Die ekonomie minuut

Die ekonomie minuut

By Waldo KrugellBusiness
Download on the App Store

All Die ekonomie minuut episodes

  • Begroting 2025: verwagtinge oor besteding

    Die Minister lewer Woensdag die Begrotingsrede en in die vorige episode het ek geargumenteer dat die belangrikste ding wat hy kan doen is om beleggersvertroue te ondersteun om so investering en ekonomiese groei te verhoog. ʼn Deel daarvan gaan oor waarop hy die staat se geld, wat eintlik die belastingbetaler se geld is, bestee. So hoe lyk die verwagtinge?

    Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek.

    3 min
  • Die minimumloon het komplekse gevolge

    Die minimumloon verhoog vanaf 1 Maart tot R28,79 per uur. Dit is ʼn 4,4% verhoging en presies die gemiddelde inflasiekoers van verlede jaar. Vir die werkers is die verhoging van die minimumloon goeie nuus want dit help om die koopkrag van hul loon te beskerm Burgerregte groepe sê die verhoging is te min en kleinsake sê dit is te veel. Maar wat sê die navorsing oor die impak van die minimumloon?

    Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

    3 min
  • Hervormings op munisipale vlak
    Ek dink die mees interessante deel van die staatsrede het gegaan oor plaaslike owerhede. Ons weet dat in baie munisipaliteite is dienslewering ʼn ramp en hulle skuld is ʼn risiko vir Eskom en die waterrade. Plaaslike owerheid hervormings is die fokus van fase twee van operasie Vulindlela en die President het gepraat vanaf ʼn nuwe witskrif tot investering en instandhouding.
    Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek.
    3 min
  • Mnr die president, verduidelik asb die geleentheidskoste

    In die aanloop na groot toesprake soos die Staatsrede en die Begrotingsrede hoop ons almal om iets te hoor. Ons almal ken die ekonomiese uitdagings wat die land in die gesig staar en hoop dat die President of Minister die keer ʼn plan op die tafel gaan sit. Ek sou graag ʼn in-diepte powerpoint aanbieding wou

    sien hoe ons vorder  met verskillende hervormings. Helaas is dit nie hoe staatsredes werk nie.

    2 min
  • Wat kan ons doen om produktiwiteit te verhoog?

    Stadige ekonomiese groei is seker die enkele grootste uitdaging wat Suid-Afrika in die gesig staar. Sonder groei kan ons niks doen aan ons ander probleme, soos werkloosheid, armoede, of ongelykheid nie. Daar is baie maniere om te dink oor die drywers van groei en een is dat produktiwiteit tel.

    Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

    2 min