'n nuwe krater wat op Mars ontdek is.
    29 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.