Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.... more
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 616 episodes available.
June 15, 2018Wie is ek?Ons almal het 'n verhouding met seks, selfs al is jy enkellopend. Seks is deel van volwassene wees, so dit is nodig om te kyk na jou eie verhouding om meer van jouself te verstaan, veral wanneer dit jou lewe of lewenskwaliteit beïnvloed, want jy hou te veel van seks of jy hou te min daarvan. Wat is jóú verhouding met seks?...more23minPlay
June 08, 2018Wie is ek?Ons almal ervaar daagliks emosies, soos woede of hartseer of geluk. Maar soms kan ons emosies ons lewe en lewenskwaliteit oorneem. Lise Swart vind meer uit oor emosies en hoe om dit te bestuur....more23minPlay
June 01, 2018Wie is ek?Wanneer iemand sukkel met een of al drie van konsentrasie, geheue en slaappatrone, kan dit 'n teken wees dat iets dalk op 'n emosionele vlak verkeerd is. Kry raad oor hoe om die tekens raak te sien....more25minPlay
May 25, 2018Wie is ek?Almal se konsentrasie word van tyd tot tyd geaffekteer, so ook jou slaappatroon en geheue. Maar wat kan moontlik verkeerd wees as al drie oor 'n lang tydperk geaffekteer word? Hoor hoe om hierdie drie aspekte te toets, en om raad te kry om dit te verbeter....more25minPlay
May 18, 2018Wie is ek?Meer as driemiljoen kinders tussen die ouderdomme van sewe en 19 word elke jaar in Suid-Afrika geboelie. Louis Awerbach het raad vir ouers oor hoe om nie net die afknouery te stop, en hulle kind vaardighede aan te leer om vir hulleself op te staan nie, maar ook hoe om die emosionele uitwerking daarvan te beperk....more23minPlay
May 11, 2018Wie is ek?Of jy van alkohol hou of dit haat, ons almal het 'n verhouding met alkohol. Met die hoë voorkoms van alkoholmisbruik in Suid-Afrika is dit nodig dat ons almal dink oor hierdie verhouding. Lise Swart praat verder met twee ervare sielkundiges oor hierdie verhouding, hoe jy dit beter kan verstaan, en hoe jy ander kan help indien daar probleme is....more25minPlay
May 04, 2018Wie is ek?Die gebruik van alkohol speel 'n groot rol in die Westerse wêreld. Daar is mense wat baie lief is vir alkohol, mense wat dit haat en mense wat neutraal is daaroor. Wat is jou verhouding met hierdie substans, en hoe affekteer dit jou lewenskwaliteit?...more25minPlay
April 26, 2018Wie is ek?Lise Swart praat met vier sielkundiges oor die voor- en nadele van 'n verhouding met jouself – die basis van alle suksesvolle verhoudings. Kan jy 'n sukses van ander verhoudings maak sonder 'n verhouding met die self?...more25minPlay
April 20, 2018Wie is ek?Wanneer ons die woord, verhouding, hoor dink ons outomaties aan 'n liefdesverhouding, maar wat van die verhouding met jou kollegas of familie en selfs jou verhouding met kos? Volgens die menslike wetenskap is die basis van hierdie verhoudings jou verhouding met jouself....more25minPlay
April 13, 2018Wie is ek?Hoe oorreed 'n geliefdes om vir professionele hulp te gaan? Hoe kan ek my selfvertroue verbeter nadat dit as kind geknak is?...more23minPlay
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 616 episodes available.