Die ekonomie minuut

Die ekonomie minuut

By Waldo KrugellBusiness
Download on the App Store

All Die ekonomie minuut episodes

  • Bring vir my ook 'n kettingsaag

    Hierdie episode gaan nie oor President Trump se tariewe nie. Ek wil eerder gesels oor die gedagte van ʼn hersiening van owerheidsbesteding. Mense sal maklik sê ons het ook ʼn DOGE nodig. Ek wonder wat ons kan leer by Argentinië se President Milei.

    Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

    4 min
  • Begrotingsdrama en Trump tariewe

    Na uitgerekte onderhandelinge en debat is die Begrotingsraamwerk goed gekeur sonder die DA se steun en President Trump stel toe daardie tariewe in.

    Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics

    8 min
  • Beleidsonsekerheid nou

    Hierdie week is ’n goeie tyd om oor beleidsonsekerheid te praat — iets waarop ekonome altyd let. Onsekerheid, in ons wêreld, beteken dat mens nie altyd weet wat die waarskynlikheid van die uitkomste van sekere besluite of gebeure is nie. En soms weet ons nie eers wat die moontlike uitkomste kan wees nie. Hierdie week stem die Suid-Afrikaanse parlement oor die nasionale begroting. Terselfdertyd is daar toenemende bekommernisse wêreldwyd, met president Trump wat moontlik ’n handelsoorlog aan die gang sit deur nuwe tariewe op ingevoerde voertuie. Die Beleidsonsekerheidsindeks, van die NWU, is op ’n historiese hoogtepunt vir die eerste kwartaal van die jaar.

    Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

    6 min
  • Wat wys die aanwysers

    Die einde van die eerste kwartaal beteken ongelukkig nie dat ons al veel van ʼn prentjie het van hoe die ekonomie vaar in 2025 nie, maar daar is interessante aanwysers waaroor ek graag wil gesels.

    Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

    4 min
  • Hoe die verlies van AGOA kan uitspeel

    Daar is heelwat onsekerheid oor die toekoms van AGOA en Suid-Afrika se plek daarin. ʼn Verlies van ons AGOA voordele sal uitvoer laat afneem en ekonomiese groei demp. In hierdie episode wil ek verduidelik wat AGOA is, watter bedrywe geraak word en hoe handel kan lyk sonder die ooreenkoms.

    Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

    5 min
  • Inflasie en die repo onveranderd

    Die inflasiekoers is onveranderd en die repokoers ongelukkig ook. Vandag wil ek gesels oor inflasie, rentekoerse en die wisselkoers.

    Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

    3 min
  • Hoe gaan dit met die ekonomie? En die week se repokoersbesluit...

    Die Begroting word nou bespreek in twee parlementêre komitees en daar is baie in die nuus oor ʼn moontlike fiskale anker. Daarby is Fitch nie so optimisties oor die stabilisering van die staatskuld soos die Minister is nie. Vandag wil ek egter praat oor hoe dit met die ekonomie gaan, inflasieverwagtinge en hierdie week se repokoersbesluit.

    Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

    4 min
  • Die opsies vir Begroting 2.0

    Hierdie Woensdag, 12 Maart, gaan die Minister van Finansies weer probeer om die Begrotingsrede te lewer. Dit is met drie weke uitgestel nadat daar te  veel teenkanting was teen ʼn voorgestelde 2 persentasiepunt verhoging van die BTW koers in die Regering van Nasionale Eenheid. In hierdie episode wil ek gesels oor die Begroting 2.0.

    Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

    5 min
  • BBP groeisyfers en sakevertroue

    In hierdie episode gesels ek oor 2024 se ekonomiese groeisyfer en die eerste kwartaal se Sakevertroue-indekssyfer. Internasionaal is daar heelwat onsekerheid oor die impak van President Trump se tariewe. Die dollar en die olieprys is swakker. Die hersiende Begroting is aan die kabinet voorgelê maar dit is nog nie goedgekeur nie.

    Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

    4 min