Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou ... more
FAQs about Strandloper – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.
August 02, 2024Strandloper – Episode 60Hoe is dit moontlik dat Jack de Wet weer die beste daarvan afkom met sy ooreenkoms oor die losieshuis se personeel? Tannie Ouvrou en Oom Fred se hewige bekgeveg word onverwags onderbreek, en ʼn bottel gemmerbier word die fokuspunt waarmee goeie nuus gevier word....more11minPlay
August 01, 2024Strandloper – Episode 59Mauritz stel Nicolien voor aan een van sy nuwe kliënte wat Nicolien laat skater van die lag. Haar gemoedstoestand verander wanneer sy aan Bobbi se nuus dink. Oom Fred probeer om haar te kalmeer met sy ware storie oor die skipbreukelinge van Bloubaai....more12minPlay
July 31, 2024Strandloper – Episode 58Dylan bring vroegoggend skokkende nuus vir Tannie Ouvrou. Hoekom weier hy dat sy die hulp van die polisie inroep? Tannie Ouvrou maak ʼn emosionele bekentenis teenoor Engela. Dylan se kontrak met die Swede en sy toekomsdrome staan gevaar om tot niet te gaan....more12minPlay
July 30, 2024Strandloper – Episode 57Dylan is erg op sy senuwees oor ʼn onderhoud met die Sweedse span argeoloë by die toeristekantoor en Engela kry in die proses ʼn onverwagse nuwe posisie. Willie kry ʼn ligte waarskuwing oor goeie bedoelings. Dylan se toekomsplanne lyk skielik rooskleurig....more11minPlay
July 29, 2024Strandloper – Episode 56Tannie Ouvrou druk Oom Fred in ʼn hoek oor die ontstellende nuus wat sy gekry het oor haar personeel. Hy het immers alles gereël, en nou? Nicolien kry waardevolle raad oor Mauritz en inligting oor sy oorlede pa van Tannie Ouvrou, en Nicoline deel ʼn groot bekommernis met haar....more10minPlay
July 26, 2024Strandloper – Episode 55Engela kom bedank Willie by sy kantoor vir Aliyah se spesiale tuiskomsgeskenk en gee hom nuus oor Johann, haar nuwe werksvennoot, wat Willie deurmekaarder en verwarder as ooit te vore maak. Mauritz het vir Willie ʼn geskenk in ʼn streepsak wat hom sprakeloos laat....more10minPlay
July 25, 2024Strandloper – Episode 54Tannie Ouvrou en Dylan deel bangmaakstories en bygelowe met mekaar oor babas en Bobbi se swangerskap. Dylan is diep bekommerd oor Bobbi se optrede in die laaste tyd. Engela maak haar hart oop teenoor Willie. Tannie Ouvrou kry skoknuus oor Jack de Wet se restaurant, Die Seekat....more12minPlay
July 24, 2024Strandloper – Episode 53Nicolien is nie die enigste een wat op soek is na Willie nie. Sy en hy beplan ʼn groot verrassing vir Aliyah, terwyl Mauritz dringend ʼn reëling met hom moet tref. Nicolien word uit ʼn verknorsing gehelp deur Mauritz. Dylan verklap onwetend ʼn geheim wat skok....more10minPlay
July 23, 2024Strandloper – Episode 52Oom Fred kan ʼn storie só goed vertel dat die lang pad dorp toe eintlik kort voel, boonop is dit ʼn tragiese, ware storie wat Nicolien se hare laat rys. ʼn Grusame vonds wag later die dag vir haar en Oom Fred op die strand waar Willie sy hande vol het....more11minPlay
July 22, 2024Strandloper – Episode 51Die Boersportdag kry skielik die wind van voor. Wat is dit met die helikopter wat steeds oor die dorp vlieg? Waarna word daar gesoek en deur wie? Willie hoor van ʼn groot seer in Oom Fred se lewe, en Tannie Ouvrou het raad....more10minPlay
FAQs about Strandloper – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.