Hoop Nogtans
Download on the App Store

Hoop Nogtans episodes

  • Wees oud met waardigheid #2517

    Dis maklik vir ‘n persoon in hul senior jare om te voel dat hulle waardeloos is, oorbodig, selfs onwelkom, ‘n oorlas vir die samelewing. Om te voel jy word eenkant toe gestoot, miskien verdra, maar nie waardeer nie. Maar dis moontlik om ‘n vol lewe te lei in jou silwer-grys jare. Johann Goethe skryf sy meesterlike toneelstuk op die ouderdom van 81. Winston Churchill, op 82, skryf die eerste van 4 dele oor die Britse geskiedenis. Toscanini, die bekende Italiaanse dirigent, lewer sy laaste uitvoering op 87. Michelangelo, op 88, omskep vir die laaste keer ‘n stuk marmer in ‘n pragtige beeldhouwerk. Rubenstein, befaamde pianis, lewer op 89 ‘n puik uitvoering. Picasso skilder steeds op 90. Stradivari, die legendariese vioolmaker, maak viole op 93. Die digter Robert Browning begin sy gedig Rabbi Ben Ezra met die volgende: Grow old with me The best is yet to be – The last of life, for which the first was made Our lives are in His hand Who saith, “A whole I planned;” Youth shows but half; trust God, See all, nor be afraid. Die Bybel bied aan ons ‘n positiewe siening van bejaardheid. Een van waardigheid vir wie jy is; iemand met waarde vir ander mense; iemand met waarde vir die koninkryk van God. Die psalmis verklaar in Psalm 92:15 NLV: Al is hulle oud, sal hulle steeds vrugte dra; hulle is vars en lewenskragtig. Die AFR1953-vertaling praat van “in die gryse ouderdom sal hulle nog vrugte dra.” Jou ouderdom diskwalifiseer jou nie om steeds ‘n positiewe bydrae te lewer nie. Wat jy doen, mag dalk anders wees as wat jy gedoen het toe jy jonger, gesonder en sterker was. Wat jy nou doen is nie minder belangrik nie. Wees oud met waardigheid. Ek gesels graag in die video verder met jou hieroor.

    • https://www.bible.com/bible/117/PSA.92.14-15
    • https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/
    • https://www.youtube.com/@HoopNogtans
    23 min
  • Die waarheid is: God gaan vir die hart! #2516

    In die rolprent A few Good Men is daar ‘n toneel uit ‘n militêre verhoor. Kolonel Natan R Jessep onder kruisondervraging. Die prokureur Lt Daniel Kaffee is baie direk: Hy wil by die waarheid uitkom. Colonel Jessep ... "You want answers?" Lieutenant Kaffee ... "I think I'm entitled." Colonel Jessep ... "YOU WANT ANSWERS?" Lieutenant Kaffee ... "I WANT THE TRUTH!" Colonel Jessep ... "YOU CAN'T HANDLE THE TRUTH!" Daar is waarheid wat mense moet hoor, en dikwels is hierdie die waarheid: “You can’t handle the truth!” Mense wil nie die waarheid hoor nie. Die waarheid is: God gaan vir die hart! Beginsel: Probleme is God se geleentheid om mense se harte te verander. God stel belang in die hart! Uit die lewe van die profeet Elisa het ons die laaste paar weke gesien hoe God die mees hooplose situasies omskep. ‘n Weduwee kan haar skuld betaal omdat God die olie vermeerder. ‘n Kinderlose egpaar kry die kind waarop hulle so lank wag. Die kind gaan dood maar Elisa wek hom op uit die dood. Slegte kos word eetbaar gemaak. Hongersnood word oornag uitgewis. Maar alles gebeur met ‘n groter doel. God kry die eer. As die hart verkeerd is, gaan God op die hart fokus. Hy gebruik probleme om mense se aandag te kry, dis waar; Hy sal mense help met hulle probleem, dis waar – Hy verander situasies in antwoord op gebed, Hy voorsien finansies, Hy herstel verhoudings, Hy genees, Hy help – maar wat regtig vir God saak maak, is dat mense se harte in lyn met Sy wil sal kom. As die hart vir God ’n probeem is, gaan die verandering van die hart vir die mens ’n probleem wees. Mense wil nie met die waarheid gekonfronteer word wat hulle hart gaan ontbloot nie. Ons sien dit baie duidelik wanneer ons stilstaan by 2 Konings 5, die verhaal van die melaatse Naaman se genesing. - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/ - https://www.bible.com/bible/117/2KI.5.NLV

    25 min
  • Daar is hoop vir hooplose mense #2515

    Die Centers for Disease Control and Prevention (CDC) in die VSA het in 2023 omvattende navorsing onder Amerkiaanse tieners gedoen. Hul bevindings is kommerwekkend. Meer as ’n kwart van Amerikaanse tieners het swak geestesgesondheid ervaar, en ongeveer 40% het aanhoudend hartseer en hopeloos gevoel. Die opname het ook bevind dat 20% van die leerlinge ernstig oorweeg het om selfmoord te pleeg, met sowat 10% wat aangedui het dat hulle probeer het om hul lewens te beëindig [Anderer, S. (2024). CDC: 2 in 5 High Schoolers Report Persistent Sadness. JAMA, 332(21), 1779-1779]. Die statistiek vir Australië toon dieselfde tendense: ons jongmense worstel met intense hooploosheid. Hulle het nie hoop vir ‘n beter toekoms nie, en dit maak dat hulle gemoedstemming laag is. Dis nie net tieners wat hiermee sukkel nie. Hoeveel mense sien nie kans vir die toekoms nie. Ons is besig om te kyk na die lewe van die profeet Elisa rondom die tema RAAD VIR RAADOP MENSE. Die een duidelike boodskap wat so duidelik na vore kom in die lewe van Elisa is dat daar hoop is vir hooplose situasies. Daar is hoop vir hooplose mense. Staan gerus stil saam met my om te leer hoe Elisa lewensgevaar met geloof tegemoet gaan.

    23 min
  • Gód kan deur die grens van die hooplose situasie breek #2514

    Vir baie jare het mense geglo dat dit onmoontlik is om die klankgrens te breek. Sou jy vinniger vlieg as die spoed van klank – om en by 1100 km per uur – dan sal jou vliegtuig disintegreer. Dit sal wees asof jy teen ‘n onsigbare muur vasvlieg. Een persoon wat dit nie geglo het nie, was Chuck Yaeger, ‘n Amerikaanse vegvlieënier wat op 14 Oktober 1947 die teendeel bewys het. Chuck Yaeger het by verskeie geleenthede gepoog om vinninger as klank te vlieg. Elke keer was hy onsuksesvol. Hoe nader hy aan die spoed van klank gekom het, hoe meer onheilspellend het dinge geraak. Die vliegtuig het so begin ruk, dit het vir hom gevoel die vliegtuig kan in stukke verbrokkel as hy dit sou waag om vinniger te vlieg. Terug op die grond is verstellings en aanpassings aan die vliegtuig gemaak, alles skynbaar tevergeefs. Die vliegtuig het steeds geruk hoe nader Yaeger aan die spoed van klank gekom het. Op 14 Oktober 1947, egter, het hy aanhou versnel. Die geruk en pluk aan die vliegtuig was dié dag steeds daar. Maar Yaeger het geglo: Dit kán gedoen word. En hy hét! Die een oomblik was dit asof sy vliegtuig uitmekaar gaan skeur; die volgende oomblik bars hy deur die klankgrens met ‘n geknal. Sy vliegtuig is in een stuk. Hy leef. En hy het deurgebars deur een van die gróót grense waarvoor die mensdom te staan gekom het – die geloof dat die spoed van klank nie met veiligheid oorskrei kan word nie. Daar is talle ander “klankgrense” waarin mense glo; dinge wat mense glo onmoontlik is. In my boodskap oor 2 Konings 6:24-7:20 NLV fokus ek hierop: Wanneer mense in omstandighede beland waaarin hul desperaat voel, sien hul dikwels geen uitkoms nie. Menslik gesproke is die situasie dikwels hopeloos. Maar Gód kan deur die grens van die hooplose situasie breek! Gód kan ‘n verskil maak. En Hy wíl. Onthou my onlangse boodskappe is beskikbaar op ons YouTube kanaal Hoop Nogtans. - https://www.bible.com/bible/117/2KI.6.27-33 - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/

    22 min
  • Niks gebeur sommer net nie! #2513

    Victor Frankl was ‘n Joodse psigiater voor die Tweede Wêreldoorlog in Weenen, Oostenryk. In sy werk Man’s search for meaning, gepubliseer in 1946, net na die oorlog, verduidelik hy hoe die sentrale idees in hierdie boek hom gehelp het om die swaarkry in die konsentrasiekamp te oorleef. In kort, as ‘n mens rede het om voor te lewe, kan jy onmenslike swaarkry verdra. Sonder iets wat betekenis aan jou lewe gee, het jy geen rede om te wil aanhou nie. Hy vertel in Man’s search for meaning hoe hy hierdie beginsel in aksie gesien het in die ondraaaglike omstandighede in die konsentrasiekamp. Sommige mense het vinnig die wil om te oorleef verloor. Hulle het nie die konsentrasiekamp oorleef nie. Ander mense weer het sterk genoeg rede gehad om te oorleef, en hulle het oorleef, teen alle verwagting in. Frankl publiseer nog ‘n boek in 1946, Die ärzliche Seelzorge (Engelse titel: The doctor and the soul). Hierin praat hy oor die rol van die psigiater om mense te help om betekenis te vind in hulle lewe. Frankl vertel in sy outobiografie hoe hy en sy vrou op ‘n dag in Weenen verby ‘n katedraal stap. Die indrukwekkende Gotiese boustyl het hom altyd aangegryp, hoewel hy nog nooit binne-in die kerk was nie. Dié dag beweeg die pragtige orrelmusiek in die kerk hom en sy vrou om in te stap. Die priester begin preek. Frankl hoor hoe die priester uitvaar teen die goddelose idees van ‘n ene Victor Frankl hier in Weenen. Die priester bespreek daardie dag Frankl se boek Die ärzliche Seelzorge (Engelse titel: The doctor and the soul), en kraak alles af wat vir Frankl van waarde is. Frankl het die volgende te sê oor die toevalligheid van die situasie, dat hy juis op daardie oomblik moes instap: “How many minutes had passed from my birth up to that sermon, up to the point of our visit to the Votive Church for the first time? How minuscule the chance that I would enter at exactly the moment when the priest mentioned me in his sermon? I think the only appropriate attitude to such coincidences is to not even try to explain them. Anyway, I am too ignorant to explain them, and too smart to deny them.” Jy is welkom om saam met my te besin oor die onderwerp “Niks gebeur sommer net nie!”

    32 min
  • God kan ingryp in die mees hopelose situasies - 2 Konings 4:38-41 #2512

    Jare gelede het ‘n mnr Van der Merwe vir die Waterraad in Namibië gewerk. Op ‘n dag was hy in die Namibwoestyn op pad Walvisbaai toe. Sy voertuig oorverhit en gaan staan. Hy besef dit kan tot twee dae neem voordat hulle na hom gaan begin soek. Die beste ding wat hy kan doen is om te stap tot by die kus, en dan noordwaarts al met die kus langs te stap. Hy weet daar is ‘n navorsingspan wat daar erens langs die kus kampeer. Hy moet by hulle uitkom. Hy neem die bietjie drinkwater wat hy het, en begin stap. Uiteindelik bereik hy die kus. Dit neem nie lank vir sy water om op te raak nie. Hy besef sy posisie is benard. Hy strompel voort, en bid vir krag om aan te gaan. Hy kom op wrakstukke van ‘n skip af wat lank gelede vergaan het. Hoopvol soek hy deur die wrakstukke na enigiets van waarde. Niks nie. Moedeloos sak hy neer op die sand, en bid dat die Here hom sal help. Hy stut hom met sy hande in die sand agter hom, en voel iets daar. Dis ‘n bierbottel. En nog een. Met bier in. Hy drink die bier. Hy vee die bottel skoon. Sy oog vang die inskripsie op die bottel: By appointment to His Majesty the King. Die biermaatskappy was gemagtig om bier te verskaf aan die koningshuis. Dis King George VI, oorlede in 1952. Van der Merwe besef daardie dag, His Majesty The Kind of King Jesus Christ het bepaal dat daardie twee biere in die sand begrawe moes bly vir wie weet hoeveel jare tot daardie oomblik dat een van sy kinders dit nodig sou hê. Bier was die beste ding wat hy kon drink. Dit gee hom die koolhidraat en hidroliete wat hy nodig het om aan te stap tot by die navorsingspan. [Met erkenning aan Willem Klopper, tans pastoor in Vanzylsrus in die Kalahari]. ‘n Greep uit die lewe van die profeet Elisa opgeteken in 2 Konings 4:38-41 illustreer treffend dat God kan ingryp in die mees hopelose situasies. Jy is welkom om saam met my hieroor te besin.

    24 min
  • Hierdie waarhede dra jou deur die moeilikste tye #2011

    Rebecca St James is een van die groot name in die kontemporêre Christelike musiekwêreld. Sy is gebore in Australië. Haar pa het groot musiekbyeenkomste gereël in Australië, en was baie suksesvol. Maar om een of ander rede misluk een van die toere wat hy reël, en hy sit met ‘n halfmiljoen dollar se skuld en die gesin verloor alles. Die gesin verhuis na die VSA in 1991. Die werk wat haar pa sou ry, materialiseer nie. Hulle is brandarm, en afhanklik van mense se goedhartigheid om te oorleef. Sy het ‘n film gemaak oor die gesin se ervarings, Unsung Hero. Sy sê in ‘n onderhoud met Crosswalk Headlines die volgende: “If I have a takeaway from the film that I pray people will take away, it’s hope, and it’s that God redeems our story, no matter how hard it gets. And I think a lot of people are discouraged in our world today. They’re discouraged about marriage, they’re discouraged about family life, they’re discouraged about faith. A lot of people, I think, need hope and need to be reminded that God is the great redeemer of our story and of our life.” Daar is drie waarhede wat die Bybel ons leer oor God wat ‘n mens se hele lewe verander as jy dit werklik ter harte neem. Hierdie waarhede dra jou deur die moeilikste tye, nie net nou nie, maar reg deur jou lewe. Ek nooi jou om saam net my hieroor te besin.

    25 min
  • ‘n Mooi toekoms belowe - Psalm 37:37 #2510

    Dr Winter, hoogsbekwame geneesheer in Chicago ‘n aantal jaar gelede word wakker gebel een uur die oggend. Hul benodig hom dringend by die hospitaal. ‘n Seun is ernstig beseer in ‘n ongeluk. Daar is niemand wat so bekaam is soos Dr Winter nie. As daar iemand is wat die seun se lewe kan red, dan is dit Dr Winter. Daar is ‘n kortpad deur een van die berugste buurtse in Chicago. Dis ‘n baie gevaarlike roete, maar tyd is min om die seun se lewe te red. Hy waag dit. By ‘n verkeerslig word die motor se deur oopgeruk en ‘n man sleep hom uit. “Ek het jou kar nodig,” is al wat hy sê. Dr Winter probeer verduidelik dis ‘n noodgeval, maar die man gee hom nie kans nie. Dit neem die dokter meer as 45 minute om by ‘n telefoon te kom. Toe hy by die hospitaal kom, is dit té laat. Die seun het gesterf. Sy pa was net betyds om by te wees toe hy sterf, sê hulle. Sal die dokter hom gaan troos in die kapel. In die kapel gekom, herken hy die pa. Dis die man wat sy kar geskaak het. Onwetend het hy die enigste persoon wat sy seun kon red, verhinder om betyds te wees. Ons kan so besig wees om te werk aan ‘n mooi toekoms, dit wat die Een wegstoot wat ons ‘n mooi toekoms belowe [Robert Strand. (1996) Moments for each other. Green Forest, Ar.: New Leaf Press]. Psalm 37:37 “Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is ‘n toekoms vir die man van vrede.” Ek nooi jou om saam met my te besin hieroor.

    21 min
  • Hoe sieker jy is, hoe meer opreg bid jy - Psalm 6 #2509

    Ek dink ‘n mens bid anders wanneer jy regtig siek is. Hoe sieker jy is, hoe meer opreg bid jy. Jy steek niks weg vir God nie. Jy kruip nie weg agter mooi woorde nie. Jy is nie gepla of jy die korrekte woorde gebruik wat God sal beindruk nie. Jy bid diep uit jou hart. Jy roep uit na God want jy besef hoe nodig jy Hom het. Psalm 6 gaan oor ‘n tyd toe Dawid baie siek was. Ons kan so baie by Dawid leer in psalm 6, wat om te bid as jy siek is, waaraan om te dink wanneer jy siek is, en waarvoor om te hoop as jy siek is. Jy is baie welkom om saam met my na hierdie psalm te kyk. - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/ - https://www.bible.com/bible/6/PSA.6.AFR83

    25 min
  • 'n Rede om optimisties te wees - Psalm 27 #2508

    ’n Hele paar jaar gelede slaap ek een nag in ‘n gastehuis in die Karoo. Ek word wakker in die middel van die nag. Alles is donker om my. Stikdonker. Die gordyne hou die sterrelig buite. Ons is so gewoond aan lig, ons ken amper nie donkerte nie. Daar is straatligte wat die vertek verlig, die oranje liggie van ‘n verwarmer of die groen liggie van die alarmstelsel of die rooi liggie van die elektroniese wekker en die blouwit lig van ons selfoon. Dié nag is daar niks. Net ‘n neerdrukkende duisternis wat my hart vasklem. Vir ‘n paar sekondes is ek heeltemal gedisorienteer. Ek weet nie waar ek is nie. Geen straatlig, geen oranje of groen of rooi of blouwit lig nie. Wat Dawid van ouds beleef as hy Psalm 27 skryf, is totale donkerte wanneer hy dink aan alles wat verkeerd is in sy lewe. Hy het geen rede om ‘n goeie uitkoms te verwag nie. Alles is teen hom. Sy lewe is in gevaar. Konstant. Daar is ‘n goed-georkestreerde veldtog teen hom. Maar hy is nie pessimisties nie, Hy het rede om optimisties te wees. En ons het rede om optimisties te wees oor die toekoms al lyk dit of daar geen hoop is dat dinge ooit beter sal gaan nie. Ek deel graag ‘n paar insigte oor hierdie psalm met jou.

    23 min

About Hoop Nogtans

From the publisher's feed

Hoop Nogtans bediening deur Francois Bredenkamp

https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/