Learn Afrikaans with AfrikaansPod101!
Don't forget to stop by AfrikaansPod101.com for more great Afrikaans Language Learning Resources!
-------Lesson Dialog-------
----Formal ----
Die Tuinroete strek van die Stormsrivier tot Mosselbaai in Suid-Afrika.
Dis 'n pad wat pragtige uitsig bied van grasgroen plantegroei en natuurlike skoonheid in 'n wye reeks diverse vorme van natuurtonele.
Onder die uiteenlopende agtergronde wat gevind kan word langs die Tuinroete is strandmere en vleilande, strande, mere en groot dorpe.
George is die pad se grootste stad en ook die hoof administratiewe sentrum.
Ander groot dorpe en stede langs die roete is Nature's Valley, Plettenbergbaai en Knysna.
Daar is ook 'n baie heterogene mengsel van diere langs die Tuinroete, wat dit perfek maak vir natuurliefhebbers, stappers en enigeen wat wil ontspan en die rustige omgewing wil ervaar.
Die Tuinroete grens aan die Tsitsikamma en Outeniekwaberge en loop sywaarts na die Indiese Oseaan.
Die inheemse woude van die twee berge hou eko-toerisme aktiwiteite en staproetes waar daar veelvuldige soorte van verskillende voëls is.
Daar is ook tien natuurreservate wat die tallose ekosisteme huisves wat gevind word al langs die Tuinroete.
Die kuslyn van die Indiese Oseaan is ook 'n kosbare vonds van natuurlike skoonheid met sagte koraalriwwe, robbe, dolfyne en ander seelewe.
Die "Garden Path" is ook een van die min plekke in die wêreld waar die bedreigde Southern Right Walvis gesien kan word, aangesien die walvisse soontoe reis om te kalf tussen Julie en Desember.
----Formal English----
The Garden Route stretches from the Storms River to Mossel Bay in South Africa.
It's a path that offers spectacular views of verdant vegetation and natural beauty in a wide array of sundry landscape types.
Among the disparate settings that can be found along the Garden Route are lagoons and wetland areas, beaches, lakes, and large towns.
George is the pathway's biggest city and also its main administrative center.
Other large towns and cities along the way are Nature's Valley, Plettenberg Bay and Knysna.
There is also a very heterogeneous mix of animals along the Garden Route, making it perfect for nature lovers, hikers, and anyone who wants to relax and take in tranquil settings.
The Garden Route abuts the Tsitsikamma and Outeniqua Mountains and runs laterally to the Indian Ocean.
The indigenous forests of the two mountains hold eco-tourism activities and hiking trails where a manifold of different types of birds.
There are also ten nature preserves housing the myriad of ecosystems that are found along the Garden Route.
The Indian Ocean shoreline is also a treasure trove of natural beauty with soft coral reefs, seals, dolphins, and other marine life.
The Garden Path is also one of the few places in the world where the endangered Southern Right Whale can be seen, as the whales travel there to calve between July and December.
---------------------------
Learn Afrikaans with AfrikaansPod101!
Don't forget to stop by AfrikaansPod101.com for more great Afrikaans Language Learning Resources!