Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige ee... more
FAQs about Groeipyne:How many episodes does Groeipyne have?The podcast currently has 624 episodes available.
October 09, 20149 OctJohan van Lill gesels met dr. Rina de Klerk, skrywer en motiveringspreker, oor emosionele intelligensie en hoe ouers as rolmodelle kan optree. Kinders gee baie keer uiting aan hulle frustrasies op 'n sosiaal onaanvaarbare wyse omdat hulle nie hulle emosies 'n naam kan gee nie....more26minPlay
October 02, 20142 OctJohan van Lill en Lizanne du Plessis, 'n skrywer en arbeidsterapeut, beantwoord luisteraarsvrae oor kinders se ontwikkeling. Lizanne gee ook stap-vir-stap voorstelle om algemene ouerskapuitdagings soos woede-uibarstings, vrees, angstigheid en stres te hanteer....more26minPlay
September 25, 201425 SepOuerskap in die 21ste eeu is opwindend, maar veeleisend en dit bly 'n uitdaging om gelukkige kinders groot te maak. Johan van Lill gesels hieroor met Lizanne du Plessis, 'n skrywer en arbeidsterapeut met 'n spesiale belangstelling in die behandeling van kinders met sensoriese prosesseringsdisfunksie. Lizanne gee stap-vir-stap voorstelle oor hoe om algemene ouerskapuitdagings te hanteer, soos woede-uitbarstings, vrees, angstigheid en stres....more25minPlay
September 18, 201418 SepJohan van Lill gesels verder oor ouerskapsplanne wat help om kinders groot te maak wanneer die verhouding tussen ouers verbrokkel het. Aspekte wat uit luisteraars se navrae gekom het word bespreek: Wat is die regte van 'n ouma wat die kinders grootmaak na 'n egskeiding? Kan ouerskapsplanne afgedwing word en hoe werk bemiddeling tussen ouers?...more24minPlay
September 11, 201411 SepWanneer die verhouding tussen ouers verbrokkel, raak dit gesinne en families op alle vlakke. Die nuwe kinderwet vereis dat ouers dan 'n ouerskapskontrak in plek moet hê,...more26minPlay
September 04, 20144 SepJohan van Lill gesels oor vaderskapsverlof met Hendri Terblanche, 'n finansiële bestuurder wat 'n veldtog begin het nadat sy tweeling drie maande vroeg gebore is, om vaderskapsverlof in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes opgeneem te kry. Tans mag vaders net drie dae gesinsverantwoordelikheidsverlof neem en word daar nie in die wet voorsiening gemaak vir vaderskapsverlof nie. Johan praat oor hieroor met Wessel van den Berg van Sonke Gender Justice....more24minPlay
August 28, 201428 AugHoe gemaak as jou laerskoolkind baie erg met Wiskunde sukkel? Johan van Lill en Marise Oberholzer gee praktiese wenke oor hoe om Wiskunde-hoofpyne te hanteer....more23minPlay
August 21, 201421 AugWie se verantwoordelikheid is kinderveiligheid? Johan van Lill gesels met Hester Bosman-Sadie, skrywer en maatskaplike werker, oor Ubuntu en kinders grootmaak. Hoe gemaak as my kind ook jou kind is? Hoe maak ek kinders veilig en binne hulle regte groot?...more21minPlay
August 14, 201414 AugJohan van Lill gesels met twee sielkundiges oor ouers wat hulle kinders oppiep en die gevolge daarvan. Ouers en versorgers sal alles doen om hulle kinders te beskerm. Wanneer is dit te veel dat dit hulle toekoms sal benadeel? Sommige ouers hardloop nader as hulle kinders struikel, of maak 'n afspraak by die dokter as daar net die geringste teken van 'n loopneus is. Party ouers bel selfs die kleuterskool al om die uur! Hoe weet jy as jy jou kind oppiep of nie? Hier is raad vir paranoïese ma's....more26minPlay
August 07, 20147 AugJohan van Lill gesels met 'n spelterapeut oor hoe gemaak as jou kinders gedurig baklei. Natuurlik droom ons almal dat ons kinders goed oor die weg sal kom, maar hoe gemaak as my kroos gedurig baklei? Wanneer ruk dit handuit en wanneer moet jy inmeng?...more22minPlay
FAQs about Groeipyne:How many episodes does Groeipyne have?The podcast currently has 624 episodes available.