Hoop Nogtans
Download on the App Store

Hoop Nogtans episodes

  • God meet nie jou bruikbaarheid volgens jou ouderdom nie

    Vir baie jare het die samelewing van ‘n mens verwag dat jy sal aftree as jy ‘n sekere ouderdom bereik. Daar is vir mense gesê:

    Dis tyd om af te skaal. Laat die jonger generasie die leisels oorneem. Geniet ‘n rustige lewe as bejaarde. Ek is bly saam met mense wat kan aftree. Al hoe meer mense kan nie, bloot om finansiële redes. Moet ons terugstaan net omdat ons oud word? God meet nie jou bruikbaarheid volgens jou ouderdom nie. Hy meet dit volgens geloof en gehoorsaamheid. Daar is ‘n inspirerende voorbeeld van iemand in die Bybel wat geweier het om toe te laat dat sy ouderdom hom dwing tot ‘n nuttelose lewe. Ons dink aan Kaleb, van wie ons lees in Numeri 14:24 (AFR2020)

    27 min
  • God se antwoord vir jou hooploosheid

    Steve Jobbs se naam is sinoniem met die Apple maatskappy se sukses. Steve Jobbs was die dryfkrag agter so baie innovasies wat vandag alledaags is: Apple Mac, persoonlike rekenaars wat jy saam met jou dra; die iPad, ‘n klein rekenaar sonder ‘n sleutelbord wat geaktiveer word deur op ‘n skerm te druk; die iPod, ‘n klein elektroniese toestel om ‘n hele musiek en video versameling saam te dra en te speel; die iPhone, wat soveel meer is as ‘n selfoon. Wie sou kon dink dat ‘n mens ‘n telefoon saam met jou sal dra wat jou in verbinding kan bring met iemand aan die anderkant van die wêreld binne sekondes en julle sien mekaar; wat jou toegang gee tot inligting oor alles via die Internet, wat ook ‘n musiekspeler en videospeler en televsie is, waarop jy jou banksake kan doen, eposse kan stuur, biblioteke kan huisves, met AI in gesprek kan tree, ens.

    Steve Jobbs het so ‘n invloed op sy kollegas gehad dat hulle gepraat het van Steve se “reality distortion field.” Die werklikheid moes buig voor sy visie. Hy het geglo dat onmoontlike dinge gedoen kan word as mens regtig wil. Hindernisse kan oorwin word. Voor die vrystelling van ‘n nuwe iPhone het Jobbs die produksie gestop. Hy het nie van die tipe plastiek gehou waarvan die skerm gemaak is nie. Hy was duidelik wat hy gesoek het. Hy soek ‘n tipe glas wat die voorkant sal bedek. Dit moet duursaam wees en krap-bestand. Daar het nie so ‘n tipe glas bestaan nie. Dis nie die soort antwoord wat Jobbs tevrede gestel het nie. Hy kontak Wendell Weeks, die CEO van Corning Glass. Weeks sê vir Jobbs sy maatskappy het in die 1960’s ‘n proses ontwikkel wat Gorilla Glass kan maak. Dis presies wat Jobbs wil hê. Hy plaas dadelik ‘n bestelling vir Gorilla Glass vir 1 miljoen iphones, beskikbaar binne ses maande.

    Wendel Weeks probeer keer. Dis nie moontlik nie. Ons het die proses, maar ons het nog nooit Gorilla Glass gemaak nie. Ons het nie eens ‘n fabriek nie. Jobbs se antwoord: Jy kan dit doen. En hulle het. Binne ses maande is daar 6 miljoen iPhones met Gorilla Glass op die mark. Steve Jobbs het geglo dit kan gedoen word. En hulle het.

    My vraag: Hoekom het ongelowiges groter geloof in wat kan wees as God se kinders wat sê dat hulle glo Jesus leef? Dis tyd vir die kinders van die Here om omring te word deur ‘n “reality distortion field.” Distord die werklikheid om jou, want jou Verlosser leef! Hy leef. God se antwoord vir jou hooploosheid.

    In Lukas 24:13-35 lees ons van Jesus se verskyning aan twee dissipels op pad na Emmaus, so 12 km van Jerusalem. Dis die dag van Jesus se opstanding maar hulle weet nog nie dat Hy opgestaan het uit die dood nie. Hooploosheid omvou hierdie twee volgelinge van Jesus, op pad huis toe van Jerusalem. Verward in hulle gemoed. Platgeslaan. Tot die lewende Christus hulle ontmoet. Ek deel graag ‘n paar gedagtes hieroor.

    37 min
  • God se plan met jou is groter as jou verlede!

    ‘n Artikel ‘n paar jaar gelede in Golfdigest, die bekende tydskrif vir gholfentoesiaste, fokus op waar die woord mulligan in gholf sy oorsprong het. Een moontlike verklaring is dat David Mulligan, ‘n Kanadese amateur gholfspeler, die eerste keer die woord gebruik het in die 1920’s. Hy speel gholf met ‘n paar vriende. Mulligan se eerste hou is windskeef. Baie vies vir homself, sit hy ‘n nuwe gholfbal op die setperk, en slaan nog ‘n hou. Sy vriende kyk hom verbaas aan. “Wat doen jy?” Dis mos nie hoe dit werk in gholf nie. Mulligan se antwoord: “Ek neem ‘n mulligan.” Vandaar die gebruik in amateur gholf, as jou eerste hou hopeloos is, kan jy maak asof dit nie gebeur het nie. Jy kry ‘n tweede kans.

    Sou dit nie lekker wees as ons ook in ons elkedagse lewe mulligans kan kry nie! Die verkeerskonstabel is besig om ‘n boete vir ‘n spoedoortreding uit te skryf. “Dankie, konstabel, ek sal nou ‘n mulligan neem. Hier’s jou kaartjie, ek verkies om dit nie te neem nie.”

    So baie mense leef met soveel selfverwyt oor hul mislukking in die verlede. Hulle kan hulself nie vergewe nie. Hulle leef met die idee, ek kan nooit weer wees wat ek was nie. God se Wood het ‘n boodskap vandag vir daardie persone wat aktief vir die Here geleef het, en Hom toe gefaal het deur wat hulle verkeerd gedoen het. Jy glo jy sal nooit weer bruikbaar wees vir die Here nie. Jou getuienis, jou werk vir die Here, jou vrymoedigheid is finaal gekelder. Die Here Jesus gee vir Petrus ‘n mulligan wanneer hy vir Petrus en ses ander dissipels ontmoet net na Sy opstanding uit die dood. “Jy kan maar oor begin. Ja, jy het ‘n baie slegte hou geslaan toe jy ontken het dat jy My ken, toe jy My verloën het. Kom ons werk aan jou herstel.” Joh. 21:1-22 (NLV) verduidelik, GOD SE PLAN MET JOU IS GROTER AS JOU VERLEDE!

    33 min
  • ‘n Moet-lees-gedeelte vir enigeen wat eensaam, angstig en vreesbevange is

    ‘n Artikel op news.com.au op 25 Desember 2025 berig oor die ‘Lost generation’: Hidden crisis creeping into Australia. Miljoene mense regoor die wêreld sluit hulself in hul blyplekke toe, soms vir jare, met minimale kontak met die buitewêreld. Die Japanese het die verskynsel ‘n naam gegee: Hikikomori.

    Hikikomori verwys na mense wat hulself vir maande of selfs jare van die samelewing onttrek en meestal binne hul huise leef. Hierdie verskynsel is nou besig om ook in Australië toe te neem. Kenners waarsku dat duisende Australiërs reeds in isolasie leef. Een van die groot redes hiervoor is angs. Mense kruip as’t ware weg vir die lewe, kruip weg van ander mense, en vermy moeilike situasies.

    “Angs vestig nie altyd aandag op jou nie— soms sluit dit stilweg die deur en hou jou binne.”

    Die hoop van die opstanding is dit: daar is geen deur so toegesluit, geen lewe so teruggetrek, geen hart so vreesbevange dat Jesus nie kan instap en sê, ‘Vrede vir julle” nie.

    Johannes 20:19-31 is ‘n moet-lees-gedeelte vir enigeen wat eensaam, angstig en vreesbevange is:

    23 min
  • Die Opstanding van Jesus

    ‘n Geliefde opvoedkundige speletjie met kinders behels dat ‘n mens saam met ‘n kind ‘n torinkie met plat houtblokkies bou. Een vir een trek julle versigtig ‘n blokkie op ‘n slag uit totdat die toring omkantel, gewoonlik tot groot pret vir die kind. Die onderste ry blokkies is die belangrikste. As jy daar ‘n blokkie uittrek, dan kantel die toring . Die Opstanding van Jesus is die één waarheid wat so sentraal staan, as ‘n mens dit wegneem, dan tuimel die hele Christelike geloof inmekaar. Een van die mooiste verhale in die Bybel oor die Opstanding van Jesus, kry ons in Joh. 20:11-18. Sy eerste woorde na Sy opstanding uit die dood. Ek del weer graag ‘n paar gedagtes hieroor.

    26 min
  • Dawid vra om nuutgemaak te word

    Die kerkvader Augustinus het as jongman sy rug op die Christelike geloof gedraai en homself oorgegee aan ‘n sondige lewenstyl. Hy kom kragdadig tot bekering, en sy hele lewe verander. Hy keer terug na sy tuisdorp in Noord-Afrika, en een van sy vorige meisies roep uit, “Augustinus! Dit is ek!” Hy draai na haar en antwoord, “Maar dit is nie ek nie!” Met ander woorde, hierdie man is ‘n nuwe mens. Toe ek Jesus as Verlosser ontmoet het, het alles verander. God het my nuutgemaak.

    As ons die tweede deel van psalm 51 lees, dan sien ons dat Dawid se grootste begeerte is dat God hom totaal en al sal verander; hy vra om nuutgemaak te word.

    12Skep vir my ’n rein hart, o God.

    As Dawid vra vir ‘n nuwe hart, dan bedoel hy die mens wat hy regtig is, sy diepste wese, moet nuutgemaak word.

    Hy is baie dankbaar vir die vergifnis van sy sonde, en hy wil nie terugval in sonde nie. Hy bid om ‘n innerlike transformasie. Ek deel graag ‘n paar gedagtes hieroor.

    31 min
  • God wil keer dat jou lewe uitmekaar rafel

    Ek onthou die dag nog so goed. Baie jare gelede is ek besig om aan my verhandeling vir my meestersgraad te werk. Ek werk destyds op ‘n ou Burroughs rekenaar. Dis ‘n massiewe rekenaar wat die hele lessenaar volstaan. Dit was toe al oud. ‘n Universiteit het hul rekenaarstelsel opgegradeer, en so het ek een van die oues bekom. Ek was baie dankbaar. Dit was my eerste rekenaar. Iets loop skeef daardie dag. Voor my oë begin die rekenaar alles wat ek geskryf het, uitvee. Lettertjie vir lettertjie, van die laaste letter af terug. Paniekbevange probeer ek die proses stopsit. Druk knoppies. Tik goedjies. Niks werk nie. ‘n Magteloosheid oorval my. Dis of my werk voor my oë uitrafel, lettertjie vir lettertjie. Uiteindelik ruk ek die kragkabel uit die muur en hoop ek kan dit weer aankry en my materiaal herwin. ‘n Rekenaarkenner kon die rekenaar kry om te werk, maar die materiaal wat uitgewis is, kon ek nie herwin nie. Bladsye en bladsye navorsing was daarmee heen.

    Hoe dikwels voel dit vir ons net nie of alles in die lewe skeefloop nie! Behoorlik of alles aan die uitrafel is. Miskien is dit presies hoe jy nou voel. Omtrent 2700 jaar gelede het ’n Hebreeuse sanger met die naam Asaf ook so gevoel. Maar sy omstandighede het hom nie moedeloos gelaat nie. Asaf het by God geleer hoe om as wenner uit die stryd te tree. Sy kosbare lewenslesse deel hy met ons in Psalm 75. Een boodskap is duidelik: GOD WIL KEER DAT JOU LEWE UITMEKAAR RAFEL.

    21 min
  • Stel jou vertroue in die God wat nooit teleurstel

    Die Griekse filosoof Diogenes (oorlede 323 v.C.) het besonderse maniere gehad om sy wysheid oor te dra. Een hiervan was om met ‘n lantern te loop en soek na iets - helder oor dag. Natuurlik sou mense vra waarmee hy besig is. Sy antwoord: Ek is op soek na ‘n eerlike man. As ons Miga 7 lees, dan ontmoet ons die profeet Miga wat ook op soek was na ‘n mens wat regverdig geleef het. Selfs net één mens. En daar was nie onder sy landgenote eers een mens wat regverdig was nie.

    Ses hoofstukke lank lees ons hoe God deur die profeet Miga met sy volk praat. Dit voel vir Miga of nie and ooit geluister het. Hy preek en preek vir jare en niemand steur hulle aan hom nie. Hy begin die hoofstuk met “Wee my!” Daar is intense emosionele pyn agter hierdie woorde. Dit verwoord die gevoel, ek kan dit nie meer verduur nie! Dit voel asof my binneste uitmekaar skeur wanneer ek dink aan wat aangaan in my land.

    Die teleurstelling is té groot. Miskien om dit op hoe jy vandag voel. Jou situasie is dalk anders as Miga s’n; die pyn van jou teleurstelling is dieselfde. Jy wil ook uitroep, Ek kan nie meer nie! Uit Miga se belewenis kan ons vandag leer: STEL JOU VERTROUE IN DIE GOD WAT NOOIT TELEURSTEL

    27 min
  • As Job maar geweet het van Jesus. Deel II

    Aaron Beck het baanbrekerswerk gedoen om depressie te verstaan en te behandel. Hy identifiseer dat iemand met depressie drie negatiewe sienings het:

    1. Negatiewe siening van hulself

    ’n Persoon begin glo daar is iets fout met hulself.

    2. Negatiewe siening van die wêreld (omstandighede)

    Die persoon begin die lewe en sy omgewing sien as onregverdig, oorweldigend of onmoontlik.

    3. Negatiewe siening van die toekoms

    Die persoon glo dinge sal nooit verbeter nie.

    ’n Eenvoudige manier om dit op te som:

    Depressie groei dikwels uit drie pynlike oortuigings: “Ek is sleg, die lewe is sleg, en die toekoms gaan sleg wees.”

    Wanneer ons luister hoe Job praat in Job 16 en 17, kan ons verstaan dat sy gemoed baie laag moet wees. Kyk gerus saam met my hoe hy dink oor homself, hoe hy dink oor sy omstandighede, en hoe hy dink oor sy toekoms. Dit gaan ons bring waar ons verlede week was: As Job maar geweet het van Jesus. Deel II hierdie keer.

    24 min
  • As Job maar geweet het van Jesus #2606

    Kelly Pruitt was ‘n bekende skilder en beeldhouer wat in 2009 oorlede is. Sy laaste jare het hy deurgebring op ‘n plaas naby die Rio Grande rivier in die suidweste van die VSA. ‘n Paar weke voor sy dood begin hy sy eie graf grawe. Hy vorder halfpad, toe hy daarin gaan lê om te sien of hy inpas. Sy kommentaar, “Dis nogal gemaklik.”

    Baie mense maak ligtelik opmerkings oor hulle dood. Maar dit neem nie die talle vrae weg wat hulle het oor die dood nie. Nog meer mense worstel met vrae oor die lewe. En die lewe na die dood. Oor God. Oor wat God dink oor hulle.

    Job het baie sulke vrae gehad. Dis merkwaardig hoe relevant Job se vrae vandag nog is. Job leef in die dae van Genesis. Baie Bybelkenners reken hy is ‘n tydgenoot van Abraham.

    Ons hoor waarmee Job worstel in Job 9:25-35. Ek deel ‘n part gedagtes oor, AS JOB MAAR GEWEET HET VAN JESUS!

    26 min

About Hoop Nogtans

From the publisher's feed

Hoop Nogtans bediening deur Francois Bredenkamp

https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/