Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou ... more
FAQs about Strandloper – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.
May 24, 2024Strandloper – Episode 10Oom Fred terg Mauritz oor die twee aantreklike Spaanse duikers wat vir ʼn duikkursus by hom aangekom het en boonop ook by die losieshuis tuisgaan. Dylan se koffiekiosk boer agteruit, en die casinogedagte word al hoe aantrekliker vir hom....more10minPlay
May 23, 2024Strandloper – Episode 9Willie besoek Engela by Die Seekat-restaurant om haar handtekening vir die casinopetisie te kry, maar hy kry ʼn antwoord wat sy asem wegslaan en wat hulle verhouding verander. Dit is duidelik dat Bloubaai in twee geskeur word deur Jack de Wet se aksies....more11minPlay
May 22, 2024Strandloper – Episode 8Tannie Ouvrou en Oom Fred het een van hulle vele uitbarstings in die losieshuis. Engela leer hoe om Seewierjellie te maak wat ʼn feestelike Bloubaai-nagereg is. Daar is groot kommer oor Mauritz wat nie met die geleende bakkie opdaag ná sy duikery nie....more10minPlay
May 21, 2024Strandloper – Episode 7Nicolien is verstom oor die ware stories wat Dylan haar van die visvywers op Bloubaai vertel. Sy loop Mauritz by Geel Walle raak waar hy pas klaar geduik het. Maar hulle is nie alleen nie. Daar is vreemde mededuikers, en hulle twee kry ʼn onwelkome verrassing....more10minPlay
May 20, 2024Strandloper – Episode 6Mauritz maak klaar om te gaan duik. Willie waarsku hom om ekstra versigtig ná die skietery te wees. Hulle spekuleer, soos almal, oor die voorval by die hawe. Mauritz onthou van die briefie die vorige aand en Dylan se woorde, “my luck sal draai”, wat Willie twee en twee bymekaar laat sit....more11minPlay
May 17, 2024Strandloper – Episode 5Oom Fred en Nicolien spoor Dylan eindelik op, maar daar is meer vrae as antwoorde oor Dylan se gedrag. Oom Fred stel ʼn ultimatum aan Dylan. Daar is pistoolskote by die hawe … ʼn eerste keer op Bloubaai. Wie skiet na wie, en hoekom?...more10minPlay
May 16, 2024Strandloper – Episode 4Engela en Willie se vriendskap vat vlam oor middagete in haar restaurant, Die Seekat. Engela is bekommerd oor Mauritz se duikery, veral met sy pa wat jare gelede ook geduik het en sy raaiselagtige dood daarna. Dylan raak onverwags soek. Hoekom is almal op hol oor sy verdwyning?...more10minPlay
May 15, 2024Strandloper – Episode 3Nicolien wag Mauritz by die losieshuis in. Sy moet vir hom ʼn geheimsinnige briefie van Tannie Ouvrou gee. Sy wil dolgraag saam met hom gaan duik, maar die ongeluk verander die planne. Tannie Ouvrou bied aan om Oom Fred by die losieshuis te versorg. Dít is ʼn plofbare situasie in wording....more12minPlay
May 14, 2024Strandloper – Episode 2Willie lig Tannie Ouvrou in oor die ongeluk by die hawe waarin Oom Fred, Nicolien en Bobbi-hulle was. Engela wonder oor Dylan. Hy is nie sy ou vrolike self by sy koffie kiosk op die hawe nie; selfs die seevoëls word uitgeskel. Boonop kry hy ʼn oproep wat hy ongemaklik kortknip....more11minPlay
May 13, 2024Strandloper – Episode 1Oom Fred se geduld is op met die wagtery by die losieshuis vir Tannie Ouvrou se personeel wat hy smiddae moet wegry. Hy en sy stamp weer koppe oor ʼn ou geskil. Hoekom ontstel dit haar steeds ná al die jare? Nicolien kry ʼn saamrygeleentheid by Oom Fred, maar dit eindig rampspoedig....more10minPlay
FAQs about Strandloper – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.