Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media.... more
FAQs about Taaltoffie:How many episodes does Taaltoffie have?The podcast currently has 223 episodes available.
March 12, 2021Voorwaarts mars met Reynardt HugoReynardt Hugo gesels oor die draaipunte in sy lewe, Christenskap en sy boek, Soldaat, wat pas by Lux Verbi verskyn het. Spits jou ore, want aan die einde van die onderhoud kan jy ook na sy enkelsnit “Weggebreek” luister wat saam met die boek uitgereik is. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more15minPlay
March 05, 2021Vyf wenke vir ʼn ligter lewensreisJaco Strydom moedig Christene aan om ligter te lewe deur onder meer minder aardse goed te besit, gereeld stil te word en hul vyande te vergewe. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more13minPlay
March 01, 2021Daniel Strauss: ‘Werk slimmer, nie harder’In ‘Dink soos ʼn miljarder’ wys Daniel Strauss hoe eenvoudig dit eintlik is om jou onderneming na hoër hoogtes te neem. Kom luister hier na Daniel se onderhoud in die Maroela-ateljee. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more8minPlay
February 21, 2021‘Afrikaans is nie dood nie’Leon en Amanda De Stadler, samestellers van die 'Tesourus van Afrikaans' se heruitgawe, het met Maroela Media gesels oor die verskil tussen ʼn verklarende woordeboek en ʼn tesourus, sowel as die waarde van slengwoorde en nuutskeppings. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more11minPlay
January 25, 2021Boek ontmasker onderwêreld van ʼn reeksverkragterIn 'ʼn Enkele verhaal' deel Deon Wigget vir die eerste keer sy storie in Afrikaans: ʼn storie oor die verwerking van kindertrauma en die ontmaskering van Willem Breytenbach. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more9minPlay
January 15, 2021Jong skrywer duik tienerdieptes in met jeugfiksiedebuutJoha van Dyk het in ʼn onderhoud met Maroela Media vertel hoe haar liefde vir blokkiesraaisels gelei het tot die kies van karaktername in haar debuutroman 'Branderjaer'. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more15minPlay
January 11, 2021Feiteboek vir kinders gee stem aan SA baanbrekersEngela Duvenage se liefde vir feite en stories het op interessante wyse neerslag in haar loopbaan gevind. Buiten dat sy ʼn bedrewe joernalis en navorser is, het sy onlangs ʼn boek vir jong leesgieriges saamgestel. Maroela Media het met haar gesels oor 'Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika'. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more11minPlay
January 06, 2021Namakwastories: ‘Toe uit ons waar ons uit’Kom luister saam na “Toe uit ons waar ons uit”, ʼn kortverhaal uit ‘Vertel da’ vir my ʼn storie van Namakwaland’. Dit is deur Jan C van Wyk geskryf en word deur Johny Klein voorgelees. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more11minPlay
December 23, 2020Op die spoor van kuberkrakers in Turkye, ItaliëFanie Viljoen het met Maroela Media gesels oor sy besoek aan die Hagia Sophia-museum in Turkye, die afdraaipaadjies in Florence wat hy te voet verken het en hoe dié ervarings in sy jeugroman 'Donker Web' gebruik is. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more20minPlay
December 22, 2020Luister na ‘Bitterbosbende: Die been in die bos’ deur Anzil KulsenNie net drie nie, maar vyf minute lange pure storiebederf deur Anzil Kulsen. Luister hier wat gebeur wanneer die Bitterbosbende gaan kamp en onverwags op die spoor van ʼn geheimsinnige stoomlokomotief beland. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more5minPlay
FAQs about Taaltoffie:How many episodes does Taaltoffie have?The podcast currently has 223 episodes available.