Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou ... more
FAQs about Strandloper – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.
September 27, 2024Strandloper – Episode 100Nicolien verras Mauritz laataand by die losieshuis. Sy’t nuus oor haar soektog na haar biologiese ouers… wat op ʼn vreemde aansluit by Mauritz se passie vir wrakke en die Amerikaner Tim Taylor se soektog na verlore duikbote op die seebodem....more11minPlay
September 26, 2024Strandloper – Episode 99Visstok help Engela om die gordyne van haar nuwe huis te meet, en die sessie neem ʼn hele nuwe wending aan wat haar voete letterlik onder haar uitslaan. Tant Betta se nuuskierigheid oor die twee kry die oorhand, en haar vermoedens word bevestig....more12minPlay
September 25, 2024Strandloper – Episode 98Engela is verras om Willie op die strand te kry, wat waghou by ʼn gevaarlike seeslang. Dylan is op ʼn missie om sy verlore medalje terug te kry. Hy spog agterna met sy slim plan, maar dit kom terug om hom aan die hakskeen te byt, soos die dodelike seeslang....more11minPlay
September 24, 2024Strandloper – Episode 97Tannie Ouvrou kry ʼn verrassing op die kombuistafel, ná Oom Fred en die manne se “vergadering” die vorige dag. Mauritz gee Oom Fred ʼn splinternuwe mampoerplan, tot Tannie Ouvrou se ontsteltenis … en hy kry nuus uit Johannesburg van Nicolien....more11minPlay
September 23, 2024Strandloper – Episode 96Oom Fred roep vir Willie en Visstok bymekaar vir ʼn vergadering op ʼn ongewone plek: onder die melkhoutboom op Tant Betta se erf. Die middelpunt van die vergadering is ʼn ou mampoerstookketel. Hulle groot planne word onverwags onderbreek....more11minPlay
September 20, 2024Strandloper – Episode 95Tannie Ouvrou maak ʼn nuuskierige draai by Dylans en kry ʼn paar verrassings. Sy en Dylan maak ʼn skokkende ontdekking. Engela lewer ʼn pakkie vir Dylan af – dit is van ʼn onbekende afsender, wat suspisie by Tannie Ouvrou wek....more10minPlay
September 19, 2024Strandloper – Episode 94Visstok sorg vir meer as een verrassing in Engela se soektog na ʼn nuwe huis. Word hy meer as ʼn steunpilaar vir haar? Willie daag ook op om Engela te help, en die ou vonk tussen hulle wil maar net nie uitgedoof word nie....more12minPlay
September 18, 2024Strandloper – Episode 93Willie en Oom Fred is bekommerd oor hulle koffiekiosk wat toe is as gevolg van Dylan en sy probleme. Hulle besluit op ʼn hele nuwe strategie om die saak op te los. Intussen probeer Mauritz help – met chaotiese gevolge. En dan verras Dylan hulle almal, weer ʼn keer!...more10minPlay
September 17, 2024Strandloper – Episode 92Nicolien besoek Dok met haar buikprobleme en kry ontstellende nuus en ʼn opdrag: Sy moet haar biologiese ouers probeer opspoor vir hulle mediese geskiedenis. Toe sy Mauritz gaan groet, maak hy ʼn bekentenis wat haar in trane het....more11minPlay
September 16, 2024Strandloper – Episode 91Nicolien en Engela hou nabetragting van die mieliebôl, en daar kom ʼn paar interessante dinge oor Visstok uit. Engela is verras oor die gebeure rondom Willie en sy vrou, Anet. Visstok kom tot Engela se redding in haar soektog na ʼn nuwe woonplek....more10minPlay
FAQs about Strandloper – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.