Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou ... more
FAQs about Strandloper – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.
October 25, 2024[Slot-episode] Strandloper – Episode 120Bloubaai hou bruilof, en almal is daar om Bobbi se groot dag te vier. Visstok verras die gaste met sy skielike aankondiging … en dan gebeur die ondenkbare. Die mooiste dag word ʼn verskriklike dag, en die Strandloper het die laaste woord....more14minPlay
October 24, 2024Strandloper – Episode 119Mauritz kry ernstige waarskuwingstekens ná sy jongste duiksessie met die Spaanse besoekers. Oom Fred gaan vir eers sy tasse moet uitpak, en Tannie Ouvrou is byderhand met haar wyshede. Mauritz bring skokkende nuus oor Nicolien....more11minPlay
October 23, 2024Strandloper – Episode 118Tannie Ouvrou is bekommerd oor Mauritz wat steeds nie uitkom ná ʼn duiksessie nie en sake raak ernstig. Intussen word Saterdag se troukoek klaargemaak met al die stories wat met so ʼn spesiale koek gepaard gaan. Die feesvoorlegging kry momentum....more12minPlay
October 22, 2024Strandloper – Episode 117Willie gee vir Oom Fred ontstellende nuus. Die ergste is, dis weer Oom Fred se aartsvyand wat daarvoor verantwoordelik is. Hoe is dit dat hy almal altyd uitoorlê? Daar is ʼn verdrinking wat die dorp skok, en Willie sê vir Dylan wat sy diepste vrees is....more11minPlay
October 21, 2024Strandloper – Episode 116Bobbi se aanpassessie van haar trourok word ʼn heerlike “trip down memory lane” by Tant Betta se huis, wat skielik deur ʼn vreeslike gil onderbreek word. Dylan dreig om Saterdag se troue te ontwrig met sy eie agenda, maar Bobbi gaan niks van sy nonsens duld nie....more11minPlay
October 18, 2024Strandloper – Episode 115Oom Fred en sy manne moet dringend nuwe waterdigte planne maak om hulle mampoerprojek geheim te hou. Tant Betta toets hulle deeglik met haar nuuskierigheid. Oom Fred se verlede is besig om hom in te haal, wanneer hy dit die minste verwag....more12minPlay
October 17, 2024Strandloper – Episode 114Die losieshuis se ou houtstoepbank speel ʼn groot rol in Engela se lewe: Dit bring haar uit by ʼn nuwe vriend en mentor wanneer hartseer haar wil oorweldig. Boonop kry sy by hom blink, nuwe planne vir die dorp se feesvoorlegging....more13minPlay
October 16, 2024Strandloper – Episode 113Die aanpassessie van die trouklere by Tant Betta se huis is alles behalwe kalm en rustig; Dylan sorg vir groot moleste. Tannie Ouvrou hou nie terug wanneer sy die kans kry om haar sê te sê oor dwarstrekkers en boikotters van die dorp se feesvoorlegging nie....more10minPlay
October 15, 2024Strandloper – Episode 112ʼn Vreemde besoeker maak sy opwagting op Bloubaai se strand. Mauritz en Willie sukkel om die nuuskierige skare op ʼn veilige afstand te hou. Mauritz kry nuus van Nicolien oor haar soektog na haar biologiese ouers wat Engela diep ontstel....more11minPlay
October 14, 2024Strandloper – Episode 111Bobbi skok en verras Tannie Ouvrou met onverwagse goeie nuus. Oom Fred se verlore geheime mampoerdokumente duik skielik op. Tant Betta se bostelefoon is vir ʼn verandering nie die eerste wat weet van die groot nuus van Bloubaai nie....more11minPlay
FAQs about Strandloper – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.