Verbruikers is sensitief vir prysverhogings en kom gou agter as hulle mandjie inkopies meer kos, maar hulle sien nie so vinnig ‘n verskil in gewig of volume raak nie. Wanneer die inflasiekoers hoog is, sal maatskappye eerder minder aanbied in kleiner verpakking as om pryse te verhoog. Ek het vroeër al gepraat oor hondekoekies, maar het die week eers gesien my gunsteling maak van grondboontjies en rosyntjies is nou in 450 gram pakkies. Dit is sogenaamde krimpflasie, maar dit is nie die einde van die storie nie.