
Sign up to save your podcasts
Or


Ek het gister gesê dat ekonomiese groei die gety is wat alle bote lig – die oplossing vir meeste van ons probleme – maar wat was hierdie jaar die drywers van groei, en wat kan ons in 2023 verwag?
Daar is natuurlik groei-teorieë en empiriese navorsing oor wat ekonomiese groei bepaal, maar vandag wil ek vinnig praat oor drywers aan die bestedingskant van die ekonomie: huishoudings se verbruiksbesteding, besighede se investering, owerheidsbesteding en netto uitvoer.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
I said yesterday that economic growth is the tide that lifts all boats - the solution to most of our problems - but what were the drivers of growth this year, and what can we expect in 2023?
There are of course growth theories and empirical research on what determines economic growth, but today I want to quickly talk about drivers on the spending side of the economy: household consumption spending, business investment, government spending and net exports.
* The Economics Minute is supported by the NWU Business School.
Ek wil graag hierdie week Die Ekonomie Minuut afsluit vir die jaar met ʼn opsomming van die hoogtepunte, laagtepunte en alles tussenin wat die nuus gehaal het. As jy die afgelope jaar saam geluister het sal jy weet dat ons nie intyds weet hoe dit met die ekonomie gaan nie. Die amptelike aanwysers is na ʼn lang sloering eers beskikbaar en tussendeur soek ons vir leidrade oor die stand van ekonomiese groei, inflasie en werkskepping. Ek het baie gepraat oor rentekoerse, oor hoe die VSA se ekonomie vaar, oor beurtkrag en die fiskale posisie. Vandag wil ek net gou weer sê hoekom dit ons almal raak.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
This week I would like to finish The Economics Minute for the year with a summary of the highs the lows and everything in between that made the news. If you have been listening along for the past year, you will know that we do not know how the economy is doing in real time. The official indicators are only available after a long lag and in the meantime, we are looking at different indicators for clues about the state of economic growth, inflation and job creation. I talked a lot about interest rates, about how the US economy is doing, about load shedding and the fiscal position. Today I just want to quickly say again why it affects us all.
* The Economics Minute is supported by the NWU Business School.
This week's positive news on economic growth covered the third quarter, July, August and September, but it is difficult to interpret the confidence indices for the fourth quarter. ABSA and the Bureau of Economic Research's survey of manufacturers finds that business confidence is unchanged. The index stands at 26 points, below the long-term average of 39 points. In contrast, FNB and the Bureau's consumer confidence index improved from -25 to -8 points. This is still in negative territory, but a big improvement from the third quarter and similar to the fourth quarter of last year. How do we understand this?
* The Economics Minute is supported by the NWU Business School.
Hierdie week se positiewe nuus oor ekonomiese groei het oor die derde kwartaal gegaan, Julie, Augustus en September, maar dit is moeilik om die vertroue-indekse vir die vierde kwartaal te interpreteer. ABSA en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se opname onder vervaardigers vind dat sakevertroue onveranderd is. Die indeks staan op 26 punte, onder die langtermyn gemiddeld van 39 punte. Daar teenoor het FNB en die Buro se verbruikersvertroue-indeks verbeter van -25 tot -8 punte. Dit is nog in negatiewe terrein, maar ʼn groot verbetering vanaf die derde kwartaal en soortgelyk aan die vierde kwartaal van verlede jaar. Hoe verstaan ons hierdie?
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Die landbou-sektor was die toppresteerder van gister se ekonomiese groeisyfers. Landbou maak in ʼn totaal ʼn klein deel uit van die ekonomie, net 2% van die BBP, maar dit het ʼn derde van groei van 1,6% bygedra. Die waarde van produksie het met 19% gegroei in die derde kwartaal. Die sektor verteenwoordig 5,5% van totale indiensname, en daardie 873 000 werksgeleenthede is 5% meer as verlede jaar. Dit is veral gesaaides, groente en vrugte wat bygedra het tot die sektor se veerkragtigheid. Die waarde van uitvoer het in die eerste agt maande van die jaar 8,9 miljard dollar beloop.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
The agricultural sector was the top performer of yesterday's economic growth figures. Agriculture makes up a small part of the economy in total, just 2% of GDP, but it contributed a third of the growth of 1.6%. The value of production grew by 19% in the third quarter. The sector represents 5.5% of total employment, and those 873,000 jobs are 5% more than last year. It is specifically field crops, vegetables and fruit that have contributed to the sector's resilience. The value of exports amounted to 8.9 billion dollars in the first eight months of the year.
* The Economics Minute is supported by the NWU Business School.
Yesterday's economic growth figure for the third quarter surprised friend and foe alike. The Reserve Bank predicted 0.4% growth, other economists 0.6 or 0.7% and nobody saw 1.6% growth coming.
* The Economics Minute is supported by the NWU Business School.
Gister se ekonomiese groeisyfer vir die derde kwartaal het vriend en vyand verras. Die Reserwebank het 0,4% groei voorspel, ander ekonome 0,6 of 0,7% en niemand het 1,6% groei sien kom nie.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.