VivA Afrikaans-joernaal

VivA Afrikaans-joernaal

By Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)EducationArtsLanguage Learning
Download on the App Store

VivA Afrikaans-joernaal episodes

  • Kom ons praat maar weer oor aanspreek
    Kom ons praat maar weer oor "aanspreek" (Jana Luther). Onder invloed van Engels wat moeilikhede “address” word vraagstukke in Afrikaans al dekades lank “aangespreek”, ten spyte van deurlopende pogings oor net soveel dekades heen om dié gewraakte woord uit die taal te weer. Is die gebruik daarvan regtig so verkeerd? Lees die blog (met grafiek) · VivA se webwerf
    8 min
  • Genoeg is genoeg
    Genoeg is genoeg (Jana Luther). “Pak slae is nou ’n misdaad,” sê die hof. Dié uitspraak is wyd verwelkom, maar ook gekritiseer. En ek dink by myself hoe dit my onlangs weer opgeval het hoe baie van Afrikaans se idiome met lyfstraf verband hou. VivA se webwerf
    7 min
  • Aanlyn kursus: Gesellig Afrikaans
    Aanlyn kursus: Gesellig Afrikaans (Gerhard van Huyssteen en Angelique van Niekerk). Prof Angelique van Niekerk van die Universiteit van die Vrystaat gesels oor die nuwe aanlyn kursus Gesellig Afrikaans. Dié kursus is gerig op die onderrig van Afrikaans as vreemde taal (met ander woorde vir iemand wat eintlik geen - of min - kennis van Afrikaans het). Meer inligting oor die kursus is beskikbaar by https://viva-afrikaans.org. Inligtingstuk · VivA se webwerf
    16 min
  • Wat ek vandag wil kom staan vertel
    Wat ek vandag wil kom staan vertel (Jana Luther). “Moet jy so vroeg in oggend met my staan en stry?” Vir hierdie stryery om plaas te vind, hoef nóg die aangesprokene nóg die spreker werklik op die been te wees. Hulle kan aan tafel sit, of selfs nog in die bed lê. In die voorbeeldsin stel “staan” bloot die handeling van te wil stry, as feit. Dis hoe verbale hendiadis meestal in Afrikaans gebruik word: met ’n inleidende werkwoord waarvan die letterlike betekenis verflou het ... VivA se webwerf
    8 min
  • Oor beddens en Boervrouens
    Oor beddens en Boervrouens (Sophia Kapp). As jy in die middel van die nag wakker word van 'n harde klapgeluid, kan jy maar weet daar is moeilikheid. Maar sommige mense vat nie nonsens van sulke moeilikheid nie ... Oor beddens en Boervrouens · VivA se webwerf
    6 min
  • Nie alles wat rooi is, is ’n posbus nie
    Nie alles wat rooi is, is ’n posbus nie (Jana Luther). Rapport se gebruik van die woord "rampant" in die kop van ’n berig oor die Leeus se Superrugby-sege in Durban het ’n hele paar lesers op hulle agterpote gehad. Hoe staan sake met dié woord in Afrikaans?
    14 min
  • Van varke en verraaiers
    Van varke en verraaiers (Sophia Kapp). Oor die bekendstellingsgeleentheid van die 2017-AWS, Sagmoedige Neelsie en Dalene Matthee se Moerbeibos. Wie is uiteindelik die vark in die verhaal? Van varke en verraaiers · VivA se webwerf
    7 min
  • Boekbekendstelling - Terminology and Terminography
    Boekbekendstelling - Terminology and Terminography (Gerhard van Huyssteen en Mariëtta Alberts). Dr Alberts is een van Suid-Afrika se bekendste terminoloë. In hierdie episode praat sy oor haar nuwe boek wat onlangs gepubliseer is: Alberts, M. 2017. Terminology and Terminography: Principles and Practice. A South African Perspective. Milnerton: MLA Publications. 483 bladsye. ISBN 978-0-9947129-0-5. Prys: R695,00 (BTW ingesluit). MLA Publications; Tel: 021 813 9414; [email protected]. VivA se webwerf
    9 min
  • Nee, my ou suikerpot, die lewe is nie net skanghagha nie
    Nee, my ou suikerpot, die lewe is nie net skanghagha nie (Jana Luther). Waarom krap die toevoeging van ’n enkele woordpaar tot die nuwe Afrikaanse woordelys en spelreëls (’n skamele twee uit altesame 34 077 inskrywings) bruin akademici en skrywers so om? VivA se webwerf
    14 min

About VivA Afrikaans-joernaal

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor Afrikaanse taalkunde en Afrikaans in die algemeen, asook voorlesings van VivA se blogs en rubrieke.