
Sign up to save your podcasts
Or


Ontleders is dit eens dat die Monetêre Beleidskomitee more die repokoers met 25 basispunte gaan verlaag. Die verwagting is nog twee 25 basispunte verminderings vroeg volgende jaar, maar daarna is dinge onseker.
Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Analysts are in agreement that the Monetary Policy Committee will cut the repo rate by 25 basis points tomorrow. The expectation is two more 25 basis point reductions early next year, but after that things are uncertain.
This episode is supported by the NWU Business School.
Een van die redes vir S&P se positiewe vooruitsig vir Suid-Afrika se kredietgradering is dat hulle dink die Regering van Nasionale Eenheid kan hervorming deurvoer wat ekonomie groei sal verhoog. Dit is dinge soos die skep van ʼn elektrisiteitsmark en implementering van die vragvervoer en logistiek meesterplan. Maar as mens die koerant lees klink die proses baie keer soos twee tree vorentoe en een tree terug. Hoe hou mens spoor van of daar vordering is, of nie?
Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
One of the reasons for S&P's positive outlook for South
This episode is supported by the NWU Business School.
Die kredietgraderingsagentskap S&P het Vrydag die vooruitsig vir Suid-Afrika se gradering aangepas van stabiel na positief. Dit is nog nie ʼn opgradering nie, maar ʼn beweging in daardie rigting.
Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch en die NWU Sakeskool.
On Friday, the credit rating agency S&P adjusted the
This episode is supported by the Bureau of Economic Research in Stellenbosch and the NWU Business School.
As jy die laaste week die markte dopgehou het is dit duidelik dat die impak van die verkiesing van President Trump nog in die rand-dollar wisselkoers en die JSE sit. Die depresiasie gaan oor ʼn sterker dollar en die vraag is wat dit beteken vir ons brandstofprys, inflasie- en rentekoerse.
Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
If you have watched the markets in the last week, it is
This episode is supported by the NWU Business School.
Saam met gister se arbeidsmagopname data het Statistieke Suid-Afrika die kollig geplaas op die huiswerkers. Ongeveer 1,1 miljoen Suid-Afrikaners is in privaat huishoudings indiensgeneem en van hulle is 854 000 huiswerkers wat skoonmaak, kook, en kinders of bejaardes versorg. Dit is ʼn groep wat besonder kwesbaar is vir ʼn afswaai van die ekonomie.
Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Together with yesterday's labour force survey data,
This episode is supported by the NWU Business School.