Skoenmaker (of is dit eerder hoofstroommedia), hou jou by jou lees! Oor die jare heen het Solidariteit allerlei nuus oor ons doen en late, en dit wat in ons gemeenskap gebeur op verskillende maniere verpak. Maar soos wat ons gemeenskap se behoefte om nuus in te neem verander, moet ons manier van nuus deel ook verander. Dirk gesels in hierdie episode met Pieter Jordaan oor hoe ons ons eie nuus- en mediageleenthede skep, en hoekom ons die nuus wat ons lewer meer geloofwaardig beskou word as dié van die hoofstroommedia. Kyk hierdie week se episode en gesels saam in die kommentare.
[0:00] Inleiding oor alternatiewe media[1:00] Die skuif van tradisionele media na alternatiewe media.[3:00] Solidariteit se mediastrategie en die platforms wat gebruik word.[6:50] Die sukses van 'n Solidariteit-podsending.[9:17] Die balans tussen voorspraak en geloofwaardigheid[13:35] Toekomstige mediaplanne en betrokkenheid[16:03] Gemeenskapsmedia, vir die gemeenskap