VivA Afrikaans-joernaal

VivA Afrikaans-joernaal

By Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)EducationArtsLanguage Learning
Download on the App Store

VivA Afrikaans-joernaal episodes

  • Lang woorde en reklametaal
    Lang woorde en reklametaal (Gerhard van Huyssteen). Vasstamper; wisselrigter-sweismasjien; vinnigruilbeitelhouer; metaaldraadsnydraaibank met gangwissel; hidrouliese bandsae; pneumatiese naelklinkers; suigtoevoersproeispuite; freesmasjiene; voetknipmasjien; kis- en panplaatmetaal-voumasjiene; gliprollers; draaiflensbuigmasjien; banktapgatmasjien; bossiekappers; awegaars; draagbare loopteleskoop. Dié is alles woorde wat onlangs in 'n baie goed versorgde reklamebrosjure verskyn het. Gerhard praat oor Afrikaans in die reklamwese, asook oor lang woorde. Lees die blog · Adendorff se Afrikaanse brosjure · VivA se webwerf
    11 min
  • Nuus uit die Taalkommissiebinnekring
    Nuus uit die Taalkommissiebinnekring (Gerhard van Huyssteen). Die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het gedurende die laaste week van Februarie 'n sitting in Windhoek, Namibië gehad. In hierdie podsending gee Gerhard terugvoer oor van die besluite wat geneem is, asook oor sommige van die nuwe woorde wat voorlopig opgeneem is as Standaardafrikaans. Lees die blog · Meer oor die Taalkommissie · VivA se webwerf
    15 min
  • Tinteltong Toekennings
    Tinteltong Toekennings (Gerhard van Huyssteen). AfriVriendelik bekroon jaarliks sakeondernemings wat Afrikaans kreatief gebruik en uitbou. In hierdie podsending gesels Gerhard oor sy ervaring by die 2018-geleentheid. Hy reflekteer ook oor vooropgestelde idees, en hoe Afrikaanssprekendes dalk met meer respek na mekaar moet luister. Lees die blog · VivA se webwerf
    13 min
  • “Bê,” sê die bok. “Huidjiehu,” die sprinkaan.
    “Bê,” sê die bok. “Huidjiehu,” sê die sprinkaan. (Jana Luther)
    Die menslike stem is ’n geskakeerde instrument. Met ons stemme kan ons allerhande geluide naboots. Ons doen dit van die vroegste tye af, en ons doen dit steeds. Luister maar na kinders, wanneer hulle speel. Dié soort klankekspressie – waar met die stem gepoog word om wat die gehoor waarneem, te reproduseer – word klanknabootsing, of onomatopee genoem. Lees die blog: · VivA se webwerf
    8 min
  • Tolkterminologie
    Tolkterminologie (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). Wat is die verskil tussen vertaling en tolking? Of tussen vertaling en lokalisering? En watter verskillende soorte tolking kry 'n mens? Prof. Marné Pienaar (Universiteit van Johannesburg) vertel van twee terminologieprojekte waarby sy en haar kollegas betrokke is. Verwysing :Pienaar, M. & Beukes, A-M. 2010. Veeltalige Vertaalterminologie / Multilingual Translation Terminology. Van Schaik: Pretoria. Kry die boek: · VivA se webwerf
    11 min
  • Oor moedertaalmaand
    Oor moedertaalmaand (Gerhard van Huyssteen) 21 Februarie is jaarliks Internasionale Moedertaaldag en daarom is Februarie moedertaalmaand by Afrikaans.com. Is moedertaalonderrig slegs 'n kwessie onder Afrikaanssprekendes, of is dit ook iets waarmee sprekers van ander Afrikatale hulle bemoei? Trouens, verkies mense nie dalk om eerder in Engels begroet te word nie, aangesien Engels 'n statussimbool is? Lees die blog · Afrikaans.com se moedertaalonderrigblad · VivA se webwerf
    11 min
  • Wat is spelling en waar pas dit in?
    Wat is spelling en waar pas dit in? (Gerhard van Huyssteen) Om die selfstandige naamwoord "spelling" of werkwoord "spel" te definieer, is nie so eenvoudig as wat jy dink nie. In hierdie episode praat Gerhard oor wat spelling is en waar dit presies in die taalkunde inpas. Hy verduidelik ook hoe spelling verband hou met die sogenaamde ortografie, asook wat die verhouding is tussen die ortografie (die studie van die manier van skryf) en die fonologie (die studie van die manier van praat). VivA se webwerf
    19 min
  • Online language course: Gesellig Afrikaans
    Online course: Gesellig Afrikaans (Gerhard van Huyssteen and Angelique van Niekerk). Prof Angelique van Niekerk talks about an online computer-assisted language learning course that was developed at the University of the Free State. This exciting new course, called Gesellig Afrikaans, is aimed at learners of Afrikaans as a foreign language. More information about the course is available at https://viva-afrikaans.org. Gesellig Afrikaans · Brochure · VivA se webwerf
    6 min

About VivA Afrikaans-joernaal

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor Afrikaanse taalkunde en Afrikaans in die algemeen, asook voorlesings van VivA se blogs en rubrieke.