Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jaco Kleynhans ontleed weekliks die vernaamste internasionale nuusgebeure, en verduidelik hoe dié gebeure ons in Suid-Afrika raak."Wêreldwys" word vervaardig deur Maroela Media.... more
FAQs about Wêreldwys met Jaco Kleynhans:How many episodes does Wêreldwys met Jaco Kleynhans have?The podcast currently has 104 episodes available.
November 13, 2025Wêreldwys | Suid-Afrika se verlore G20-geleentheid | Ep. 71In hierdie week se Wêreldwys bespreek Jaco Kleynhans wêreldpolitieke gebeure wat tans die nuus oorheers – vanaf Oekraïne en Rusland tot Venezuela en die VSA – maar veral Suid-Afrika se verlore kans met die komende G20-beraad in Johannesburg....more39minPlay
November 07, 2025Wêreldwys | Groot linkse oorwinnings in die VSA, nié in Nederland | Ep. 70In hierdie week se Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na die jongste politieke verskuiwings in Nederland, die VSA, Afrika en Europa – en wat dit oor die wêreld se politieke klimaat verklap.In Nederland was daar, ten spyte van wat baie berig het, géén noemenswaardige skuif na links nie. In die VSA het die prentjie egter anders gelyk die afgelope week....more36minPlay
October 29, 2025Wêreldwys | Israel is reg om weer te begin leef | Ep. 69In hierdie week se Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Ilse Strauss vanuit Jerusalem oor die emosionele herstel en spanning in Israel die afgelope weke ná twee jaar se trauma en onsekerheid.Ná maande van vrees en verlies is daar weer ʼn gevoel van lewe en hoop – ʼn gedeelde euforie met die terugkeer van die laaste gyselaars en soldate. Tog bly die letsel van 7 Oktober 2023 terselfdertyd diep én vlak in die land se psige gegraveer....more46minPlay
October 24, 2025Wêreldwys | Gaan Nederland soos wat ons dit geken het bly voortbestaan? | Ep. 68Minder as twee jaar ná die vorige algemene verkiesing in Nederland, kry dié land se byna veertien miljoen stemgeregtigde kiesers 29 Oktober weer die geleentheid om die 150 lede van die Nederlandse laerhuis te verkies. ʼn Groot meerderheid Nederlanders is tans egter diep ongelukkig oor die rigting waarin die land beweeg. Faktore soos massa-immigrasie, ʼn ernstige behuisingstekort, stygende lewenskoste en ʼn algemene onsekerheid oor die toekoms van Nederland en Europa dryf die ontevredenheid onder die kiesers aan....more38minPlay
October 10, 2025Wêreldwys | Amerikaanse skakeltoer kom tot ’n einde | Ep. 67In hierdie week se aflewering Wêreldwys kom die Solidariteit Beweging se Amerikaanse skakeltoer tot ʼn einde. Ná drie weke op die pad – vanaf Mackinac Republikeinse Leierskapskonferensie in Michigan drie weke gelede, eindig die toer weer terug in Michigan. Jaco Kleynhans is terug ná die verskillende state, hul geskiedenis, mense en politiek wat die afgelope drie weke op die reis beleef is....more23minPlay
October 03, 2025Wêreldwys | Jongste oor VSA-sluiting, vredesplan en Solidariteit-besoek Ep. 66Wêreldwys | Jongste oor VSA-sluiting, vredesplan en Solidariteit-besoek Ep. 66...more31minPlay
September 30, 2025Net nog enetjie | Sê Ramaphosa VS-ja vir die Withuis se vereistes? | Ep. 53Net nog enetjie is terug met ʼn vyfde seisoen, net betyds om saam te gesels oor die Solidariteit Beweging se tweede besoek aan die VSA vanjaar. Met dié besoek wat aan die gang is, het die ANC natuurlik weer ou verraderlike koeie uit die sloot gaan grawe. Terwyl die Beweging met ope arms terug genooi word na die Withuis, stamp die ANC steeds koppe in Washington....more28minPlay
September 25, 2025Wêreldwys | Afrikaners se storie verder in die VSA vertel | Ep. 65Luister na hierdie week se episode opgeneem vanuit die Amerikaanse hoofstad Washington DC – wat heelwat anders lyk, dink en funksioneer onder Trump. Volgende week se episode kom vanuit Texas. Die wêreld luister, praat saam terwyl Afrikaners hul stem laat hoor....more23minPlay
September 19, 2025Wêreldwys | Solidariteit Beweging se inligtingsveldtog in die VSA voortgesit | Ep. 64Die Solidariteit Beweging begin sy inligtingsveldtog oor die volgende drie weke in die VSA met ’n besoek aan die staat Michigan – ’n belangrike staat met ’n sterk Republikeinse tradisie en groot invloed in Amerikaanse politiek. Die boodskap aan Republikeinse verteenwoordigers en invloedrykes gaan duidelik wees – Suid-Afrika is nie net nog ’n ontwikkelende land met plaaslike probleme nie, maar ’n strategiese spilpunt wat groot gevolge vir die VSA en die vrye wêreld kan hê....more49minPlay
September 11, 2025Wêreldwys | Van vrede na Trump se departement van oorlog | Ep. 63Hierdie simboliese skuif wys hoe die VSA homself nie meer net as ʼn verdedigende mag sien nie, maar toenemend as ʼn land wat bereid is om konflik aan te gaan ter wille van sy eie belange en dié van sy bondgenote.Terselfdertyd het China dit duidelik gemaak dat hy nie langer deur Westerse militêre oorheersing geïntimideer gaan word nie. Met toenemende tegnologiese vernuf en ʼn magtige weermag begin Beijing openlik wys dat die Chinese reus nie konflik vrees nie....more32minPlay
FAQs about Wêreldwys met Jaco Kleynhans:How many episodes does Wêreldwys met Jaco Kleynhans have?The podcast currently has 104 episodes available.