Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jaco Kleynhans ontleed weekliks die vernaamste internasionale nuusgebeure, en verduidelik hoe dié gebeure ons in Suid-Afrika raak."Wêreldwys" word vervaardig deur Maroela Media.... more
FAQs about Wêreldwys met Jaco Kleynhans:How many episodes does Wêreldwys met Jaco Kleynhans have?The podcast currently has 64 episodes available.
October 23, 2024Wêreldwys | In ʼn wêreld vol krisisse is Afrika steeds die siekste kind | Ep. 23In hierdie week se episode gee ons ʼn inleiding tot die huidige uitdagings op die Afrika-kontinent. Is Afrika en die meeste van die kontinent se 54 lande tot mislukking gedoem of is daar ligpunte? Ons bespreek die afgelope tien jaar se agteruitgang in demokrasie en die toename in konflik en oorloë op die kontinent. Wêreldwys | In ʼn wêreld vol krisisse is Afrika steeds die siekste kind | Ep. 23...more39minPlay
October 15, 2024Wêreldwys | Leef die land van die Amerikaanse droom nog? | Ep. 22In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met Ernst van Zyl, hoof van openbare betrekkinge by AfriForum, oor sy waarnemings in Amerika na aanleiding van ʼn onlangse besoek aan die VSA, asook oor die hernude debatte, veral onder konserwatiewe denkers, oor die toekoms van die Weste. Wêreldwys | Leef die land van die Amerikaanse droom nog? | Ep. 22...more38minPlay
October 09, 2024Wêreldwys | Gelykop stryd tussen Trump en Harris | Ep. 21In hierdie week se uitgawe van Wêreldwys doen ons ’n in diepte ontleding van die Amerikaanse verkiesingsveldtog. Die nuutste peilings, die posisie van swaaistate, die werking van die kieskollege en moontlike scenario’s wat kan uitspeel, word bespreek. Hierdie week se uitgawe kan dien as ’n gids vir persone wat op die verkiesingsveldtog wil fokus en veral op die oggend van 6 November die uitslae wil volg. Wêreldwys | Gelykop stryd tussen Trump en Harris | Ep. 21...more54minPlay
October 03, 2024Wêreldwys | Oostenryk skop ook vas teen massa-immigrasie | Ep. 20In hierdie week se episode van Wêreldwys bespreek ons die verkiesing in Oostenryk en hoe dit dié land, maar ook die res van Europa, kan raak. Die regs-populistiese en sterk anti-immigrasieparty, die Vryheidsparty van Oostenryk, het verlede week vir die eerste keer sedert die party se oprigting in die laat 1950’s eerste in ʼn federale verkiesing geëindig. Wêreldwys | Oostenryk skop ook vas teen massa-immigrasie | Ep. 20...more30minPlay
September 25, 2024Ep. 19 | Vrye markte en die verromantisering van sosialismeDaar is wêreldwyd ʼn duidelike korrelasie tussen die vryheid van ekonomieë en die welvaart wat in samelewings geskep word. Ons gesels in hierdie episode met Martin van Staden van die Vryemarkstigting oor globale tendense en persepsies oor die voordele van vrye markte en eiendomsreg. Ep. 19 | Vrye markte en die verromantisering van sosialisme...more1minPlay
September 25, 2024Ep. 18 | Vrye markte en die verromantisering van sosialismeDaar is wêreldwyd ʼn duidelike korrelasie tussen die vryheid van ekonomieë en die welvaart wat in samelewings geskep word. Ons gesels in hierdie episode met Martin van Staden van die Vryemarkstigting oor globale tendense en persepsies oor die voordele van vrye markte en eiendomsreg. Ep. 18 | Elf maande van trauma in Israel...more40minPlay
September 18, 2024Ep. 18 | Elf maande van trauma in IsraelIn hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met Ilze oor haar ervaring as ’n buitestander in Jerusalem met spesifieke klem op die afgelope paar maande se gebeure. Sy vertel ook meer oor die verhaal van sommige van die gyselaars en hulle families, en mense se daaglikse vrese. Ep. 18 | Elf maande van trauma in Israel...more36minPlay
September 12, 2024Ep. 17 | Amerika die verloorder in Trump-Harris-debatIn die aanloop tot die debat was dit duidelik dat Harris se wittebroodsdae verby is en dat die stryd tussen haar en Trump weer kop aan kop verloop. In hierdie week se uitgawe van Wêreldwys bespreek ons die aanloop tot die debat, die hoogtepunte en laagtepunte van die debat en wat elke kandidaat reggekry en nie reggekry het nie. Ep. 17 | Amerika die verloorder in Trump-Harris-debat...more44minPlay
September 05, 2024Ep. 16 | Landbou toenemend speelbal in globale politiekIn hierdie week se episode van Wêreldwys praat ons oor die internasionale landboubedryf, politiek wat landbou raak, en hoe dit op Suid-Afrika en ons boere inspeel. Dr. Theo de Jager, voorsitter van SAAI en ’n bekende internasionale landbouleier, is in die ateljee om oor hierdie en ander belangrike kwessies te praat. Ep. 16 | Landbou toenemend speelbal in globale politiek...more47minPlay
August 27, 2024Ep. 15 | Die afsterwe en herlewing van die WesteOns bespreek in hierdie week se episode van Wêreldwys die reuse-immigrantekrisis in Europa en wat nodig is om dit op te los. Ons gaan terug na die 15de eeu en die Italiaanse Renaissance en die noodsaak vir ’n kultuur- en identiteitsherlewing in Europa. Ep. 15 | Die afsterwe en herlewing van die Weste...more35minPlay
FAQs about Wêreldwys met Jaco Kleynhans:How many episodes does Wêreldwys met Jaco Kleynhans have?The podcast currently has 64 episodes available.