Een van die aanwysers van hoe dit met die ekonomie gaan is die sogenaamde leidende aanwyser van die sakesiklus. Die siklus kan in ʼn opswaai, piek, afswaai, of trog wees en die leidende aanwyser is ʼn voorspeller van die die siklus in die volgende 6 tot 12 maande kan beweeg. Die nuutste syfer het met op ʼn maand-tot-maand basis met 0,7% gedaal en oor die jaar, met 8,5%. Dit dui op ʼn ekonomiese afswaai teen volgende jaar.