Die ekonomie minuut

Die ekonomie minuut

By Waldo KrugellBusiness
Download on the App Store

Die ekonomie minuut episodes

  • Ongelykheid is laer en ander interessanthede uit die IES2023

    Statistieke Suid-Afrika het gister die resultate van die Opname van Inkomste en Besteding bekend gemaak. Hierdie is die 2023 opname en die eerste sedert 2015 en het belangrike gebruike. Byvoorbeeld, om armoedelyne te bereken, ongelykheid te bepaal en om die verbruikersprysmandjie op te dateer.

    Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

    3 min
  • Die onteieningswet

    Die Onteieningswet is nie die krisis wat sommige media bronne dit na laat klink nie., maar om dit nou te teken het gevolge vir beleidsonsekerheid.

    2 min
  • Dit is 'n week van rentekoersbesluite

    Hierdie is ʼn groot week vir rentekoersbesluite. Sentrale banke in Kanada en Brasilië, die Europese sentrale bank, Amerikaanse Fed, en ons Reserwe bank is aan die beurt.

    Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

    2 min
  • Voedselpryse is (afwaarts) stram

    Hierdie week se inflasiesyfer het gewys dat voedselprysinflasie nog laag is, maar die vlak van voedselpryse is ʼn teer punt vir verbruikers. Baie mense vra, as voedselprysinflasie laer is, en beurtkrag is verby, en brandstofpryse is laer, hoekom val pryse nie?

    2 min
  • Desembermaand se inflasiesyfer

    Statistieke Suid-Afrika het gister Desembermaand se verbruikersprys inflasiekoers bekend gemaak. Inflasie het gestug vanaf 2,9% in November tot 3,0% in Desember. Ek dink nie dit gaan ʼn groot invloed hê op volgende week se repokoers besluit nie.

    Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

    2 min
  • Die 4de kwartaal se aanwysers

    Die IMF het onlangs hulle vooruitskatting van Suid-Afrika se vol-jaar ekonomiese groeikoers afwaarts aangepas tot 0,8% vir 2024. Dit is eintlik ʼn storie van groei in die vierde kwartaal en die prentjie is nie baie duidelik nie.

    Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

    3 min
  • Die Minuut skop weer af

    Na ʼn lekker lang vakansie is die Minuut terug op die lug die week en daar is baie om oor te gesels. Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek is Stellenbosch en Codera Analytics is aan boord as episode borge.

    2 min
  • Jaareinde

    Dit is lekker om die jaar af te sluit met optimisme oor 2025. Mens het altyd hoop, maar dit is lekker om positief te wees oor die vooruitsigte vir lae inflasie en vinniger ekonomiese groei. Ek het ook ʼn paar goeie idees vir die Minuut, meer video, dalk ʼn nuusbrief. Maar eers gaan ek vakansie hou.

    2 min

About Die ekonomie minuut

From the publisher's feed

Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.

More shows like Die ekonomie minuut

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

18 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners