Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou ... more
FAQs about Strandloper – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.
July 19, 2024Strandloper – Episode 50Engela probeer om vir Nicolien iets belangriks te vertel wat swaar op haar hart druk. Dit is moeiliker as wat sy gedink het. Mauritz en Nicolien begin oefen aan hulle item vir die Boeresportdag, en dit bring hom voor ʼn keuse oor hartsake....more12minPlay
July 18, 2024Strandloper – Episode 49Tannie Ouvrou en Oom Fred hou nabetragting van die verjaarsdagviering. Tannie Ouvrou gee hom skoknuus wat sy nie langer kan stilhou nie. Wie ry agterop Nicolien se bromponie wat so styf vashou aan Oom Fred? Engela en haar dogtertjie beland in die hospitaal....more10minPlay
July 17, 2024Strandloper – Episode 48Nicolien verjaar, en dit word omtrent die aand by die losieshuis gevier saam met almal wat persoonlike verrassings bring. Die beste een vir haar is die een van Mauritz af. Boonop het die aand ʼn einde wat haar wildste drome oortref....more12minPlay
July 16, 2024Strandloper – Episode 47Engela is uit haar vel van blydskap om Willie terug te sien, en sy gee hom ontstellende nuus oor die palings van Palinggat Toeristekantoor. Kaptein Van Niekerk en Willie wil Gladys inspan om te help met inligting oor Dylan se bewegings. Engela en Willie whatsapp mekaar laataand, en daar’s ʼn uitnodiging na ʼn groot viering....more11minPlay
July 15, 2024Strandloper – Episode 46Willie is terug op Bloubaai en kry die jongste nuus oor alles wat in sy afwesigheid gebeur het. Van die drama by Seeredding tot Dylan se nuut ontdekte talent. Mauritz se logiese verklaring oor die helikopter wat knaend oor Bloubaai vlieg, laat egter nie die ongemaklike gevoel wat Willie hieroor het, weggaan nie....more10minPlay
July 12, 2024Strandloper – Episode 45Bobbi deel haar diepste geheim met Tannie Ouvrou, en saam besluit hulle op ʼn plan vorentoe. Die situasie neem Tannie Ouvrou terug na ʼn tyd in haar lewe wat sy liewer wil vergeet. Oom Fred neem ʼn besluit oor sy terugkeer na die losieshuis, en dinge voel weer soos van ouds....more11minPlay
July 11, 2024Strandloper – Episode 44Tannie Ouvrou is geskok toe sy die agterdeur vroegoggend oopmaak en ʼn beseerde Boesman daar sien. Dit word ʼn saak van lewe en dood. Oom Fred kry nuus oor Dylan, en ʼn nuwe soektog na hom begin met ʼn storieboek-einde wat almal laat glimlag....more11minPlay
July 10, 2024Strandloper – Episode 43Engela deel haar spesiale mosselsopresep met Nicolien, maar voor sy opskep kom die ongemaklike Valentynsroos-geskenk ter sprake. Mauritz het nuus oor hoekom die strand gesluit is. Engela bieg by Mauritz oor iets wat sy voel sy liewer nie moes gedoen het nie....more10minPlay
July 09, 2024Strandloper – Episode 42Dylan kry ʼn goeie verrassing toe Oom Fred met verfblikke vir die kiosk opdaag, maar dit is ʼn ontnugtering toe oom Fred vir hom die verfkwaste aangee. Daar is ʼn groot aankondiging oor ʼn Boeresportdag. Dylan sien net dollars. Bobbi bly naar en maak ʼn bekentenis....more11minPlay
July 08, 2024Strandloper – Episode 41Nicolien en Mauritz se duikplanne loop skeef, en dít nadat albei so uitgesien het na die dag. Nicolien soek na redes hiervoor by Engela, maar die gesprek bring net verdere skok en teleurstelling. Die “hoekom”-vraag bly onbeantwoord....more11minPlay
FAQs about Strandloper – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.