Die 30%-tariewe wat die VSA op Suid-Afrikaanse uitvoerprodukte wil hef, kan ʼn verwoestende uitwerking op ons land hê. Die ironie is dat die kwessie met ʼn politieke skikking opgelos kan word – wat die VSA graag wíl toestaan. Die bal is nou in president Ramaphosa se hande; wat gaan hy daarmee doen? Hierdie is nie ʼn onoplosbare probleem nie, maar die regering het ons gefaal. Kyk hierdie week se episode, waar Dirk met Jaco Kleynhans gesels oor die moontlikhede – en wat Solidariteit gaan doen om hierdie situasie te probeer ontlont.