Julle het ook seker al opgemerk dat ʼn ekonoom nie sommer sal erken hy of sy is verras nie. As die repo koers dieselfde bly, styg, of daal sal een of ander ekonoom sê, nee wat, dit is al ingeprys deur die mark. Hierdie week se Monetêre beleidskomittee vergadering is een van daardie waar ekonome verwag dat die repokoers onveranderd sal bly, maar hulle ook fyn sal kyk vir leidrade vir wanneer die Reserwebank hulle beleid minder uitbreidend gaan maak en die repokoers begin verhoog.