Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media.... more
FAQs about Taaltoffie:How many episodes does Taaltoffie have?The podcast currently has 223 episodes available.
December 06, 2021Steeds Vrou - Sy (Alta Strauss)Baie keer is ons bang om onsself kwesbaar te stel, maar dit is juis in daardie kwesbare oomblikke wat ander kan vereenselwig met die beeldskone kompleksiteit van ons menswees. Mense leer meer uit hoe ons opstaan nadat ons platgeslaan is, as wat hulle ooit sal leer uit ons glansryke oomblikke. Maak jouself los van die dinge wat jou steeds gevange hou. Daar is iets bevrydend daarin om ander toe te laat om die krake in die porselein te sien en te besef dat ander daarin hoop vir hul eie stryd vind. Laat Jesus toe om deur daardie krake te skyn tot in die harte van ander. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more1minPlay
December 06, 2021Steeds Vrou - Vrouwees (René Roux)Om ʼn vrou te wees is nie altyd maklik nie, die uitdagings wat die lewe vir ʼn mens gooi kniehalter ʼn mens soms. Partykeer voel jy nie genoeg nie, jy moet so baie wees vir so baie mense. In God se oë is jy egter altyd goed genoeg, vrou. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more1minPlay
December 06, 2021Steeds Vrou - Wees lief vir my in Afrikaans (Alta Strauss)Hierdie gedig het ek in Frankryk geskryf. Te midde van die prag van hierdie betowerende land het ek besef dat ongeag waar in die wêreld jy jouself mag bevind, in jou hart, jy altyd Afrikaans sal bly. Dit is jou hartklop, dit is hoe ons liefhet en liefgehê wil wees. Daar is net iets aards en hartlik aan hoe ons liefhet, met oorgawe, vurig, iets magies en magneties verruklik soos net ons kan! Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more1minPlay
December 03, 2021Begin só ʼn gesonde leefstyl“Dit is deur en deur daarop gemik om jou denkwyse oor jou gesondheid, emosionele welstand en eetgewoontes te verander.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more9minPlay
November 26, 2021Oor die soet en sout van ouerskapLente Swift en Suzanne Smit het in Maroela Media se ateljee oor ‘Meer as net ʼn ma’ kom gesels en ook vertel waarom hulle opgewonde oor die toekoms van Die Naguilklub is. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more17minPlay
November 05, 2021Rolene Strauss sê ‘nee’ vir perfeksie“Om terug te gaan na al daardie ondervindinge wat ek eintlik half klaar weggepak het. Dit was soos om ʼn boks uit te haal en myself weer te ontdek.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more10minPlay
October 28, 2021Stories so in Ilze se kraalIlze Nieuwoudt het onlangs ʼn draai in Maroela Media se ateljee gemaak om oor haar jongste boek ‘Prinsessie en Boekeman’ en Kraal Uitgewers se kinderboekafdeling te gesels. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more13minPlay
September 18, 2021Daar’s ʼn luiperd op my stoep!Hennie van Deventer, skrywer van ‘Bure van nature’ gesels met Maroela Media oor die veldstories in sy boek en noue ontkomings wat hy al ervaar het. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more12minPlay
July 02, 2021Talle vrae steeds onbeantwoord ná Stella-moordeSusan Cilliers, skrywer van "Die Stella-moorde", het met Maroela Media gesels oor die trauma van Stella se boeregemeenskap, vrae wat ná die hofsaak onbeantwoord gebly het en haar gesprekke met Xander en die slagoffers se gesinne. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more24minPlay
May 05, 2021Lizanne Barnard se ode aan skeppersLizanne Barnard se debuutdigbundel ‘Skeppers’ word beskryf as ʼn sintuiglike ervaring wat lesers op ʼn musikale en visuele reis sal neem. Maroela Media het met Lizanne gesels om meer hieroor uit te vind. Luister ook na Lizanne se voorlesing van “Stilte” deur Riaan Prinsloo. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more10minPlay
FAQs about Taaltoffie:How many episodes does Taaltoffie have?The podcast currently has 223 episodes available.