Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.... more
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 647 episodes available.
June 14, 2019Wie is ek?Volgens die DSM5 ervaar 5% van alle vroue maandeliks premenstrueel-disforiese steuring. Tog word daar aanvaar dat die persentasie baie hoër is, omdat die meeste vroue (en selfs dokters), nie eens bewus is van die diagnose nie. In die episode gaan daar gekyk word na die simptome, die sielkundige effek en die behandeling van hierdie onbekende dog lewensveranderende versteuring....more25minPlay
June 07, 2019Wie is ek?Al hoe meer kinders word gediagnoseer met AGHS (ADHD). Hoekom? Waar lê die probleem? Wat beteken hierdie diagnose, en wat is die implikasies wanneer ouers dit ignoreer? Lise Swart kyk na die jongste navorsing, en hoekom 'n volledige assessering so noodsaaklik is....more25minPlay
May 31, 2019Wie is ek?Is jy 'n man of 'n vrou? Hoe weet jy met watter geslag jy identifiseer? Verskil die geslag waarmee jy identifiseer met jou fisieke geslag? Lise Swart kyk na geslagsindentifisering, transgender en die sielkundige implikasies wanneer die samelewing vir jou sê jou ervaring is verkeerd....more25minPlay
May 23, 2019Wie is ek?Lise Swart praat met 'n sielkundige oor intieme en seksuele verhoudings wat ontstaan tussen verhoudingsmaats en 'n skoonouer. Hulle kyk na die moontlike redes hoekom dit kan plaasvind, wat grense beteken, en hoe geen-grense verhoudings en families kan verskeur....more25minPlay
May 17, 2019Wie is ek?Bulimie en anoreksie word meeste van die tyd geassosieer met tieners, maar wêreldwyd is die getal besig om te styg onder mans en vroue van alle ouderdomme. Wat veroorsaak hierdie obsessie met gewig, kos en voorkoms, en wat is die oplossing?...more25minPlay
May 10, 2019Wie is ek?Akteur en vervaardiger Pietie Beyers vertel hoe dit is om saam te leef met obsessief-kompulsiewe steurnis. Kliniese sielkundige Louis Awerbuck verduidelik wat hierdie toestand is, en hoe dit mense se lewe kan oorneem....more25minPlay
May 03, 2019Wie is ek?Sowel kinders as volwassenes ervaar paniekaanvalle, maar min mense besef 'n persoon se lyf probeer 'n sekere boodskap oordra deur paniekaanvalle. Wat is daardie boodskap?...more25minPlay
April 26, 2019Wie is ek?'n Traumatiese gebeurtenis word nie net gekoppel aan situasies waar geweld, misdaad of moord plaasvind nie. Trauma kan ook veroorsaak word op 'n sielkundige vlak deur bv. aanhoudende verwerping, of gebeure uit jou kinderdae. Hoe affekteer trauma ons, en en hoe kan jy dit identifiseer en hanteer?...more25minPlay
April 12, 2019Wie is ek?Wanneer ons dink aan 'n boelie, sien die meeste van ons kinders op 'n speelgrond wat lelik is met mekaar, maar boeliegedrag kom ook onder volwassenes voor. Mense word gereeld by die werk, in verhoudings en selfs deur familie geboelie.Hoe kan die boeliegedrag gestop word?...more25minPlay
April 05, 2019Wie is ek?Ons gaan almal eendag die stap moet doen, en ophou om te werk. Lise Swart en haar gas, kliniese sielkundige Anton Böhmer, kyk na die emosionele uitwerking van aftrede....more25minPlay
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 647 episodes available.