Learn Afrikaans with AfrikaansPod101!
Don't forget to stop by AfrikaansPod101.com for more great Afrikaans Language Learning Resources!
-------Lesson Dialog-------
----Formal ----
The Cry of Winnie Mandela is 'n roman wat Winnie Mandela se lewensverhaal vertel.
Njabulo S. Ndebele het die hoogs aangeskrewe roman geskryf, wat gepubliseer is in 2003.
Die boek is gefokus op vier "gewone" en "onopvallende" vrouens wat almal tyd spandeer het om te wag vir die terugkeer van hul mans.
Die privaat verhale van hul vergelykbare aardse lewens beantwoord aan die verhale van Winnie Mandela, die vrou van voormalige Suid-Afrikaanse President Nelson Mandela, en Penelope, die vrou van Odysseus uit die ou Griekse mitologie.
Penelope se gewag vir en hunkering na Odysseus het agtien jaar geduur, terwyl Winnie se gewag voortgesleep het vir sewe-en-twintig jaar.
Die vrouens in die boek oorweeg waarom hulle gewag het vir hul mans en wat hul nuttelose gewag aan hulle gedoen het.
Die resultaat is 'n paar verontrustende virtuele dialoë tussen die vier vrouens en Penelope en Winnie.
Die aard van hierdie vrouens se gewag is heeltemal anders, aangesien een man haar wesenlik verstoot het deur te gaan werk by 'n myn en daar te vestig om 'n nuwe gesin te begin, terwyl 'n ander oorsee gegaan het om medies te studeer.
Die derde het gegaan van aktief wees in politiek tot verdwyning terwyl hy in ballingskap was en toe gevange gehou is op Robbeneiland.
Al vier mans het uiteindelik hul eie paadjie geloop, onwillig om terug te keer na waar hulle voorheen was en hul vrouens weggesmyt.
Die eerste helfte van die roman vertel hul stories, terwyl die tweede een 'n stem gee aan hul lyding en gedagtes wanneer die vrouens Winnie en Penelope toespreek.
Winnie word ook 'n stem gegee, in reaksie op die vrouens en hul gedagtes en stories.
----Formal English----
The Cry of Winnie Mandela is a novel that tells Winnie Mandela's life story.
Njabulo S. Ndebele wrote the highly acclaimed novel, which was published in 2003.
The book is concentrated on four "ordinary" and "unremarkable" women who all spent time waiting for the return of their men.
The private stories of their comparably mundane lives are measured up to the stories of Winnie Mandela, the wife of former South African President Nelson Mandela, and Penelope, the wife of Odysseus from ancient Greek mythology.
Penelope's wait and yearning for Odysseus lasted eighteen years, while Winnie's wait dragged on for twenty-seven years.
The women in the book consider why they waited for their men and what their fruitless waiting did to them.
The result is some haunting virtual dialogues among the four women and Penelope and Winnie.
The nature of these women's waiting is quite different, as one husband essentially disowned her by going to work at a mine and settling down there to start a new family, while another traveled abroad to study medicine.
The third went from being active politically to disappearing while in exile and then imprisoned on Robben Island.
All four men ended up going their own ways, being loath to return to where they were before and discarding their women.
The first half of the novel tells their stories, while the second one gives voice to their suffering and thoughts as the women address Winnie and Penelope.
Winnie is also given a voice as well, responding to the women and their thoughts and stories.
---------------------------
Learn Afrikaans with AfrikaansPod101!
Don't forget to stop by AfrikaansPod101.com for more great Afrikaans Language Learning Resources!