Ons weet dat die ekonomie het met 1,2% gegroei in die tweede kwartaal. Ekonome se voorspellings van die groeikoers vir die hele jaar is uiteenlopend. Johan Els van Old Mutual voorspel 5,5% groei vir 2021, die Reserwebank het in Juliemaand gesê 4,2% en Investec reken dit kan 3,9% wees.
Prof Raymond Parsons maak die punt dat ons eintlik glad nie bekoomerd moet wees oor groei hierdie jaar nie. Die Covid-19 pandemie was ʼn vraag- en aanbodkant skok vir die ekonomie en selfs net ʼn gedeeltelike terugkeer na normaal gaan ʼn stewige groeikoers oplewer. Die moeilikheid is 2022 se groei. Waar sal die groei vandaan kom?