Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Hoop Nogtans:How many episodes does Hoop Nogtans have?The podcast currently has 23 episodes available.
November 21, 2025Niks gebeur sommer net nie! #2513Victor Frankl was ‘n Joodse psigiater voor die Tweede Wêreldoorlog in Weenen, Oostenryk. In sy werk Man’s search for meaning, gepubliseer in 1946, net na die oorlog, verduidelik hy hoe die sentrale idees in hierdie boek hom gehelp het om die swaarkry in die konsentrasiekamp te oorleef. In kort, as ‘n mens rede het om voor te lewe, kan jy onmenslike swaarkry verdra. Sonder iets wat betekenis aan jou lewe gee, het jy geen rede om te wil aanhou nie. Hy vertel in Man’s search for meaning hoe hy hierdie beginsel in aksie gesien het in die ondraaaglike omstandighede in die konsentrasiekamp. Sommige mense het vinnig die wil om te oorleef verloor. Hulle het nie die konsentrasiekamp oorleef nie. Ander mense weer het sterk genoeg rede gehad om te oorleef, en hulle het oorleef, teen alle verwagting in. Frankl publiseer nog ‘n boek in 1946, Die ärzliche Seelzorge (Engelse titel: The doctor and the soul). Hierin praat hy oor die rol van die psigiater om mense te help om betekenis te vind in hulle lewe. Frankl vertel in sy outobiografie hoe hy en sy vrou op ‘n dag in Weenen verby ‘n katedraal stap. Die indrukwekkende Gotiese boustyl het hom altyd aangegryp, hoewel hy nog nooit binne-in die kerk was nie. Dié dag beweeg die pragtige orrelmusiek in die kerk hom en sy vrou om in te stap. Die priester begin preek. Frankl hoor hoe die priester uitvaar teen die goddelose idees van ‘n ene Victor Frankl hier in Weenen. Die priester bespreek daardie dag Frankl se boek Die ärzliche Seelzorge (Engelse titel: The doctor and the soul), en kraak alles af wat vir Frankl van waarde is. Frankl het die volgende te sê oor die toevalligheid van die situasie, dat hy juis op daardie oomblik moes instap: “How many minutes had passed from my birth up to that sermon, up to the point of our visit to the Votive Church for the first time? How minuscule the chance that I would enter at exactly the moment when the priest mentioned me in his sermon? I think the only appropriate attitude to such coincidences is to not even try to explain them. Anyway, I am too ignorant to explain them, and too smart to deny them.” Jy is welkom om saam met my te besin oor die onderwerp “Niks gebeur sommer net nie!”...more32minPlay
November 21, 2025God kan ingryp in die mees hopelose situasies - 2 Konings 4:38-41 #2512Jare gelede het ‘n mnr Van der Merwe vir die Waterraad in Namibië gewerk. Op ‘n dag was hy in die Namibwoestyn op pad Walvisbaai toe. Sy voertuig oorverhit en gaan staan. Hy besef dit kan tot twee dae neem voordat hulle na hom gaan begin soek. Die beste ding wat hy kan doen is om te stap tot by die kus, en dan noordwaarts al met die kus langs te stap. Hy weet daar is ‘n navorsingspan wat daar erens langs die kus kampeer. Hy moet by hulle uitkom. Hy neem die bietjie drinkwater wat hy het, en begin stap. Uiteindelik bereik hy die kus. Dit neem nie lank vir sy water om op te raak nie. Hy besef sy posisie is benard. Hy strompel voort, en bid vir krag om aan te gaan. Hy kom op wrakstukke van ‘n skip af wat lank gelede vergaan het. Hoopvol soek hy deur die wrakstukke na enigiets van waarde. Niks nie. Moedeloos sak hy neer op die sand, en bid dat die Here hom sal help. Hy stut hom met sy hande in die sand agter hom, en voel iets daar. Dis ‘n bierbottel. En nog een. Met bier in. Hy drink die bier. Hy vee die bottel skoon. Sy oog vang die inskripsie op die bottel: By appointment to His Majesty the King. Die biermaatskappy was gemagtig om bier te verskaf aan die koningshuis. Dis King George VI, oorlede in 1952. Van der Merwe besef daardie dag, His Majesty The Kind of King Jesus Christ het bepaal dat daardie twee biere in die sand begrawe moes bly vir wie weet hoeveel jare tot daardie oomblik dat een van sy kinders dit nodig sou hê. Bier was die beste ding wat hy kon drink. Dit gee hom die koolhidraat en hidroliete wat hy nodig het om aan te stap tot by die navorsingspan. [Met erkenning aan Willem Klopper, tans pastoor in Vanzylsrus in die Kalahari]. ‘n Greep uit die lewe van die profeet Elisa opgeteken in 2 Konings 4:38-41 illustreer treffend dat God kan ingryp in die mees hopelose situasies. Jy is welkom om saam met my hieroor te besin....more24minPlay
November 21, 2025Hierdie waarhede dra jou deur die moeilikste tye #2011Rebecca St James is een van die groot name in die kontemporêre Christelike musiekwêreld. Sy is gebore in Australië. Haar pa het groot musiekbyeenkomste gereël in Australië, en was baie suksesvol. Maar om een of ander rede misluk een van die toere wat hy reël, en hy sit met ‘n halfmiljoen dollar se skuld en die gesin verloor alles. Die gesin verhuis na die VSA in 1991. Die werk wat haar pa sou ry, materialiseer nie. Hulle is brandarm, en afhanklik van mense se goedhartigheid om te oorleef. Sy het ‘n film gemaak oor die gesin se ervarings, Unsung Hero. Sy sê in ‘n onderhoud met Crosswalk Headlines die volgende: “If I have a takeaway from the film that I pray people will take away, it’s hope, and it’s that God redeems our story, no matter how hard it gets. And I think a lot of people are discouraged in our world today. They’re discouraged about marriage, they’re discouraged about family life, they’re discouraged about faith. A lot of people, I think, need hope and need to be reminded that God is the great redeemer of our story and of our life.” Daar is drie waarhede wat die Bybel ons leer oor God wat ‘n mens se hele lewe verander as jy dit werklik ter harte neem. Hierdie waarhede dra jou deur die moeilikste tye, nie net nou nie, maar reg deur jou lewe. Ek nooi jou om saam net my hieroor te besin....more25minPlay
November 21, 2025‘n Mooi toekoms belowe - Psalm 37:37 #2510Dr Winter, hoogsbekwame geneesheer in Chicago ‘n aantal jaar gelede word wakker gebel een uur die oggend. Hul benodig hom dringend by die hospitaal. ‘n Seun is ernstig beseer in ‘n ongeluk. Daar is niemand wat so bekaam is soos Dr Winter nie. As daar iemand is wat die seun se lewe kan red, dan is dit Dr Winter. Daar is ‘n kortpad deur een van die berugste buurtse in Chicago. Dis ‘n baie gevaarlike roete, maar tyd is min om die seun se lewe te red. Hy waag dit. By ‘n verkeerslig word die motor se deur oopgeruk en ‘n man sleep hom uit. “Ek het jou kar nodig,” is al wat hy sê. Dr Winter probeer verduidelik dis ‘n noodgeval, maar die man gee hom nie kans nie. Dit neem die dokter meer as 45 minute om by ‘n telefoon te kom. Toe hy by die hospitaal kom, is dit té laat. Die seun het gesterf. Sy pa was net betyds om by te wees toe hy sterf, sê hulle. Sal die dokter hom gaan troos in die kapel. In die kapel gekom, herken hy die pa. Dis die man wat sy kar geskaak het. Onwetend het hy die enigste persoon wat sy seun kon red, verhinder om betyds te wees. Ons kan so besig wees om te werk aan ‘n mooi toekoms, dit wat die Een wegstoot wat ons ‘n mooi toekoms belowe [Robert Strand. (1996) Moments for each other. Green Forest, Ar.: New Leaf Press]. Psalm 37:37 “Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is ‘n toekoms vir die man van vrede.” Ek nooi jou om saam met my te besin hieroor....more21minPlay
November 21, 2025Hoe sieker jy is, hoe meer opreg bid jy - Psalm 6 #2509Ek dink ‘n mens bid anders wanneer jy regtig siek is. Hoe sieker jy is, hoe meer opreg bid jy. Jy steek niks weg vir God nie. Jy kruip nie weg agter mooi woorde nie. Jy is nie gepla of jy die korrekte woorde gebruik wat God sal beindruk nie. Jy bid diep uit jou hart. Jy roep uit na God want jy besef hoe nodig jy Hom het. Psalm 6 gaan oor ‘n tyd toe Dawid baie siek was. Ons kan so baie by Dawid leer in psalm 6, wat om te bid as jy siek is, waaraan om te dink wanneer jy siek is, en waarvoor om te hoop as jy siek is. Jy is baie welkom om saam met my na hierdie psalm te kyk. - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/ - https://www.bible.com/bible/6/PSA.6.AFR83...more25minPlay
November 21, 2025'n Rede om optimisties te wees - Psalm 27 #2508’n Hele paar jaar gelede slaap ek een nag in ‘n gastehuis in die Karoo. Ek word wakker in die middel van die nag. Alles is donker om my. Stikdonker. Die gordyne hou die sterrelig buite. Ons is so gewoond aan lig, ons ken amper nie donkerte nie. Daar is straatligte wat die vertek verlig, die oranje liggie van ‘n verwarmer of die groen liggie van die alarmstelsel of die rooi liggie van die elektroniese wekker en die blouwit lig van ons selfoon. Dié nag is daar niks. Net ‘n neerdrukkende duisternis wat my hart vasklem. Vir ‘n paar sekondes is ek heeltemal gedisorienteer. Ek weet nie waar ek is nie. Geen straatlig, geen oranje of groen of rooi of blouwit lig nie. Wat Dawid van ouds beleef as hy Psalm 27 skryf, is totale donkerte wanneer hy dink aan alles wat verkeerd is in sy lewe. Hy het geen rede om ‘n goeie uitkoms te verwag nie. Alles is teen hom. Sy lewe is in gevaar. Konstant. Daar is ‘n goed-georkestreerde veldtog teen hom. Maar hy is nie pessimisties nie, Hy het rede om optimisties te wees. En ons het rede om optimisties te wees oor die toekoms al lyk dit of daar geen hoop is dat dinge ooit beter sal gaan nie. Ek deel graag ‘n paar insigte oor hierdie psalm met jou....more23minPlay
November 21, 2025Staan uit weens jou Persoonlike integriteit - Psalm 15 #2507Op 22 Februarie 2011 sal onthou word as die dag toe ‘n aardbewing verwoesting in Christchurch aangerig het. 185 sterf in die aardbewing. 115 van hulle toe die CTV gebou inmekaar stort. 62 persent van die lewensverlies omdat een gebou se strukturele integriteit nie op standaard was nie. Strukturele integriteit het te doen met dinge soos die behoorlike ontwerp van die gebou, en dat die bouregulasies streng nagekom word. ’n Royal Commission bevind byna twee jaar later na ‘n grondige ondersoek watter faktore het ‘n rol gespeel hoekom die gebou se strukturele integriteit nie na wense was nie. Daar was fundamentele foute gemaak met die ontwerp van die gebou, dit moes nooit goedgekeur gewees het nie; die ingenieur wat verantwoordelikheid aanvaar het, was té onervare vir so ‘n groot projek, en daar was druk op die projekbestuur om kostes te bespaar. Baie lewens kon gespaar gewees het. Ons sien hieruit hoe noodsaaklik strukturele integriteit is. Maar daar is integriteit op ‘n ander vlak wat nog belangriker is. Om die waarheid te sê, as hierdie tipe integriteit in plek was, sou die strukturele integriteit van die CTV gebou nooit ‘n probleem gewees het nie. Ons praat van persoonlike integriteit. As ons psalm 15 lees, dan sien ons hoe hoog God persoonlike integriteit aanslaan. - https://www.bible.com/bible/6/PSA.15.AFR83 - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/...more39minPlay
November 19, 2025Dawid kry te doen met valse beskuldigings - Psalm 26 #2506Die New York Post berig op 5 September 2025 oor Bryan Hooper wat na 27 jaar in die tronk vrygelaat is. Hy was in die tronk vir die moord op ‘n 77-jarige vrou in 1998. Al die tyd onskuldig. Die eintlike moordenaar, Chalaka Young was destyds die hoofgetuie teen hom. Sy het nou eers skuld beken. Dis ‘n uitsonderlike geval, maar illustreer hoe magteloos enigeen van ons voel wanneer jy valslik beskudig word van iets wat jy nie gedoen het nie. Jy moet saam leef met die openlike beskuldigings, die agteraf verdagmakery, die agterdog, geskinder, die skande, al is jy onskuldig. Dis asof jy geen manier het om jouself te verdedig nie, want mense kies wat hulle wil glo, en baie mens kies om die slegste te glo, al is daar geen bewyse teen jou nie. Dis die agtergrond van Psalm 26, waar Dawid te doen kry met valse beskuldigings teen hom. Ons leer hoe hy dit hanteer het, en leer by hom hoe om ‘n geruste hart te hê te midde van valse beskuldigings. - https://www.bible.com/bible/6/PSA.26.AFR83 - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/...more21minPlay
November 19, 2025Dawid leer ons bid wanneer jy nie weet wat om te doen nie - Psalm 5 #2505Dalk onthou jy die rolprent Cast Away, vrygestel in 2000 met Tom Hanks in die hoofrol. Hanks speel die rol van Chuck Noland wat vir FedEx werk. Noland se vliegtuig val en hy spoel uit op ‘n verlate eiland erens in die Stille Oseaan. As jy die fliek gekyk het, gaan jy onthou wie Wilson is. Wilson is ‘n volleybal wat saam met Noland uitgespoel het. In sy eensaamheid praat Noland met Wilson, die volleybal, asof hy sy vriend is. Dis amper asof hy tot Wilson bid vir hulp en wysheid. Nerens in die rolprent praat hy met God nie. Baie mense bid, maar hulle kon net sowel met ‘n volley bal praat. Hul bid tot ‘n god wat nie bestaan nie, ‘n soort god wat mense self uitgedink het. In psalm 5 kry ons ‘n kykie in Dawid se gebedslewe. Dis duidelik as ons begin lees dat Dawid van ouds heeltemal oorweldig voel deur die optrede van mense wat hom vyandig gesind is. Wat maak mens wanneer omstandighede jou weerloos laat voel, wanneer jy hooploos is? Ons is nie uitgespoel êrens op ‘n verlate strand nie. Maar dit voel vir ons soms of ons situasie net so hopeloos is. Daar is baie dinge wat vir ons moeilik is om te hanteer. Psalm verwoord die noodkreet van ‘n hart wat roep tot God: EK WEET NIE WAT OM TE DOEN NIE, HERE! En Dawid leer ons bid wanneer jy nie weet wat om te doen nie. Ek nooi jou om saam met my dieper te delf in Psalm 5. - https://www.bible.com/bible/6/PSA.5.AFR83 - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp...more32minPlay
November 19, 2025Dawid het die swaarkry kant van die lewe geken - Psalm 16 #2504Dawid het die swaarkry kant van die lewe geken. Praat van tragedie, teleurstelling, trauma, trane en teenspoed. Hy het dit alles geken. Vir jare moes hy vlug vir koning Saul wat hom met ‘n passie gehaat het en met alle geweld wou dood maak. Later in sy lewe, toe hy self koning was, moes hy vlug voor sy seun Absalom wat hom onttroon as koning en hom uit die weg wil hê. Dawid het die geheim geken om nie bekommerd te wees oor die baie dinge waaroor mense hul so bekommer nie. Dawid het geleer om sy sekuriteit by God te vind. Hy verduidelik vir ons in Psalm 16. Met God as die middelpunt van jou lewe val alles in plek. Met God as middelpunt van jou lewe het jy ‘n onbeskryflike gerustheid oor jou lewe hier en nou en onbeskryflike gerustheid oor die dood en die lewe na die dood. Ek deel graag ‘n paar gedagtes met jou. - https://www.bible.com/bible/6/PSA.16.AFR83 - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/...more31minPlay
FAQs about Hoop Nogtans:How many episodes does Hoop Nogtans have?The podcast currently has 23 episodes available.