VivA Afrikaans-joernaal

VivA Afrikaans-joernaal

By Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)EducationArtsLanguage Learning
Download on the App Store

VivA Afrikaans-joernaal episodes

  • Sewe opdragte vir taalonderrig
    Sewe opdragte vir taalonderrig (Jana Luther). Terwyl die taalkurrikulum in Nederland ingrypend hersien word, bied die Afrikaanse Taalraad op 9 en 10 November 2018 ’n werkwinkel aan oor die ondersteuning van Afrikaansmediumonderrig en Afrikaans as vak in die Wes-Kaap. Hoe lyk die sewe “groot opdragte” wat vir die vak Nederlands gestel word? Wat is daar oor elk van dié opdragte te sê? In Neerlandistiek.nl, die aanlyn tydskrif vir taal- en letterkundige ondersoek, bespreek prof. Marc van Oostendorp, hoogleraar Nederlands en Akademiese Kommunikasie aan die Radboud Universiteit en navorser aan die Meertens Instituut, in sewe blogs Curriculum.nu se sewe kerndoelwitte vir Nederlands in die klas. Vir nadenke oor raakpunte met Afrikaans, herhaal Jana Luther in hierdie podsending, sy volledige kommentaar in Afrikaans. Neerlandistiek.nl · Curriculum.nl · “grote opdrachten” · VivA-webjoernaal · VivA se webwerf
    32 min
  • Gawies, japies, en brawe Hendrikke
    Gawies, japies, en brawe Hendrikke (Jana Luther). In baie, veral ouer Afrikaanse uitdrukkings word algemene, alledaagse mansname gebruik om mense in die algemeen, en ook diere en gepersonifieerde dinge aan te dui; dikwels vergesel van ’n tiperende bynaam of van: Daantjie Donderbos, Karel Grootoog, Jakob Eensnaar, vrolike Frans, brawe Hendrik ... Om van al die Janne en japies nie te praat nie. Soms verbleek die eienaam, soms verbleek die eienaam nie. Die AWS verduidelik wat met die beginhoofletter gebeur. Lees die blog · VivA se webwerf
    9 min
  • Gent 2018: internasionale brandpunt van Afrikaans
    Gent 2018: internasionale brandpunt van Afrikaans (Jana Luther). Van 4-6 Oktober 2018 is die tweede Afrikaans Grammar Workshop (AGW) as deel van vyfde Afrikaanskollokwium in Gent aangebied. Ondanks herhaaldelike versekerings deur die organiseerders dat dié aanbieding in België ’n eenmalige gebeurtenis was, was ’n handjievol Afrikaanse akademici tog ietwat beswaard oor dié “verengelsing” van die Afrikaanskollokwium. In sy verwelkoming aan kollokwiumgangers het prof. Andries Coetzee oor die ontstaan van die AGW ’n kort historiese oorsig gegee en die redes vir die hou van die AGW in Engels opgesom. Lees die blog · Gentkollokwium 2018: Klik hier vir opsommings van referate · VivA se webwerf
    8 min
  • “Sneupe vol sneus”
    “Sneupe vol sneus” (Jana Luther). Uit “bhang”, die Indiese naam vir Cannabis sativa (volgens Facebook ook “omkyktwak”), het die Konstitusionele Hof in September 2018 vir bostrekkers die benoudheid gehaal. In hierdie podsending kan jy luister na alles wat jy nog altyd van aaptwak, van mak- en wildedagga, wou geweet het. Lees die blog · VivA se webwerf
    9 min
  • Skitter in Afrikaans: Woordeboeke
    Skitter in Afrikaans (Jana Luther). Die taalafdeling van die ATKV ondersteun sedert 2012 Afrikaans Huistaal en Afrikaans Addisionele Taal-onderwysers deur landwyd eendagwerkswinkels aan te bied. Hierdie praatjie oor woordeboeke in die klaskamer word tydens so 'n werkswinkel by die UWK aangebied. ATKV: Skitter in Afrikaans · VivA se webwerf
    29 min
  • Awendrood, water in die sloot
    Awendrood, water in die sloot (Jana Luther). Vir mense wat na aan die natuur leef, dui verskeie dinge aan dat reën naby is: reënpaddas, rysmiere, dolfies, donderbesies, misroepertjies ... In die Noordelike Halfrond word gespog dat bewoners van ysgebiede meer as 200 verskillende woorde vir sneeu het. Hoeveel soorte reën is daar, en hoeveel reënname, in Afrikaans? VivA se webwerf
    11 min
  • 'n "Poenankies"-podsending
    'n "Poenankies"-podsending (Gerhard van Huyssteen). "Poenankies" beteken ‘oulik’ of ‘fraai’, ʼn lekker alternatief vir die slengwoord "cute". In die 2017-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls word "poenankies" vir die eerste keer as Standaardafrikaans erken. In hierdie podsending kyk ons na enkele taalkundige aspekte van die woord en veral na waar dit vandaan kom. Lees die blog · VivA se webwerf
    19 min
  • Proe hoe soet ’n ghoukom smaak
    “Proe hoe soet ’n ghoukom smaak” (Jana Luther) Luister na Coenie de Villiers se "Namakwaland". Rol jou tong om die klanke. Vind in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (die WAT), van Kamieskroon tot Kommagas, tussen ghwarriebos, ghnarrabos en ghneitjies, ghabessies, ghommabos en ghaap, ’n karnaval van diere. Laat jou verhemelte hul name proe. VivA se webwerf
    8 min
  • Meerkatmededelings
    Meerkatmededelings (Gerhard van Huyssteen). Waar kom die woord meerkat vandaan? Wat noem hulle Timon in The Lion King in Engels? Is ʼn meerkat en ʼn Engelse suricate dieselfde ding? Wat is die verband tussen ʼn Engelse vervet en grivet, Nederlandse groene meerkat en ʼn Afrikaanse blouaap? Wat vir ʼn woord is muishond en waar kom hy vandaan? Ons kyk na die woord "meerkat" en klap sommer 'n klomp verbandhoudende konsepte met een slag raak. Lees die blog · VivA se webwerf
    48 min
  • Dan loop ons so onder deur die maan
    Dan loop ons so onder deur die maan (Jana Luther). Om saam te val met die langste algehele maansverduistering van die 21ste eeu op Vrydagaand 27 Julie 2018, 'n podsending oor maanmites en -legendes, bygelowe, spreekwoorde en uitdrukkings, maanalmanakke, en meer. VivA se webwerf
    22 min

About VivA Afrikaans-joernaal

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor Afrikaanse taalkunde en Afrikaans in die algemeen, asook voorlesings van VivA se blogs en rubrieke.