Eensgesind Klanklêers

Eensgesind Klanklêers

By Eensgesind KlanklêersSociety & CultureHistory
Download on the App Store

Eensgesind Klanklêers episodes

  • Die mistieke wêreld: Net ʼn gewone, alledaagse gesprek oor spokery
    Hoe klink die liedjie nou weer? “Dis nie my spook nie, dis nie jou spook nie, dis ʼn ander man se spook wat julle oor stry!”
    Spoke is inderwaarheid nie volksvreemd nie.  Spookgelowe is ook nie ʼn Europese invoerproduk nie. Natuurlik het ander Suid-Afrikaanse gemeenskappe opvattings oor wesens wat in die nag rondsweef en reisigers in die donker kan laat struikel. Kyk net hoeveel poniekoerante publiseer stories oor slagoffers wat towerkuns of spokery vir hul teenspoed blameer. Suid-Afrika wemel van spookstories en spesifieke plekke waar spoke teengekom is.

    Spookgelowe maak selfs verskillende maatskappye elke jaar ryker. ʼn Spooktoer nou en dan is al wat nodig is om die lagspiere goeie oefening te gee, of om die senuwees te toets. Maatskappye in Edinburgh, Skotland, is aand na aand bespreek vir tot vyf toere per aand om mense na plekke te neem waar dit stikdonker is en waar skokkende gebeurtenisse eens plaasgevind het. Die toeriste is gaande daaroor! Op soek na die onbekende, die makabere en die onverklaarbare - dit maak mos die lewe interessant!

    Dit is hoekom die ouer generasies dalk “stoepstories” oor spoke vir die penkoppe en drawwertjies vertel het, veral toe die aande lank geword het. Daar is wel gevalle waar 'n mens, skepties of nie, nie presies weet of die gerug van goëlery en ander bonatuurlike gebeure waar is of nie. Hierdie opname is hopelik die voorloper van toekomstige gesprekke oor die interessante onderwerp. Dit is meer as net 'n stoepstorie; hierdie opname word hopelik beskou as die poort na kultuurhistoriese besinning oor die geeste wat "kastig" om ons beweeg...

    55 min
  • Die besonderse lewe van Johanna Brandt: Eensgesind gesels met Anna le Grange
    'n Rede uit die Verlede-episode
    Historici wat fokus op gender-geskiedenis argumenteer dat die rol van vroue in historiese konteks te lank deur navorsers geïgnoreer was. 'n Mens kan daarmee saamstem wanneer die biografie van Johanna Brandt bestudeer word. Anna le Grange, 'n Meestersgraadstudent aan die Noordwes-Universiteit, het so pas haar navorsing oor Johanna Brandt voltooi. Haar werk stel hierdie besonderse vrou in 'n nuwe perspektief, maar laat Le Grange self verder oor Brandt vertel (in skrif en via die amptelike Eensgesind-opname):

    Wanneer die naam "Johanna Brandt" genoem word, flits terme soos "profeet", "spioen", "geneser" en "predikantsvrou" dikwels deur 'n mens se gedagtes. Dit is egter belangrik om die historiese figuur agter hierdie persepsies in gedagte te hou. Dit was die doel van my navorsing oor Johanna Brandt, of Johanna Brandt-Van Warmelo, soos sy na haarself verwys het.
    Van Kindsbeen tot Patriot

    Johanna is op 18 November 1876 in Heidelberg gebore. Sy was die vierde kind van Nicolaas Jacobus van Warmelo en Maria Magdalena Elizabeth van Warmelo (n. Maré). Nicolaas van Warmelo is oorspronklik van Nederland, maar het in 1862 begin met predikantswerk binne die Hervormde Kerk van Suid-Afrika. Die feit dat Johanna se vader van Nederland afkomstig was, het haar mening oor Nederland duidelik van ʼn jong ouderdom af gevorm.

    Sy is later ook self met ʼn Nederlander, Louis Brandt, getroud. Johanna se moeder stam uit ʼn lang bloedlyn Afrikanerpioniers wat uiteindelik die atmosfeer geskep het vir Johanna om ʼn sterk proto-nasionalistiese en nasionalistiese sentiment vir die Afrikanervolk en Afrikanertradisies te koester. Onder die invloed van sy vrou het Nicolaas van Warmelo ook sterk opvattings oor die Boere gevorm. Tydens die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) het Johanna se vader as ‘n groot patriot vir die Boere opgetree. Dit het uiteindelik ook ʼn invloed gehad op die kinders in die Van Warmelo-huis, aangesien hulle jongste dogter, Johanna, dieselfde sentimente in haar vroeë volwassenheid gekoester het.

    Hoewel Johanna vandag geken word vir haar twee groot profetiese publikasies, Millennium (1918) en The Paraclete, or Coming World Mother (1936), en haar mediese skrywes oor die genesing van kanker, Die Druiwekuur (1948), is daar verskeie fasette van hierdie historiese figuur wat in ag geneem moet word. Die studie oor Johanna het verskeie elemente van hierdie historiese figuur geopenbaar -  die belangrikste is dat sy 'n groot liefde vir haar medevolksgenote gehad het. Sy het op haar eie manier 'n bydrae gelewer tot die vorming van 'n nasionale bewussyn onder die Afrikaner -  'n nasionale bewussyn wat uiteindelik met die 1948-verkiesing 'n piek sou bereik.
    Lewe na die Anglo-Boereoorlog (1899-1902)
    Johanna het na die ABO by verskeie maatskaplike opheffingsinisiatiewe betrokke geraak. Hoewel sy in 1902 na Nederland vertrek het om daar met Louis Brandt te gaan trou, het sy haar man voortdurend  herinner aan die naoorlogse nood in Suid-Afrika. 'n Groot aantal Afrikaners het ná die oorlog verstedelik. In hierdie vroeë stadiums van industrialisasie, gepaard met die naoorlogse opbou, het grootskaalse armoede in die stede geheers.  Van die blanke armoede was werklik ernstige Afrikanerarmoede. Hierdie besef het veral onder kerkleiers en leraars posgevat soos Louis en Johanna, as Hervormde predikant en predikantsvrou. Die armblankeprobleem het Afrikaneridentiteit en behoefte aan nasionalisme te verskerp. Binne hierdie erge armoede in die stede het Johanna haar nasionalisme laat uiting vind deur maatskaplik betrokke te raak by armoedeverligting deur middel van organisasies soos die SAVF en die Vroue Nasionale Party. Na 1916 neem haar maatskaplike betrokkenheid egter af, maar dit wat tussen 1899 en 1916 vir die Afrikaner bereik is in terme van armoedeverligting en algemene maatskaplike betrokkenheid, kan nie ontken word nie.
    1 hr 19 min
  • Sapmok

    In hierdie tweede episode van Shoptalk gesels ons met Werner Winterboer. Werner is aan die stuur van Sapmok, 'n vervaardiger en verkoper van Suid-Afrikaanse veldskoene, oftewel vellies.

    Werner vertel ons van die ontstaan en verhaal agter die handelsmerk, sy toekomsplanne vir Sapmok en die velliebedryf in die algemeen. Ons raak verder aan Werner se persoonlike ervarings, besigheidslesse en interessante staaltjies (waarvan hy baie het!)

    Werner se liefde vir wildbewaring, reis, Afrika, Suid-Afrika en Pretoria, is inspirerend en 'n mens kan nie anders as om aan die einde van die episode graag jou eie avonture in 'n paar Sapmoks te aan te durf nie!

    Indien jy meer inligting oor Sapmok of Werner wil hê, besoek gerus die Sapmok-webtuiste by www.sapmok.com of soek die Sapmok-bladsy op Instagram.

    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    51 min
  • In gesprek met Werner Winterboer

  • Die Toordokters

    Dit is dalk moeilik om te glo dat die Afrikaner 'n geskiedenis van mistieke gebeurtenisse en geheimsinnge individue het. Gedurende die agtiende en negentiende eeu was die volksgeloof gevul met stories oor vuur-, lug- en watergeeste, voorspellings, goëlery, spoke en towenaars. In hierdie eerste episode van ons nuwe klanklêerreeks - Mistiek Suid-Afrika, gaan ons fokus op twee van ons land se vernaamste Afrikanertowernaars/toordokters, naamlik Skoorbek en Sors de Beer.

    Die Toordokters

    Heinrich Schörbeck, beter bekend as Skoorbek, was 'n verloopte matroos wat gedurende die vroeë 1800's langs die Kromrivier in die distrik Humansdorp woonagtig was. Skoorbek was bestempel as 'n "wit towenaar" wat sy magte ingespan het tot die voordeel van sy medemens en die gemeenskap.

    Sors de Beer, wat soos Skoorbek 'n dissipel van die "wit" towerkuns was, het in die laat 1800's tot die vroeë 1900's op ’n plaas aan die oewer van die Vogelrivier in die distrik Pearston geboer. Albei hierdie historiese figure was bekend vir hulle bonatuurlike gawes en het sonder voorbehoud hulle magte in die openbaar gebruik.

    Luister na ons klanklêer-episode waar ons 'n paar van die stories en avonture van die twee Suid-Afrikaanse towenaars vertel.

    Bronne: Grobbelaar, P.W. 1977. Volksgeloof. In: Grobbelaar, P.W (red), Boerewysheid: Die Afrikaner en sy kultuur. Deel VI, Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers & Coetzee A.J. 1938. Die Afrikaanse volksgeloof.

    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    13 min
  • Die Toordokters – Skoorbek en De Beer

  • Uitdagings van ‘n Suid-Afrikaanse museumkundige: Eensgesind gesels met Johan Wolfaardt
    'n Rede uit die verlede-artikel
    Gedurende 2017 het die televisieprogram Carte Blanche ondersoek ingestel na die stand van sake in Johannesburg se museums. Die lae gehalte van die uitstallings en die onkundigheid van veral die departemente verantwoordelik vir die stad se museums, was skokkend – om die minste te sê. ‘n Mens kan dan seker die vraag vra: as dit so power in die Goudstad se museums gaan, hoeveel swaarder moet dit nie vir ‘n dorpsmuseum of enige ander museum wees wat van donasies afhanklik is nie? Die uitdagings is meervoudig en Suid-Afrika se museumkundiges moet regtig hare op hulle tande hê om hulle uitdagings daagliks aan te pak.

    Dit is moeilik om 'n begrip te vorm van die uitdagings wat museumkundiges daagliks ervaar, omdat die saak min aandag in die media geniet. Nou en dan is die uitsaaiwese vriendelik genoeg om 'n kort insetsel te verfilm vir 'n program wat op 'n positiewe geheel van die spesifieke museum wil fokus, in plaas van die struikelblokke wat die museum se deure dalk permanent kan sluit. Eensgesind het geargumenteer dat dit nou tyd is om 'n kurator uit te vra oor wat die spesifieke struikelblokke is en waarom ons in die eerste plek 'n verskeidenheid museums in ons land het. Ons het toe so gemaak deur middel van 'n ware in diepte gesprek; wat hopelik die kompleksiteit van die situasie, waarin die land se museums tans is, behoorlik verduidelik.

    Johan Wolfaardt is die kurator van die President M.W. Pretorius huismuseum, Potchefstroom, en het in 'n vorige opname oor geheime organisasies bewys dat hy 'n bron van inligting is wat die nodige perspektief vir Jan Alleman duidelik kan skets. Die eerste gedeelte van die onderhoud volg die gesprek oor die geskiedenis van museums in Suid-Afrika, hoe Suid-Afrikaners oor die laaste twee eeue inspirasie uit museums kon kry en wat die huidige kwessies is. Ook sal die luisteraar presies kan hoor hoe die breër publiek kan help met die instandhouding van ons land se museums en hoe elke besoeker (plaaslik of internasionaal) welkom in 'n museum behoort te voel.

    Kyk net na die eerste gedeelte van die woord “Museum”. Muse. Die nege Muses was die bonatuurlike wesens (gewoonlik uitgebeeld as vroulik) in die Griekse mitologie wat verantwoordelik was vir die mense se inspirasie om enige vorm van kuns te skep en wetenskap te deurgrond. Klio was die muse verantwoordelik vir die mens se nuuskierigheid oor die verlede. Museums is dus die plek waar leer lekker moet wees en as ‘n mens die verskillende dorpsmuseumpies besoek, moet jy ‘n plan maak om die groot uitstalareas van die gevestigde Suid-Afrikaanse museums (in privaat of staatsbesit) te ontdek. Deur figuurlik deur ‘n huismuseum se tasbare historiese omgewing weggevoer te word, kan die verlede weer springlewendig voor jou geestesoog word.

    Dan sal jy dalk rede uit die verlede kan vind vir ons eie teenswoordige uitdagings, omdat die gemeenskappe van vervloeë dae, soos wat in 'n museum uitgebeeld word, ook dieselfde soort uitdagings moes oorkom. Maar onthou, die museums van ons land, soos die President MW Pretorius huismuseum, wag gretig om jou welkom te heet. 'n Besoek is net die regte ding om te doen om die museum te ondersteun, veral as daar iets nuuts uitgestal word.

    In die tweede gedeelte sluit Johan Wolfaardt by 'n vorige gesprek van Eensgesind aan oor geheimsinnige organisasies en hoe 'n mens daaroor kan besin. Dit sal gelukkig nie die laaste geselsie met Johan wees nie, want ter afsluiting van die gesprek het ons saam 'n ander interessante gesprekspunt geopen. Dit sal oorstaan vir 'n toekomstige potgooi-episode van Rede uit die Verlede.
    2 hr 24 min
  • Skotse rompe vir Afrika
    'n Shop Talk episode

    Die Comaroffs (John en Jean) van Harvard Universiteit oortuig die leser in hul boek Ethnicity Inc. hoe dit deesdae moontlik is vir winkeliers en vervaardigers om 'n goeie inkomste te verdien uit die vervaardiging van tradisionele items soos kleredrag en ander bykomstighede. "Commodifying descent" noem hulle dit in hoofstuk 4.

    In Kya Sands, Johannesburg, vind 'n mens die verwerkliking van hierdie begrip met die besigheid Cargokilts wat sedert 2010 deur die enkeleienaar en amptelike "kilter" van Suid-Afrika, Egbert Harmse, bedryf word:    

    Aanvanklik 'n ingenieur van beroep, het Egbert vir homself 'n nis in die tekstielmark uitgekerf, waar hy mense met Kalidoniese verwantskap help om 'n kilt te weef volgens hul familie se spesifieke patroon, bekend as 'n tartan. Sodoende help dit die gebruiker van sy produkte om hom/haar met sy/haar identiteit te vereenselwig en om hulle bande met die verlede, veral hulle familie s'n, te verstewig.

    Sy ander produk is die "kilts" wat van 'n sterker materiaal gemaak word, wat nie 'n spesifieke “tartan”-patroon volg nie. Dus die naam Cargokilts; maar daar is meer oor Egbert as net die daaglikse weef van Skotse rompe. In die onderhoud kom 'n baie unieke storie uit sy verlede na vore, wat elke luisteraar behoort te verstom en te vermaak.

    Om meer oor Egbert se perspektiewe ten opsigte van sy besigheid en sy produkte te hoor en om natuurlik uit te vind wat met hom gebeur het, laai gerus die potgooi af en luister saam na 'n bietjie "Shop Talk".

    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    1 hr 1 min
  • Skotse rompe vir Afrika: “Shop talk”-onderhoud met Egbert Harmse
    'n Shop Talk-onderhoud

  • Afrikaans as ‘n instrument van uitsluiting en rassemeerderwaardigheid?

    'n Analise van Afriforum en 'n Ander v Universiteit van die Vrystaat

    In hierdie eerste episode van ons nuwe reeks - 'n Selde Gesprek, praat ons met professor Koos Malan oor die onlangse saak van Afriforum en 'n Ander v Universiteit van die Vrystaat [2017] ZACC 48. Hierdie saak handel oor die Universiteit van die Vrystaat se nuwe taalbeleid, waarvolgens Engels aangewys is as die primêre medium van onderrig op voorgraadse en nagraadse studievlakke.

    Professor Koos Malan is al 15 jaar lank 'n professor in Publiekreg aan die Universiteit van Pretoria, nadat hy 'n staatsaanklaer en ook 'n landdros was. Professor Malan spesialiseer onder meer in Grondwetlike teorie, asook Taalregte. Hy is die outeur van die boek Politocracy en verskeie akademiese joernale.

    Tydens die gesprek praat ons met professor Malan oor sy algemene indruk van die saak en die meerderheidbeslissing soos voorgehou deur Hoofregter Mogoeng Mogoeng. Ons fokus spesifiek op die breër implikasies van die meerderheidsbeslissing op Afrikaans en analiseer die Grondwetlike Hof se neiging om uitsprake in 'n bepaalde historiese konteks te plaas. Professor Malan gee ook vir ons sy interpretasie van die volgende paragraaf in die minderheidsbeslissing (voorgehou deur Regter Froneman), naamlik –

    "Die toekoms van Afrikaans lê in die hande van ’n jonger geslag wat Afrikaans praat. Of daar ooit ’n Derde Taalbeweging sal wees, hierdie keer vir ’n inklusiewe Afrikaans ontdaan van ras- en ander vooroordele, sal slegs die tyd leer."

    Ter afsluiting analiseer professor Malan die toekoms van Afrikaanse primêre, sekondêre en tersiêre onderrig.

    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    1 hr

About Eensgesind Klanklêers

From the publisher's feed

Die Eensgesind Klanklêers bied verskeie programme wat fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis, erfenis en aktuele sake. Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue…