Na die goeie nuus oor motorverkope was daar vandag ook goeie nuus oor mynbou-produskie. Die uitset van die Suid-Afrikaanse mynwese het in Februariemaand vir die eerste keer in ʼn jaar toegneem. Dit is wel net ʼn 0,8% toename, maar dit is baie beter as Januariemaand se 8,4% afname. Dit was die produksie van ystererts, mangaan en nie-metaal minerale wat skerp toegeneem het. Goud en steenkoolproduksie het egter afgeneem in Februarie.