VivA Afrikaans-joernaal

VivA Afrikaans-joernaal

By Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)EducationArtsLanguage Learning
Download on the App Store

VivA Afrikaans-joernaal episodes

  • Kaplaks! loop sy in die ruit vas
    Flaps-flaps stap sy met haar stewels deur die water. Klankekspressies
    soos klanknabootsing en klankskildering. (Jana Luther)
    Voorgelees deur Karen Loots. Kaplaks! loop sy in die ruit vas · VivA se webwerf
    5 min
  • Intensiewe vorme, Noag en die kanon
    Een van die gereeldste (en lastigste) navrae wat ek kry, is oor intensiewe vorme. Versamelname, vergelykings en intensiewe vorme is groot griewe, vir onderwysers, vir leerders, en vir hulle ouers wat moet help huiswerk doen, want dié goed het in die taal versteen geraak en die jonger geslag moet hierdie gesteentes in hulle sakke dra ingeval hulle dit sou nodig kry. (Sophia Kapp)
    Voorgelees deur Karen Loots. Intensiewe vorme, Noag en die kanon · VivA se webwerf
    6 min
  • Taalsuiwerheid – die plek van die standaardvariëteit
    Enige taal se sprekersgemeenskap is ʼn losse mengsel van moedertaal-, tweedetaal- en vreemdetaalsprekers, van oumense en tieners, van geleerdes en gewones, van vaandeldraers en knutselaars. Almal het die reg om deel te wees van die taalgemeenskap, en almal se bydrae, hoe krom en skeef dit nou ook al mag lyk, is belangrik. (Sophia Kapp)
    Voorgelees deur Karen Loots. VivA se webwerf
    4 min
  • Wys my hoe jy spel, dan sê ek vir jou wie jy is
    Jy mag op die strand praat nes jy wil, maar as daar ʼn aandrokgeleentheid is en jy praat verflenterde sweetpak, gaan die wenkbroue lig. (Sophia Kapp)
    Voorgelees deur Karen Loots. Wys my hoe jy spel, dan sê ek vir jou wie jy is · VivA se webwerf
    7 min
  • Versamelnaamwoorde, vers 2
    In hierdie opname bepeins Sophia Kapp die onvas en onvoorspelbare versamelnaamwoorde.
    Voorgelees deur Karen Loots. Versamelnaamwoorde, vers 2 · VivA se webwerf
    5 min
  • Kaatjie en klaar
    In ’n vorige aflewering in hierdie joernaal (“Gawies, japies, en brawe Hendrikke”, 19 Oktober 2018) vertel Jana Luther van Afrikaanse mansname wat in ou uitdrukkings mense in die algemeen, asook diere en gepersonifieerde dinge aandui. Op Vrouedag luister iemand daarna en vra: Waar is die vroue dan? Hulle is minder, maar hier is Antjie, Bella, Bertha en Margriet, Martha, Saartjie, Sannie en ander. Gawies, japies en brawe Hendrikke (blog) · VivA se webwerf
    9 min
  • Bord, bordeel, van tafel tot bed
    Bord, bordeel, van tafel tot bed (Jana Luther). “Waar kom die woord ‘bordeel’ vandaan?” vra ’n Hollander op Twitter terwyl ’n klub vir volwasse vermaak terselfdertyd in Suid-Afrika in die nuus is. “Bordeel.” ’n Prima voorbeeld van hoe ’n eenvoudige woord in betekenis kan gedy wanneer sprekers van verskillende tale sonder “-isme”-benoudheid en puristegepruttel dit oor en weer vir mekaar laat werk. VivA se webwerf
    11 min

About VivA Afrikaans-joernaal

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor Afrikaanse taalkunde en Afrikaans in die algemeen, asook voorlesings van VivA se blogs en rubrieke.