Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou ... more
FAQs about Strandloper – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.
October 11, 2024Strandloper – Episode 110Oom Fred, Visstok, Willie en Mauritz vergader in die geheim by die losieshuis met planne vir ʼn topmampoerstokery op Bloubaai. Hulle het ʼn unieke noodplan vir ingeval hulle dalk hieroor gekonfronteer sou word. Dit word gou-gou tot die uiterste toe beproef....more12minPlay
October 10, 2024Strandloper – Episode 109Met Nicolien terug in Johannesburg neem Engela die leisels oor van die dorp se voorlegging vir die Afrikaans 100-fees. Bobbi ontdek ʼn reusefout in hul beplanning. Dit word nou tyd vir krisisbestuur. Is daar genoeg tyd om dinge reg te stel? En hoe gaan hulle dit doen?...more11minPlay
October 09, 2024Strandloper – Episode 108Mauritz vertel Willie van mediaberigte oor ʼn gierige Britse maatskappy wat sy hande verbrand het met die skatte van ʼn wrak, en hy kry self ʼn waarskuwing. Dylan stel Willie bekend aan pêrekulle, maar Willie het ander dringende vrae vir Dylan....more11minPlay
October 08, 2024Strandloper – Episode 107Bobbi val weer in by die losieshuis en hoor van alles wat die afgelope paar maande op Bloubaai gebeur het. Oom Fred het opgepak en is gereed om te verhuis, maar hy kry onverwags teëspoed uit ʼn nuwe oord. Danksy Bobbi se nuuskierigheid hoor ons iets van sy duister verlede....more11minPlay
October 07, 2024Strandloper – Episode 106Engela trek sak en pak na haar huurhuis oorkant die losieshuis. Willie en Visstok help haar – hulle sweet en die bloed loop letterlik. Dan kom meng Tant Betta in. Die poets wat die twee mans vir haar beplan, ontplof in hulle gesig. Wie laaste lag, nè!...more11minPlay
October 04, 2024Strandloper – Episode 105Die dorp is in rep en roer oor die Afrikaans Amptelik 100-fees. Hulle wenplanne neem vorm aan. Dylan is in topvorm, want daar is ʼn TV-kontrak op die spel. Willie het ʼn skitterende voorstel. Nicolien kry nuus oor haar soektog na haar biologiese ouers....more11minPlay
October 03, 2024Strandloper – Episode 104Om Fred is aan die oppak, maar dit is nie net sý klere en aardse goed wat gepak moet word nie. Willie bring skokkende tyding wat Oom Fred en Tannie Ouvrou ontstel. Wanneer Oom Fred se selfoon lui, is dit die einde van ʼn era vir hom....more11minPlay
October 02, 2024Strandloper – Episode 103Nicolien kry vroegoggend ʼn verrassingsbesoek by die losieshuis van Dylan wat groot nuus het. Oom Fred en Tannie Ouvrou is ook oorstelp van vreugde oor die nuus. Wie gaan hierby baat, wonder almal … behalwe Dylan....more11minPlay
October 01, 2024Strandloper – Episode 102Tannie Ouvrou word onkant gevang met Oom Fred se skielike trekplanne. Hoe sal die lewe vorentoe wees sonder hom by die losieshuis? Mauritz se werk by Seeredding sorg dat Tannie Ouvrou opnuut bekommerd is oor sy veiligheid in die diep waters … met rede....more10minPlay
September 30, 2024Strandloper – Episode 101Nicolien kan nie glo wat alles op Bloubaai gebeur het terwyl sy weg was nie. Die grootste nuus is die landwye kompetisie vir die Afrikaans 100-fees, wat ʼn televisiekontrak insluit waaraan die dorp wil deelneem. Dylan is vol wenplanne, wat moeilik geklop gaan word....more11minPlay
FAQs about Strandloper – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.