Om netwerk infrastruktuurdienste soos elektrisiteitsvoorsiening, watervoorsiening en die spoorweë aan die werk te hou is van die belangrikste wat wat die regering kan doen om die ekonomie aan die gang te hou. Die privaatsektor raak toenemend betrokke, maar dit is meer en deels die regering se verantwoordelikheid. Die afgelope weke se beurtkrag, en die wateronderbrekings wat dit tot gevolg gehad het, wys hoe die owerheid misluk. Spoorweg infrastruktuur is oor baie jare afgeskeep en op baie plekke vernietig, en nou wil Transnet se werkers staak.