Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.... more
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 734 episodes available.
June 20, 2020Taaldinge 21 Junie 2020Taaldinge wyk af van die gewone formaat. Rika Sennet doen 'n uittreksel-voorlesing uit Elsa Joubert se boek Spertyd. Joubert is die afgelope week oorlede....more19minPlay
June 13, 2020Taaldinge 14 Junie 2020Die hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha, vertel vir Ina Strydom van die WAT se Tienjaarplan: die doelwitte, die vordering en die uitdagings....more17minPlay
June 06, 2020Taaldinge 7 Junie 2020In Taalnavrae word gepraat oor portret, masker, wat is kreosoot, en oor die môrestond wat goud in die mond het....more23minPlay
May 30, 2020Taaldinge 31 Mei 2020Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, het onlangs sy Taalportaal en Taalonderrigportaal bekend gestel. Die projekleier, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel vir Ina Strydom wat die portale behels en hoe dit gebruik kan word....more21minPlay
May 23, 2020Taaldinge 24 Mei 2020Die afgelope week is verskeie ATKV Veertjie-toekennings gemaak. Een daarvan gaan aan Frieda van den Heever en haar program, Voetsoldaat van die Vers, wat oor die digter Clinton V. du Plessis gaan. DIt is verlede jaar as deel van RSG Skatkis uitgesaai. Luister weer na hierdie bekroonde hoorbeeld....more28minPlay
May 17, 2020Taaldinge 17 Mei 2020Die projekbestuurder van Afrikaans.com, Milanie Vosloo, vertel vir Ina Strydom van die projekte waarmee hulle tans besig is. Dit sluit onder meer 'n leerhulp-afdeling, 'n Covid-woordeboek en 'n muurprojek in....more16minPlay
May 09, 2020Taaldinge 10 Mei 2020In Taalnavrae word gepraat oor daaglikse brood, Engelse sout, verewekansig en oor hoe COVID-19 uitgespreek moet word....more21minPlay
May 02, 2020Taaldinge 3 Mei 2020Die pes of 'n virus as tema, kom al vir eeue in geskrifte voor. Ina Strydom praat met dr. Neil van Heerden van Unisa oor die skrywer as profeet, en die mensdom se fasinasie met die pes....more24minPlay
April 18, 2020Taaldinge 19 April 2020Magdaleen Krüger kyk na woordwisseling en wisselvorme soos reën en reent, en oor prestasie in die skryf van regswetenskapsartikels in Afrikaans....more21minPlay
April 11, 2020Taaldinge 12 April 2020In die gees van die Pase praat Jana Luther met Ina Strydom oor Paasfees, die Pasga, paashase en paaseiers....more19minPlay
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 734 episodes available.