Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou ... more
FAQs about Strandloper – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.
June 21, 2024Strandloper – Episode 30Mauritz nooi Nicolien vir aandete, iets wat sy nie in haar wildste drome voorsien het nie. Die vraag verdiep rondom die rooi Valentynsroos wat sy gekry het, want sy is nou seker dit was nie hý wat dit gestuur het nie. Wie was dit dan?...more14minPlay
June 20, 2024Strandloper – Episode 29Dylan is raadop met die Swartrugmeeue wat sy kiosk bemors, maar Willie het raad en ʼn ernstige waarskuwing oor jong manne wat weer daar opgedaag het. Skote klap op die hawe. Tannie Ouvrou probeer laataand vir Dylan troos met stories van die Blombos-grot, maar dit is tevergeefs....more11minPlay
June 19, 2024Strandloper – Episode 28Mauritz word laataand in stormweer uitgeroep deur Seeredding. Oom Fred en Tannie Ouvrou is ongerus en hou tuis wag met ware stories van oorlewing en verdrinking om hulle wakker te hou. Onbekende besoekers hang weer rond by Dylan se koffiekiosk....more10minPlay
June 18, 2024Strandloper – Episode 27Dylan daag op by die Toeristekantoor in gietende reën met stories oor vloede-van-vroeër wat Engela skaars kan glo, maar eintlik wil hy met Gladys gesels. Willie daag ook daar op, en Engela hoor Seeredding is op bystand vir mense op see. In dié weer? Dinge is op ʼn mespunt en op ʼn seer plek vir Engela en Willie....more10minPlay
June 17, 2024Strandloper – Episode 26Mauritz nooi Nicolien om die duikgoed in sy kamer te kom aanpas, en dit word amper meer as ʼn aanpassessie. Oom Fred vertel hulle ʼn paar dinge oor skubaduik in Bloubaai wat vir hulle nuus is....more13minPlay
June 14, 2024Strandloper – Episode 25Dis Markdag op Bloubaai, en Tannie Ouvrou en Mauritz is ook daar. Sy gebruik die kans om Mauritz ʼn belangrike lewensles te gee. Willie dink hy het Tannie Ouvrou in ʼn hoek oor Jack de Wet se omspring met die casinovoorstel, maar sy het hom gou op die agtervoet met slim voetwerk. Dis haar beurt om vir Willie skoknuus te gee....more10minPlay
June 13, 2024Strandloper – Episode 24Dylan kry ʼn groot verrassing by die koffiekiosk wat sy bemarkingsplanne ʼn hupstoot gee. Nicolien en Oom Fred maak op hulle beurt ook nuwe ontdekkings daar, soos memorabilia en ou foto’s wat stories van Bloubaai en Dylan se mense op see vertel....more11minPlay
June 12, 2024Strandloper – Episode 23Engela ruim Die Seekat se stoorkamer op en kry allerhande verrassings, onder andere ʼn ou bliktrommel wat aan Jack de Wet behoort het. Hoekom is Tannie Ouvrou geskok toe sy dit sien, en hoekom neem sy dit dadelik weg? Is daar geraamtes van die verlede daarin soos die een waarvoor Engela haar byna doodgeskrik het by die Toeristekantoor?...more10minPlay
June 11, 2024Strandloper – Episode 22Mauritz ruim sy Surf Shack op ná die brand en deel sy groot planne vorentoe met Willie. By die koffiekiosk het Dylan ook nuwe sakeplanne, met Die Seekat wat gesluit word vir opgradering. Dis nie aldag dat Jack de Wet hom ʼn gaping gee nie, en hy gaan dit vat. Nicolien kom een stap nader aan haar duiklesse by Mauritz....more11minPlay
June 10, 2024Strandloper – Episode 21Oom Fred stel Nicolien by die Toeristekantoor bekend aan die unieke varswaterpalings van Palinggat. Engela en Jack de Wet daag ook daar op, en Oom Fred noem hom “so glad soos ʼn paling”. Engela doen aansoek vir ʼn nuwe werk, en Nicolien trek ʼn geheim van Tannie Ouvrou uit ʼn onwillige Oom Fred....more10minPlay
FAQs about Strandloper – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.