Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.... more
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 616 episodes available.
January 11, 2019Wie is ek?Die meeste mense ervaar een of ander tyd die angstigheid en vrese wat gepaard gaan met 'n onmoontlike liefde – wanneer een persoon lief is vir iemand, maar die ander persoon voel nie dieselfde nie. Lise Swart vind uit hoe iemand hulle hart kan beskerm en hoe om aan te beweeg ná die verbrokkeling van 'n verhouding, veral wanneer die persone nie dieselfde voel nie....more25minPlay
January 04, 2019Wie is ek?Saam met 'n nuwe jaar kom nuwe uitdagings, nie net vir volwassenes nie, maar ook vir kinders. Hoe kan ouers hulle kinders bystaan om die nuwe skooljaar met selfvertroue aan te pak? Lise Swart praat met twee sielkundiges gesels oor selfvertroue, kommunikasie en probleemoplossing met boelies, stres en angs....more25minPlay
December 28, 2018Wie is ek?Lise Swart vind uit of nuwejaarsvoornemens nodig is, hoe om dit te volg, en om te besluit wát jou nuwejaarsvoornemens moet wees. Daar is praktiese raad oor hoe om probleemareas te identifiseer en hoe om voornemens deur te voer....more25minPlay
December 21, 2018Wie is ek?Daar word gedurig grappies gemaak oor skoonouers, maar wêreldwyd is hulle soms die hoofrede vir die maak of breek van 'n huwelik. Lise Swart kry raad oor die hantering van die algemeenste probleme wat verhoudingsmaats met hulle skoonouers kan ervaar....more25minPlay
December 14, 2018Wie is ek?Lise Swart bespreek twee luisteraarsbriewe oor hoe jy jouself sien en ervaar, en watter invloed dit op jou verhoudings, beroep en geliefdes het....more25minPlay
December 07, 2018Wie is ek?Hoekom kan 'n slagoffer van mishandeling nie sommer net wegstap nie? Hoekom is die sterftesyfers van mishandeling in 'n verhouding so hoog? Hoe kan iemand 'n keuse maak wat 'n verskil kan maak?...more25minPlay
November 30, 2018Wie is ek?Lise Swart vind meer uit oor die langtermyn uitwerking wat oormatige beheer deur ouers op hulle kinders het. Hoe affekteer dit die ouer/kind verhouding en hoe laat dit 'n kind voel as hy nie besluite oor sy eie lewe mag neem nie....more25minPlay
November 23, 2018Wie is ek?Lise Swart vind meer uit van die “toetsing” of assessering van 'n persoon met 'n moontlike demensiediagnose. Verkeerde diagnoses bestaan, en ongepaste medikasie word aan pasiënte gegee, so die assesseringsproses is in die meeste gevalle van kardinale belang....more25minPlay
November 16, 2018Wie is ek?Die meeste mense sou graag meer selfvertroue wou gehad het in verskeie omstandighede. Is daar 'n manier hoe jy kan aanleer om selfvertroue na te boots? Waar pas jou selfbeeld in die prentjie in? Lise Swart kyk na maniere om selfvertroue en selfbeeld te verbeter....more25minPlay
November 09, 2018Wie is ek?Almal in Suid-Afrika word daagliks aan die een of ander vorm van trauma blootgestel, of dit nou direk of indirek is. Ons lees daarvan, geliefdes gaan daardeur en ons is konstant in afwagting. Watter uitwerking het dit op 'n emosionele en sielkundige vlak? Lise Swart vind meer uit oor trauma, posttraumatiese-stres en die hantering en verwerking daarvan....more25minPlay
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 616 episodes available.