Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media.... more
FAQs about Taaltoffie:How many episodes does Taaltoffie have?The podcast currently has 211 episodes available.
December 06, 2021Steeds Vrou - Onkant (Alta Strauss)Elke dag is een groot verrassing! Nie een van ons weet watter asemrowende oomblik om die hoek vir ons wag nie! Maak jou hart ontvanklik daarvoor. Gee elke oomblik alles wat jy het. Om ’n oomblik nietig te ag is niks minder as ʼn sonde nie, daarom begin deur elke oomblik die beste van jouself te gee. Die beste van jouself, is nie nét die goed van jou, die glimlag en sukses nie. Die beste van jou is ook die uitdagings wat jy oorkom het en steeds soms mee sukkel, want dit maak jou sterker en wyser elke dag! Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more1minPlay
December 06, 2021Steeds Vrou - Ouma Onthou (René Roux)Ek het so tien jaar gelde vir my ouma gevra om vir my ʼn brief te skryf oor haar lewe. Ek wou alles weet; ek het nooit my oupa geken nie. Hy is op my moeder se vierde verjaardag oorlede en wat ek kan onthou van Kimberley waar ek gebore is, is baie vaag. Ek onthou egter steeds die rooi stoep, warm dae en liefde. Sy het vir my geskryf, die mooiste brief en ek het dit in ’n gedig saamgevat. Baie van haar eie woorde is in die gedig. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more2minPlay
December 06, 2021Steeds Vrou - Papierskip (René Roux)Ek het hierdie gedig aan my pa geskryf wat ’n paar jaar gelede onverwags in die see oorlede is. As kind het ons digby ʼn vlei in Mpumalanga gewoon, waar my pa altyd papierskepe gevou en laat vaar het. Dit word as stilwordoomblikke onthou en tye wat ek as kind saam met my pa gedeel het, tye wat ek nooit sal vergeet nie. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more2minPlay
December 06, 2021Steeds Vrou - Rusplek (René Roux)Hier verwys ek na die hemel wat die Here vir ons bied, nie net die ewige lewe waarheen ons gaan na ons aardse gesukkel nie, maar ook na die bietjie hemel op aarde wat die Here vir ons bied as ons luister na waar Hy ons wil laat lê. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more1minPlay
December 06, 2021Steeds Vrou - Saam met jou (Alta)Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more1minPlay
December 06, 2021Steeds Vrou - Skakerings van jou (Alta)Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more1minPlay
December 06, 2021Steeds Vrou - Sonneblomkind (René Roux)Die sonneblomkind waarvan ek hier geskryf het, het ek ontmoet met my eerste uitreik in my studentejare op die NWU in Potchefstroom. Sy het my oë oopgemaak vir wat armoede is in my volk en sy was in baie opsigte die rede waarom ek op geëindig het by Solidariteit Helpende Hand. Ek leef my roeping as gevolg van haar. Ek sal haar altyd dankbaar wees. Soms wens ek net daar is meer wat ek vir haar kon doen. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more2minPlay
December 06, 2021Steeds Vrou - Sprokiemooi gedig (Alta Strauss)Elkeen van ons is ’n sprokiesmooi gedig. Die beliggaming van woorde. Woorde noukeurig geartikuleer. Woorde en ervarings uit die verlede, die hede en drome vir die toekoms. Ons moet ervaar word. Begin leef die mooi van wie jy is. Begin beleef die beeldskoonheid van elke persoon waarmee jy vandag paaie kruis. Ons is eintlik baie meer dieselde as wat ons werklik verskillend is. Ons is almal wonderbaarlik geskep en verdien om liefgehê en ervaar te word. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more1minPlay
December 06, 2021Steeds Vrou - Sy (Alta Strauss)Baie keer is ons bang om onsself kwesbaar te stel, maar dit is juis in daardie kwesbare oomblikke wat ander kan vereenselwig met die beeldskone kompleksiteit van ons menswees. Mense leer meer uit hoe ons opstaan nadat ons platgeslaan is, as wat hulle ooit sal leer uit ons glansryke oomblikke. Maak jouself los van die dinge wat jou steeds gevange hou. Daar is iets bevrydend daarin om ander toe te laat om die krake in die porselein te sien en te besef dat ander daarin hoop vir hul eie stryd vind. Laat Jesus toe om deur daardie krake te skyn tot in die harte van ander. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more1minPlay
December 06, 2021Steeds Vrou - Vrouwees (René Roux)Om ʼn vrou te wees is nie altyd maklik nie, die uitdagings wat die lewe vir ʼn mens gooi kniehalter ʼn mens soms. Partykeer voel jy nie genoeg nie, jy moet so baie wees vir so baie mense. In God se oë is jy egter altyd goed genoeg, vrou. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more1minPlay
FAQs about Taaltoffie:How many episodes does Taaltoffie have?The podcast currently has 211 episodes available.