Statistieke Suid-Afrika het gister mynbouproduksiedata vir Julie vrygestel en dit wys dat produksie met 8,4% gekrimp het, vergeleke met Julie 2021. Dit was die sesde maand in 'n ry dat uitset gedaal het. Die maand-tot-maand veranderinge skets 'n effens meer positiewe prentjie. In Mei het produksie met 1,8% gestyg, in Junie het dit met 0,9% gekrimp en in Julie met 2,3% gestyg.