Die NWU Sakeskool het Vrydag die nuutste beleidsonsekerheids-indekssyfer bekend gemaak en dit staan op die hoogste vlak ooit. Beleidsonsekerheid is wanneer daar onsekerheid is oor regeringsbeleid of die gevolge daarvan. Die voorbeelde is ongelukkig volop – byvoorbeeld, is die Suid-Afrikaanse regering toegewyd tot die oorgang na hernubare energie wat grootliks deur die privaatsektor opgewek word, of sien hulle steeds ʼn groot rol vir Eskom en steenkool in die toekoms? Navorsing wys dat onsekerheid veroorsaak dat investering uitgestel word en dit demp ekonomiese groei.