VivA Afrikaans-joernaal

VivA Afrikaans-joernaal

By Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)EducationArtsLanguage Learning
Download on the App Store

VivA Afrikaans-joernaal episodes

  • Wat is "name and shame" in Afrikaans?
    Wat is "name and shame" in Afrikaans? (Gerhard van Huyssteen) Dit is dikwels moeilik om Engelse idiome of segswyses, soos byvoorbeeld "name and shame" in Afrikaans te vertaal. In hierdie week se podsending vertel Gerhard van 'n kreatiewe voorstel van dr Frikkie Lombard van die WAT en Taalkommissie. Lees die blog · VivA se webwerf
    11 min
  • Vat dit met 'n bietjie sout!
    Vat dit met 'n bietjie sout! (Gerhard van Huyssteen). Sê ons in Afrikaans jy moet iets met 'n knippie/knypie/korreltjie sout neem/vat? En waar kom die uitdrukking vandaan? Kry ons ook dieselfde wisseling in Engels (tussen "a pinch/grain of salt")? Hierdie vrae word aan die hand van uitgebreide korpusdata ondersoek en toegelig. Lexicon Valley · VivA se webwerf
    17 min
  • Oor humor en hase
    Oor humor en hase (Gerhard van Huyssteen). Waar kom die woord "haasbek" vandaan? En hoekom is daar 'n hele genre hasiegrappies in Afrikaans? In hierdie podsending vertel Gerhard van Huyssteen meer oor hoe humor werk deur normale gespreksbeginsels en -voorwaardes te oortree. Lees die blog · Meer oor Grice se samewerkingsbeginsel · VivA se webwerf
    14 min
  • Gesprek oor Die storie van Afrikaans – Deel 1
    Gesprek oor Die storie van Afrikaans – Deel 1 (Gerhard van Huyssteen en Wannie Carstens). Proff. Wannie Carstens en Edith Raidt is twee bekendes op die gebied van die geskiedenis van Afrikaans. Aan die einde van 2017 het deel 1 van 'Die storie van Afrikaans' by Protea Boekhuis verskyn. Ons gesels oor die boek, oor Wannie se loopbaan aan die Universiteit van Kaapstad en die Noordwes-Universiteit, asook oor moeilike kwessies met betrekking tot Afrikaans se herkoms. Verwysing: Carstens, WAM & Raidt, E. 2017. Die storie van Afrikaans: uit Europa en van Afrika – deel 1. Pretoria: Protea Boekhuis. VivA se webwerf
    1 hr 16 min
  • Waar kom voëlname vandaan?
    Waar kom voëlname vandaan? (Gerhard van Huyssteen). Afrikaans het 'n ryk woordeskat van plant- en diername? Maar waar kom al hierdie name vandaan? In hierdie episode gesels Gerhard oor die verdeling tussen erfgoed, leengoed en eiegoed, en bespreek dit aan die hand van 'n klompie Afrikaanse voëlname. Lees die blog · Digitale Biblioteek van die Afrikaanse Taalkunde · VivA se webwerf
    24 min
  • Versamelname – Vers 2
    Versamelname – Vers 2 (Sophia Kapp). Is ’n dolfyn ’n vis of 'n bees? Die kwessie van versamelname word nog 'n keer ondersoek. VivA se webwerf
    6 min
  • Intensiewe vorme, Noag en die kanon
    Intensiewe vorme, Noag en die kanon (Sophia Kapp). 'n Lys taalrelikweë, die jonger geslag wat van die troon af taal maak, en die ouer geslag wat dit uit die kroeg gedoen het. Waarvandaan sal ons hulp kom? VivA se webwerf
    6 min

About VivA Afrikaans-joernaal

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor Afrikaanse taalkunde en Afrikaans in die algemeen, asook voorlesings van VivA se blogs en rubrieke.