VivA Afrikaans-joernaal

VivA Afrikaans-joernaal

By Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)EducationArtsLanguage Learning
Download on the App Store

VivA Afrikaans-joernaal episodes

  • ICL20 in die Kaap
    ICL20 (Jana Luther). Van 2 tot 6 Julie 2018 is die Internasionale Linguistiekkongres vir die eerste keer op die Afrikavasteland aangebied. In die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum het taalkundiges uit tientalle lande in 10 parallelle sessies oor vyf dae sowat 650 referate gelewer en altesaam 27 werkswinkels gehou. In aansluiting by die kongrestema: Die dinamiek van taal. ICL20-webblad · VivA se webwerf
    12 min
  • ICL20 innie Kaap
    ICL20 (Jana Luther). Van 2 tot 6 Julie 2018 is die Internasionale Linguistiekkongres vir die eerste keer op die Afrikavasteland aangebied. In die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum het taalkundiges uit tientalle lande in 10 parallelle sessies oor vyf dae sowat 650 referate gelewer en altesaam 27 werkswinkels gehou. In aansluiting by die kongrestema: Die dinamiek van taal.
    12 min
  • Praattaal en skryftaal; bollataal en djôltaal
    Standaardtaal en omgangstaal (Jana Luther). In Suid-Afrika met sy elf amptelike tale verstaan meer as 7 miljoen mense Afrikaans, en uit die mond van elk van dié 7 miljoen klink Afrikaans net ’n klein bietjie anders as die Afrikaans van enigiemand anders. So beskou, is daar van Afrikaans vandag nie net drie nie, maar om en by 7 miljoen unieke variasies, waarvan die geskiedenis tot ongeveer duisend jaar gelede teruggevoer kan word. VivA se webwerf
    18 min
  • Oor "huidiglik"
    Oor "huidiglik" (Gerhard van Huyssteen). Die woord "huidiglik" is 'n doring in die vlees van menige taalpraktisyn en taalgebruiker, maar word desalnietemin gereeld in geskrewe en gesproke taal gebruik. In hierdie podsending word die woord vanuit verskillende perspektiewe toegelig, ten einde uitsluitsel te probeer kry hoe ons in 2018 oor die woord sou kon dink. Lees die blog · VivA se webwerf
    50 min
  • Groentesop en vrugteslaai
    Groentesop en vrugteslaai (Jana Luther). Dié week was ek in die WAT en die HAT se vrugteboorde en groentetuine, waar plante nie net as voedsel dien nie, maar ook kleur aan ons taalgebruik verleen. Hier is ’n mandjie vol. VivA se webwerf
    6 min
  • Kaaps in fokus
    Gesprek oor Kaaps (Jana Luther en Frank Hendricks). Prof. Frank Hendricks is pas afgetrede hoogleraar in sintaksis, variasietaalkunde en naamkunde van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland, voormalige ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalkommissie en mederedakteur van die histories belangrike boek Kaaps in Fokus wat in 2016 by African Sun Media verskyn het. Verwysing: Frank Hendricks en Charlyn Dyers (redakteurs). 2016. Uitgewer: African Sun Media. ISBN: 9781928314165. VivA se webwerf
    28 min
  • Moenie so pandora wees nie
    Moenie so pandora wees nie (Jana Luther). Dié uitdrukking hoor ek nou die dag in ’n hysbak in die Media24-gebou in Kaapstad. Eg Kaaps? Of word dit ook elders gebruik? Laat weet vir ons. Maar of dit nou van hier is of van daar: Dit kom van ver. VivA se webwerf
    7 min
  • Van Bologna tot Benoni
    Van Bologna tot Benoni (Jana Luther). Toe die verband tussen vleisfabrieke en listeriose onlangs blyk, is polonie snel van winkelrakke verwyder. Nog ’n verdoemende beoordeling van dié kamma-mortadella is die Amerikaanse woord "baloney", wat naas ‘wors’, ook ‘bog’ of ‘onsin’ beteken. Kan ’n Mens in Afrikaans "polonie" ook só gebruik? Figuurlik? Die HAT en die WAT swyg daaroor, maar in VivA se korpusse wemel dit van poloniegesegdes! VivA se webwerf
    5 min
  • Rododendron of viooltjie? Albatros of sysie?
    Rododendron of viooltjie? Albatros of sysie? (Jana Luther) In twee vorige podsendings het ek oor klankekspressie gesels: klanknabootsing, of onomatopee; en klankskildering. ’n Derde vorm van klankuitdrukking, wat minder duidelik as onomatopee en klankskildering is, en waaroor hierdie laaste aflewering in dié reeks handel, is klanksimboliek. Om klanksimboliek, soos dit byvoorbeeld in ’n gedig voorkom, noukeurig te omskryf, is moeliker. ’n Mens moet ook versigtig wees om jou dit nie te verbeel nie! Lees die blog · VivA se webwerf
    6 min
  • Kaplaks! loop sy in die ruit vas
    Kaplaks! loop sy in die ruit vas (Jana Luther). In my vorige podsending het ek oor klankekspressie gesels. Dié soort waar mense klanke wat hulle hoor, met hulle stemme probeer naboots: die geluide van diere, voëls, insekte, selfs plante. Dié soort klankuitdrukking, die eerste van drie tipes waarby ek stilstaan, word klanknabootsing, of onomatopee, genoem. Daaroor nou ’n entjie verder, en ook oor klankskildering. Lees die blog: · VivA se webwerf
    5 min

About VivA Afrikaans-joernaal

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor Afrikaanse taalkunde en Afrikaans in die algemeen, asook voorlesings van VivA se blogs en rubrieke.