
Sign up to save your podcasts
Or


Op 13 April 2018 het die VSA, die Verenigde Koninkryk en Frankryk 'n gewapende aanval op sekere chemiese wapenfasiliteite in Sirië geloods in reaksie op president Bashar al-Assad se gebruik van chemiese wapens in die distrik Douma in suidwes-Sirië. Hierdie aanval was, volgens bogenoemde state, genoodsaak ten einde verdere chemiese wapenaanvalle in Sirië te voorkom.
Artikel 2(4) van die Verdrag van die Verenigde Nasies bepaal soos volg -
"All members shall refrain in their international relations from the threat or use of force against the territorial integrity or political independence of any state, or in any other manner inconsistent with the Purposes of the United Nations".
In hierdie episode van 'n Selde Gesprek gesels Eensgesind met professor Christo Botha oor die regmatigheid (al dan nie) van bogenoemde state se optrede in Sirië. Professor Botha is 'n hoogleraar aan die Universiteit van Pretoria. Hy is aangestel in die Departement van Publiekreg en spesialiseer onder meer in wetsuitleg en internasionale humanitêre reg.
Die gesprek handel oor verskeie onderwerpe in internasionale reg, insluitend die bronne van internasionale reg, die afdwingbaarheid van internasionale reg, die verskil tussen jus ad bellum en jus in bellio, state se reg op selfverdediging soos vervat in artikel 51 van die Verdrag van die Verenigde Nasies, en state se sogenaamde "resposibility to protect/R2P".
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
In hierdie episode van 'n Selde-gesprek gesels ons met dr Jan du Plessis, die redakteur en eienaar van Intersearch. Ons gesels oor die waarde van menslike kundigheid en hy verduidelik vir ons die metodologie wat dien as kern van strategiese bestuursintelligensie. Dr Du Plessis is 'n doktor in politieke wetenskap.
Intersearch publiseer strategiese verslae aan bestuurspanne van verskeie maatskappye en organisasies. Intersearch identifiseer op 'n gereelde basis kwessies en tendense op die sosio-politieke en sekuriteitsvlakke in Suider-Afrika en bespreek dan die potensiële implikasies daarvan. Intersearch is nie 'n nuusdiens nie, maar 'n analitiese instrument om die besluitnemingsproses te ondersteun - veral vir persone op uitvoerende vlakke.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Lande soos Egipte, Israel, Irak, Iran, Griekeland, Italië, Sjina, Peru, Meksiko, Tonga, Fidji, ens. het 'n argeologiese rekord wat spesifiek verbind kan word met 'n antieke gemeenskap wat daar eens gewoon het. Die bestudering van sulke antieke gemeenskappe het selfs spesifieke studierigtings oor die laaste 200 jaar geskep waarin belangstellendes hulself kan bekwaam. Egiptoloë bestudeer net die merkwaardige en komplekse argeologie van antieke Egipte. Kundiges in Klassieke Studies bestudeer weer die moondhede wat in Griekeland en in Italië regeer het.
Argeologie fokus nie net op die antieke tye nie. Opgrawings is al gedoen oor die gemeenskappe van die Middeleeue, skeepswrakke van die Vikingers en die slagvelde van die oorloë in die tweede millennium na Christus. Dit sluit selfs die slagvelde van die 19de eeu in. Al hierdie navorsing kan onder die breë sambreel-term Historiese Argeologie val.
In Suid-Afrika is verskillende projekte al onderneem wat handel oor die historiese argeologie van Suid-Afrika. Ongelukkig is min werk al gedoen. Dit kan dalk berus op die feit dat studies in die Steen-en Ystertydperk dalk hoër op die prioriteitslys is as historiese argeologie. Uit die 27 Suid-Afrikaanse universiteite is daar net ‘n paar wat die toekomstige argeoloog oplei. Dit beteken dat ‘n klein klompie professionele argeoloë tans in Suid-Afrika opgrawings mag doen en sodoende die Suid-Afrikaanse historiese rekord met hul bevindings verryk.
Dit is moontlik om spesifieke opgrawings te doen wat op die moderne era van Suid-Afrika fokus. Die opgrawings wat in Kaapstad gedoen is ten opsigte van die VOC-nedersetting, wat toe later as Kaapstad bekend gestaan het, kan vandag in die Moederstad gesien word. Maar dit is moontlik om die gebeurtenisse na 1652 verder noord ook te bestudeer. Selfs die padrao ( klipkruis wat die Portugese seevaarders opgerig het), kan by die Universiteit van die Witwatersrand gesien word (dus is Suid-Afrika se historiese argeologiese rekord nog voor 1652).
As 'n mens die moderne Suid-Afrikaanse geskiedenis deur middel van die wetenskap van argeologie kan bestudeer, is dit dan moontlik om te redeneer dat ons in die toekoms sal praat van "Afrikaner-argeologie"? Opgrawings by Anglo-Boereoorlog- (of Suid-Afrikaanse Oorlog-) slagvelde, voormalige nedersettings van die ou Boererepublieke en selfs die beendere van die afgestorwe bywoner op 'n historiese plaas? Sulke argeologiese opgrawings word reeds gedoen.
Een van Suid-Afrika se bekende argeoloë, wat al verskillende projekte oor Suid-Afrikaanse historiese argeologie behartig het, is professor Anton van Vollenhoven. Luister saam (op ons Webblad, Castbox/ ITunes of Stitcher- kanaal) oor sy opvattinge van die moontlikheid van "Afrikaner-argeologie" as 'n toekomstige vakgebied en ook die huidige stand van Suid-Afrikaanse historiese argeologie.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
'n Padlangs Erfenisstigting-episode
Om erfenisterreine te bestuur, is nie 'n maklike taak nie. Dit is nie binne elkeen se vermoë om die verantwoordelikheid van 'n erfenisbewaarder, of dalk is die Engelse woord "custodian" beter, te dra nie. Daarom moet die verantwoordelikheid om na ons erfenis om te sien, in die hande van opgeleide deskundiges geplaas word. Die Amerikaners doen dit veral in Washington DC met die “Jeffersonian Society”. In Suid-Afrika is die Erfenisstigting in Pretoria ons kampioene in die veld van erfenisbewaring,
Die Erfenisstigting sien om na 'n verskillende erfenisterreine op verskillende plekke, en as gevolg van hul harde werk, is die kans groter dat hierdie terreine verder sal kan voortbestaan. Hulle kort natuurlik die samewerking van die publiek. Dus, wat kan jy doen? Dit is baie maklik. Wanneer die geleentheid hom voordoen, maak seker jou voete dra jou deur die ingang na die historiese terrein. Met ander woorde, selfs 'n enkele besoek is goed genoeg, nie net vir die Erfenisstigting nie, maar ook vir die besoeker.
Historiese terreine waar die geskiedenis letterlik plaasgevind het, is waar die teenswoordige tyd saam met die verlede wals. Indien daar goed na die terrein omgesien word, is die ervaring net so winsgewend vir al die betrokke partye. Dus: die Erfenisstigting lewer 'n belangrike diens vir ons as burgers van Suid-Afrika.
Die eerste monument wat ons in hierdie reeks gaan bespreek en besoek, is die Danie Theron Monument duskant Potchefstroom. Geleë langs die N12-hoofweg, kan die Danie Theron Monument duidelik en van ver af gesien word. Maar daar is meer as net die bekende 1950-gedenknaald vir Danie Theron wat op hierdie historiese terrein gesien kan word. Maar wie was Danie Theron en wat is die storie agter hierdie monument wat 'n mens padlangs na Potch kan sien? (Sien kaart hieronder)
Luister saam (op ons webblad of op ons Castbox/Itunes-klanklêerkanaal) en vind uit wie Danie Theron was en hoekom daar so ‘n indrukwekkende gedenknaald vir hom opgerig is.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Cecil de Villiers is nie net ʼn gewone senior burger van die Republiek van Suid-Afrika nie. Hy het dwarsdeur sy lewe die land in verskillende kapasiteite gedien, selfs toe die druk van die hoogste vlakke van die land se bestuur sy werk bemoeilik het.
De Villiers het sy lewe in Kaapland begin toe die Depressiejare van die vroeë 1930's reeds sy impak op die Suid-Afrikaanse burgery getoon het. Generaal Hertzog was steeds aan die stuur van sake saam met sy “kameraad”, generaal Jan Smuts in die Verenigde Party. Die wêreld was vinnig op pad na ʼn globale krisis onder Herr Hitler en die opgang van Afrikanernasionalisme was sterk op pad om die stemgeregtigde bevolking te oortuig dat dr Malan en sy Gesuiwerde Nasionale Party ʼn beter plan vir Suid-Afrika het as die “Sappe”. Dit is die omstandighede waarin De Villiers sy lewe begin het. Moeilike tye ja, maar die moeilikheid van die makro-omgewing sou nie verdwyn toe hy volwassenheid bereik het nie.
Geleenthede was daar wel vir hom en sy mede-“Baby Boomer”-generasie, maar De Villiers het elke geleentheid wat hom voorgedoen het, met volle oortuiging en wilskrag aangegryp. Sodoende het hy met die politieke “reuse” van sy tyd saamgeloop en binnekringkennis opgedoen wat nou vir die eerste keer gedeel word.
Dit is hopelik nie die laaste keer dat De Villiers se verhale opgeneem en versprei word nie, maar Eensgesind hoop dat hierdie uurlange potgooi-episode u as luisteraar net so sal verbaas soos dit die onderhoudvoerder sprakeloos gelaat het.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
From the publisher's feed
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.