Solidariteit, saam met die Solidariteit Beweging en AfriForum, lê ʼn besoek aan die VSA af. Dirk en Jaco gesels oor wat die Amerikaanse regering se gevoel oor Suid-Afrikaners is, en hoekom die Amerikaners so kwaad is vir die ANC. Dit is ons plig om met die buiteland te skakel en om op te tree volgens die vereistes van die Verenigde Nasies. Kyk hierdie podsending uit die VSA om na die res van Dirk en Jaco se gesprek te luister.