Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou ... more
FAQs about Strandloper – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.
August 30, 2024Strandloper – Episode 80Dis ʼn blye maar gespanne ontmoeting tussen Engela en Willie nadat sy Pretoria toe was. Willie verras Engela met ʼn uitnodiging na een van Bloubaai se tradisionele feestelikhede. Tannie Ouvrou blyk ʼn baie skerper waarnemer te wees as wat mense dink....more10minPlay
August 29, 2024Strandloper – Episode 79Dylan en Boesman gaan vir hulle heldedade vereer word. Oom Fred probeer om vir Dylan voor te berei vir die toespraak wat hy moet lewer … maar Dylan verstaan verkeerd. Daar kom nuus van iemand wat Oom Fred en Dylan albei verras....more11minPlay
August 28, 2024Strandloper – Episode 78Met Engela se terugkeer uit Pretoria kry sy ʼn kil ontvangs van Nicolien. Daar is baie dinge wat tussen hulle twee uitgeklaar moet word. Tannie Ouvrou raai Nicolien aan om dringend ʼn afspraak by die dokter te maak, en Nicolien se dag eindig op ʼn verrassende noot....more11minPlay
August 27, 2024Strandloper – Episode 77ʼn Misverstand sorg vir ʼn vreeslike omwenteling toe Willie vir Dylan besoek. Oom Fred se nuus boul Dylan uit. Willie en Oom Fred sit opgeskeep met ʼn probleem wat hulle maar net nie kan oplos nie....more10minPlay
August 26, 2024Strandloper – Episode 76Tant Betta kry raad by Tannie Ouvrou oor die ontstellende Facebook-plasing van Jack de Wet. Hoekom wil Tannie Ouvrou met alle mag Jack se vergete trommeltjie oopmaak? Wat kry sy in die proses?...more11minPlay
August 23, 2024Strandloper – Episode 75Mauritz kry ʼn verrassingsbesoek tydens die noodsituasie in die dorp, ná die storm. Ná Nicolien hoor van die noodoproep wat Seeredding gekry het, weier sy om te gaan duik of te snorkel. Sy en Mauritz het ʼn nuwe afspraak....more11minPlay
August 22, 2024Strandloper – Episode 74Visstok en Oom Fred spring in om die dorp uit ʼn krisis te help, en in die proses tel hulle self teëspoed op. Engela hoor van Boesman se heldedaad, en Tant Betta is erg ontsteld oor nuus op Facebook van niemand anders nie as Jack de Wet....more11minPlay
August 21, 2024Strandloper – Episode 73Nicolien hoor van Dylan se verskriklike ervaring met die boeresportdag, iets wat nog gevolge vir hom op Bloubaai gaan hê. Die nuus wat Tant Betta bring, raak al die dorpenaars se lewens vir die volgende paar weke....more12minPlay
August 20, 2024Strandloper – Episode 72Die boeresportdag breek eindelik aan met ʼn streep verrassings, onder andere vir Nicolien en Mauritz. Dylan moet skielik vir Mauritz instaan. Ná al die reëlings kon niemand voorsien die dag sou op so ʼn noot eindig nie. Dis naelbyttyd op Bloubaai....more11minPlay
August 19, 2024Strandloper – Episode 71Willie kry onverwags stempos van Engela uit Pretoria. Dylan se nuwe assistent, Ricu, sorg dat die dorp gons. Die boeresportdag waarna almal uitsien word skielik bedreig en dis hierdie keer nie Jack de Wet nie....more13minPlay
FAQs about Strandloper – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.