Die afgelope week het Solidariteit ʼn hofbevel verwelkom ná ʼn dringende aansoek oor die onaanvaarbare vertragings met die uitreiking van rooiseëlsertifikate, wat ambagslui weerhou om hul kwalifikasies ten volle te benut. In hierdie week se episode gesels Dirk met Stef Pretorius, koördineerder van Solidariteit se Ambagnetwerk, oor die hofbevel, wat dit vir ambagslui beteken en Solidariteit se rol in die proses vorentoe.