Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou ... more
FAQs about Strandloper – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.
July 05, 2024Strandloper – Episode 40Boesman kom onverwags alleen by die losieshuis aan en sonder Oom Fred is dit nie ʼn goeie teken nie. Engela en Nicolien ontdek foto’s in ʼn ou plakboek in die losieshuis waaroor Tannie Ouvrou haar skaam. Mauritz verras almal weer eens met sy dapperheid....more11minPlay
July 04, 2024Strandloper – Episode 39Engela raak opgewonde oor haar nuwe werkplek, maar daar ontstaan gou ʼn krisis, en Mauritz probeer raad gee. Engela is in twee geskeur oor ʼn geheim wat sy met Mauritz deel. Willie kry laataand ʼn WhatsApp van Engela oor nuwe verwikkelinge in Bloubaai....more11minPlay
July 03, 2024Strandloper – Episode 38Oom Fred vertel Dylan van die planne wat hy en Willie het om die kiosk op te kikker. Dylan het inligting oor die helikopter wat bedags oor Bloubaai vlieg. Bobbi kry weer met die spookkaptein van kamer 9 te doen, en oom Fred dik die storie verder aan met feite en foto’s....more11minPlay
July 02, 2024Strandloper – Episode 37Mauritz en Nicolien se fietsrit na Dassiepunt eindig met ʼn besering, maar dit bring ook goeie dinge mee. Deel Nicolien Mauritz se passie vir die see en sy stories, of is dit net om nader aan die Strandloper te kom? Bobbi skok Nicolien toe sy die naam van die man verklap wat die Valentynsroos gegee het....more11minPlay
July 01, 2024Strandloper – Episode 36Oom Fred doen herstelwerk by die losieshuis. Hy en Tannie Ouvrou het baie om uit te pluis oor die personeelskuiwe tussen Die Seekat en die losieshuis – daar moet geen misverstande wees nie, veral nie as Jack betrokke is nie. Bobbi verklap dinge oor Dylan wat oom Fred as “waardevolle inligting” bestempel....more10minPlay
June 28, 2024Strandloper – Episode 35Oom Fred kom met ʼn werksaanbod na Tannie Ouvrou wat ʼn omwenteling onder die personeel sal meebring. Daar’s ʼn arrestasie wat die dorpenaars verwelkom en ʼn helikopter in die lug wat hulle aan die raai het. Hoekom loop Dylan deesdae mank? En hoe sal hy op oom Fred se nuwe aanbod reageer?...more10minPlay
June 27, 2024Strandloper – Episode 34Nicolien en Engela se vriendskap versterk. Hulle gesels oor ma-wees, en Engela hoor van Nicolien se hartseer verlede. Mauritz laat Nicolien en Engela bont staan by Seeredding … En daar is ʼn nuwe kodetaal tussen hom en Nicolien....more11minPlay
June 26, 2024Strandloper – Episode 33Oom Fred verras Tannie Ouvrou en Bobbi by die losieshuis. Hy moet vure doodslaan oor die spook van kamer 9 wat Bobbi terroriseer. Daar’s ʼn aankondiging wat almal en veral Tannie Ouvrou tot stilstand ruk. Bobbi kry ʼn werksaanbod van Oom Fred wat eers deur meneer Jack goedgekeur moet word....more10minPlay
June 25, 2024Strandloper – Episode 32Engela en Nicolien sien hoe Mauritz soos ʼn sirkusarties ʼn heldedaad verrig by die hawe. Mauritz se aansien styg verder by Nicolien toe hy haar bekendstel aan een van die kusbesoekers wat hy teen vakansiegangers moet beskerm. Engela stuur ʼn WhatsApp vir Willie in die hospitaal … dis meer as goeie wense....more11minPlay
June 24, 2024Strandloper – Episode 31Bobbi is besig om die losieshuis vir die Blombos-span skoon te maak toe sy ʼn ontstellende ervaring in kamer 9, die spookkamer, het. Tannie Ouvrou dink Bobbi se naarheid is as gevolg van die groot skrik. Bobbi doen navraag by Dylan oor die skietery by sy koffieplek, en hy kry ʼn skrobbering oor ʼn ou saak....more10minPlay
FAQs about Strandloper – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.