Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.... more
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 616 episodes available.
August 24, 2018Wie is ek?'n Demensie-diagnose is lewensveranderend vir soweldie individu as hulle geliefdes, maar hoe kan die versorger verseker wees dat hulle die beste gee wat hulle moontlik kan? Hoekom is ondersteuning noodsaaklik vir 'n versorger?...more25minPlay
August 16, 2018Wie is ek?Vermoed jy jou kind is onnodig angstig oor die wêreld om hulle? Byvoorbeeld, wil hulle die hele tyd weet wat die volgende dag gaan gebeur, of móet hulle klere altyd reggesit wees, of is hulle te bang om skool toe te gaan? Angstigheid onder kinders is besig om wêreldwyd 'n probleem te word vir sowel ouers as kinders. Lise Swart vind uit hoe ouers 'n kind se angstigheid kan leer bestuur, en hoekom dit belangrik is....more25minPlay
August 09, 2018Wie is ek?Wat is die verskil tussen 'n narsistiese-persoonlikheidsversteuring en iemand wat selfsugtig of selfgesentreerd optree? Dink jy jou verhoudingsmaat is dalk 'n narsis? Watter rol speel jy in hoe jou lewensmaat hulle narsistiese neigings uitleef?...more25minPlay
August 03, 2018Wie is ek?Is jy gediagnoseer met 'n sielkundige toestand, maar jy is te bang om vir jou werkgewer daarvan te vertel? Is jy bang jy kan moontlik jou werk verloor, of hoe jy hanteer gaan word? Is jy 'n werkgewer wat nie seker is hoe om personeel met sielkundige diagnoses te hanteer nie? Lise Swart kyk na albei partye se perspektief, en hoe om die situasie te benader....more23minPlay
July 27, 2018Wie is ek?Daar word gereeld veryws na die druk wat tieners deesdae ervaar, hetsy van die skool, ouers of van hulleself. Lise Swart praat met kliniese sielkundige Louis Awerbuck oor die indentifisering van te veel druk, die effek en die hantering daarvan....more23minPlay
July 20, 2018Wie is ek?Wat is die verskil tussen 'n kind met gedragsprobleme en 'n stout kind (of 'n kind wat kanse vat)? Wat is die emosionele implikasies vir 'n kind met gedragsprobleme, of 'n kind wat hanteer word asof hulle gedragsprobleme het?...more25minPlay
July 13, 2018Wie is ek?So verskriklik soos wat dit is, word almal in Suid-Afrika blootgestel daaglikse aan trauma bootgestel weens misdaad en geweld. Ons hoor dit op die radio, lees daaroor in koerante, en sommige ervaar dit persoonlik of deur geliefdes. Posttraumatiese stres en sekondêre posttraumatiese stres is 'n realiteit, maar hoekom word sekere mense meer daardeur geraak as ander? Hoe kan jy voor die tyd weet hoe traumasensitief jy is? Hoekom is dit enigsins nodig om bewus te wees daarvan?...more25minPlay
July 06, 2018Wie is ek?Lise Swart sit die gesprek voort met sielkundige Christine Nell oor mede-afhanklikes. Hoekom kan mense hulle identiteit kan verloor en afhanklik raak van iemand anders? Hoe raak dit verhoudings? Hoe kan 'n persoon aanleer om meer verantwoordelikheid te neem vir hulle eie keuses, emosies en gedrag?...more25minPlay
June 29, 2018Wie is ek?Is jy in 'n verhouding waar jy voel jou maat verwag van jou om alles vir hulle doen en op alle vlakke vir hulle emosioneel te moet bystaan? Is jy dalk in 'n verhouding met 'n mede-afhanklike? Hoor wat 'n mede-afhanklike is, hoe hulle kan aanleer om eie verantwoordelikheid te neem, en hoekom mense afhanklik raak van ander....more25minPlay
June 22, 2018Wie is ek?Die meeste mense is bewus van depressie, en die gevolge wat dit vir 'n persoon kan inhou, maar selfs diegene wat al jare lank met die siekte veg, kan nog daardeur oorweldig word. Lise Swart kyk na die tekens van depressie wat baie keer misgekyk word. Daar word ook raad gegee oor post-natale depressie....more25minPlay
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 616 episodes available.